Nog ʼn toeris in SA beroof

Argieffoto: Nico Strydom

Skaars ʼn paar dae nadat ʼn bus vol Nederlandse toeriste op hul toerbus in Johannesburg beroof is, is nóg ʼn buitelandse toeris in haar hotelkamer in Limpopo beroof.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het Vrydag aan Maroela Media gesê die vrou, in haar 40’s, is Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn plaaslike hotel in Haenertsburg buite Tzaneen beroof.

“Onbekende verdagtes het toegang tot die buitegeboue van die hotel verkry en terwyl hulle daar was, het hulle by vier eenhede ingebreek,” het Ngoepe gesê.

Ngoepe het gesê die toeris het in een van die eenhede geslaap en die ander drie was leeg.

“Hulle het in die vrou se kamer ʼn tabletrekenaar, ʼn verkyker, ʼn kamera, tekkies, klere, grimering en reisdokumente geroof. Die vrou is nie tydens die voorval beseer nie.”

Drie plasmatelevisies is uit die ander kamers gesteel.

Volgens Ngoepe ondersoek die hotel in Haenertsburg net ʼn saak van inbraak en diefstal, aangesien die toeris nie ʼn verklaring wou aflê om die polisie in staat te stel om ʼn saak van sakeroof te ondersoek nie. Hy het gesê teenstrydig met ander mediaberigte, was daar net een toeris in die kamer.

Maroela Media het vroeër berig die 36 Nederlandse toeriste, meestal bejaardes, is Sondag in hul toerbus oorval kort nadat hulle by die OR Tambo-lughawe geland het vir ʼn 22 dae lange toer deur die land. Die toeriste was onderweg na ʼn lodge toe die busbestuurder glo gedwing is om stil te hou deur ʼn man wat vermoedelik ʼn gemerkte polisievoertuig gery en ʼn polisie-uniform aangehad het.

Daarna het vyf verdagtes in siviele kleredrag op die bus geklim en die toeriste van hul persoonlike items asook bagasie beroof. Twee toeriste is tydens die voorval beseer en moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling.

Fikile Mbalula, die minister van polisie, het Dinsdag die aanval op toeriste veroordeel.

Hy het gesê toerisme is deel van die land se ekonomiese drywers, verskaf werk en moet beskerm word. “Deel hiervan is om te verseker dat ons toeriste nie net veilig hier voel nie, maar ook is. Ek versoek ʼn swaar straf vir diegene wat hiervoor verantwoordelik is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Heinrich ·

Alhoewel die toeriste nou die nuus maak is hierdie ding lankal aan die gang met ons gewone mense; my buurman is hierdie week helder oor dag by ‘n kruising en rooi verkkerslig met ‘n vuurwapen teen die kop deur sy kar se venster van sy selfoon verlig. Polisie trek maar net skouers op, wat moet hulle tog nou daaraan doen?

Janet ·

Ja nee ek sal maar toeriste so ver moontlok waarsku om uit hierdie wettelose land te bly.

Rinette Villjoen ·

Gisteraand op e-tv nuus 7uur vertel hulle hoe groot pesentasie het toerisme op gegaan. Skielik nou in die nuus…… laat mens wonder hoe waar dit is ne?

Jon ·

Daarsy, nog n berig wat ek hier kan wys, en hulle oortuig om uit daai plek te bly, en eerder hul geld in veilige lande gaan spandeer.

Wessie ·

Nee wat ek het geen simpatie. Elke dag word ons deur daai een gesit. Kry vir julle stukkie van die koek.

juffrou ·

pietertjie, my skat, ek loof jou vir jou insette ondanks jou onvermoë om te spel. n paar woordjies van raad, lees ander kommentare versigtig en kyk na die spelling. alhoewel ek vermoed jy spel met opset verkeerd.

snoefie ·

hoekom die toeriste waarsku? hulle het hulle lande se regerigs se sanksies teen SA om APARTHEID op te hef, ondersteun. laat hulle die wetteloosheid as gevolg van hulle suksesvolle sanksies ten volle ervaar en geniet. viva Nuwe Suid Afrika!

Eish ·

Ja wat, tensy hul kies om die adrenalliengevulde daaglikse bestaan mee te maak.

susan ·

Baie aangevat deur Hollander mense oor rassisme en die oulike mense wat so verdruk word in SA. Die mense voel geensins so oor die Hollanders anders sou hulle hulle nie so behandel het nie?

Nederlandse Jan ·

Onze linkse regering wil geen commentaar geven op de ANC regering. Hier nog steeds leve de regenboog natie. Er wordt bijna niks aan negatiefs nieuws gebracht over de corruptie en de gerichte moorden op boeren. En andere zware misdaden.
Dat het mooie Suid Afrika tenonder gaat aan corruptie. Het niet meer goed werken van de water en stroom voorziening . Waterleidingen die 40% van het water verliest door lekkage.
Niemand die hier ooit gehoord heeft van de staatskaping door de Gupta familie.
Alles wat niet goed gaat is de schuld van de apartheid, ook na 20 jaar.
Zo wordt er dus in Nederland over SA gedacht. Helaas maar waar.
Baie sterkte vir julle, ek hoop julle verstaan een bietjie.
Groeten Jan

Afrikaanse Knaap ·

As ek vir toeriste meisies op Tinder sê hulle moenie op straat loop as hulle in SA is nie dink hulle ek is mal.
Ek sal hulle nou maar eerder afraai om te kom.
‘n Toeris wat SA toe kom moet sy kop laat lees.

Hanna ·

Ek woon en werk in die midde Ooste. Ek kan dit nie oor my hart kry om hierdie mense te probeer oorreed om Suid Afrika te kon besoek wetend dat hulle moontlik nie veilig gaan wees nie. Jammer, ek kan nie! Daar is baie ander, veiliger lande wat hulle kan besoek. Suid Afrika is n “big no-no” vir enige beskaafde toeris.

wdp ·

Ons geliefde government wil tog net graag hê toeriste moet SA besoek sodat hulle vir die wêreld kan wys hoe hulle en hoe sleg die witmense hulle behandel.

Suzie ·

Wat?? Ek het nie geweet toerisme dra by tot die land se ekonomie nie? :) – Minister Mbalula, jou personeel moet eers die skuldiges vang en dan eers sal ons sien of jou versoek vir swaar straf gehoor sal word

Boet Fasie ·

Wys tog oorsee vir hulle ‘n dokumentere program van die bende geweld , plaas moorde en hi-jacks , dat hulle kan wegbly uit Suid Afrika.

Ekke ·

Snoefie, ek stem honderd persent met jou saam. Die wiel draai …

Michelle ·

Die toeris het my innige simpatie, maar ek hoop die persoon sal die wereld aan die anderkant gaan vertel watter geweldadige land die is.

Attie ·

Nee wat, jy moet darm dom wees om hier te kom vakansie hou daars baie plekke wat nie jou lewe in gevaar stel as jy iets wil kom sien wat op n tyd mooi was nie

Cathy Kotze ·

‘n Groep toeriste vanuit Peru is Woensdag by die Magoebaskloof hotel aangehou en beroof.

Leahim ·

Dit is interessant dat die meeste slagoffers wit is en die aanvallers meestal swart is ek dink daar moet na hierdie aanvalle as rassistiese aanvalle verwys word.

jan_alleman ·

Toeriste word in alle lande beroof dit is belaglik om te dink dit gebeur net hier , noem my een land waar n toeris nog nie beroof is nie . ek stem wel saam met die minister , die straf moet swaar wees , maar in alle gevalle van misdaad nie net toerisme misdaad nie

sanna ·

Verseker is ons land maar nog net een. Die geskiedenis herhaal homself xxx

oni ·

Vergete is die bevolking en plaasboere wat net so veel vir SA beteken. Jammer vir die toeriste maar, die wereld sien nou wat hier aangaan.

Hennnie ·

Die Nederlanders was vurige ondersteuners van die destydse wereldwye boikot teen Suid Afrika. Ons wens die kaping en roof vir niemand, maar hoop hulle besef vandag teen wie het hulle geboikot en vir wie se voordeel. So haal hulle oordeel hulle in!

Jdp ·

Dit is jammer hulle kan terughardloop Nederland toe sou beter gewees het as hulle in hierdie hel kon bly wat hulle help skep het.

Lotte Bruwer ·

SA kan maar die wêreldbeker rugby van 2025 op sy maag skryf en met sy hempie afvee. Die bod sal nie aan ons toegestaan word nie. Die roof op die Nederlandse toeriste en nou ook die geval by Haenertsburg gaan groot impak hê.

Madeleine ·

Ons is ook beroof met n vakansie in suid-amerika….dit gebeur oral!! In frankryk 2 jaar terug het( ek in die suide )by tye baie onveilig gevoel net al die oosblok vlugtelinge op straat wat le en bedel met hul babas sommer so in hul arms. Dis die wereld!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.