Nóg ʼn tornado tref SA

‘n Tornado tref Mpumalanga. (Foto: Verskaf)

Nóg ʼn tornado het Suid-Afrika getref, dié keer in Mpumalanga.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) het ʼn tornado Vrydag die Taaiboschspruit-plaas in Panbult tussen Ermelo en Piet Retief getref. Dit is die vyfde tornado wat Suid-Afrika sedert die begin van November tref. Die vorige vier het in KwaZulu-Natal getref. Dít teenoor die 12 tornado’s wat tussen 2009 en 2019 plaasgevind het.

Hannelee Doubell, SAW-woordvoerder, sê die weerdiens het Vrydag 19:34 ʼn waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms, waaronder hael en sterk winde, in Mpumalanga.

“Die weerdiens kon later vasstel dat ʼn EF3-tornado (soos gemeet op ʼn skaal van een tot vyf) die Taaiboschspruit-plaas in die Gert Sibande-distrik getref het. Die storm het ongeveer 40 minute geduur en die eienaar, Kurt Paul, het aansienlike skade gely weens die storm,” sê Doubell.

Volgens Paul is die huise van minstens sewe gesinne, asook 200 ha dennebos tydens die storm vernietig.

Doubell het lede van die publiek aangemoedig om gereeld weervoorspellings op die TV en radio te volg, aangesien die weerdiens enige verdere verwikkelinge met betrekking tot dié weerstelsels sal dophou en inligting verskaf soos nodig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pietie

Panbult lê tussen Ermelo en Piet Retief. Ken jou land.

AfrikaanseKnaap

Nou moet boere nog oor Tornado’s ook bekommer.

Miss Molly

Goeie genade! En hier dog ek Panbult /Iswepe is tussen Ermelo en Piet Retief.

Oompie

Ons word aangemoedig om weer voorspellings dop te hou. Dit doen ek. En dit is 80%. Ja 80% van die tyd onakkuraat. Soos ‘n weervoorspeller 30 jaar gelede al gesê het : Die weer het mal geword, onvoorspelbaar.

Ansie

Alles tekens van die tye. Lees maar Openbaring in die Bybel.