Nóg ’n tragedie by Voëlklip

Die polisie Woensdagoggend op die toneel. (Foto: Twitter)

Die liggaam van ’n vrou is Woensdagoggend in die see by Voëlklip naby Heroldsbaai in die Wes-Kaap gevind.

Sers. Chris Spies, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die liggaam vanoggend omstreeks 07:00 uit die water gebring is.

Volgens Spies is die polisie Dinsdagaand omstreeks 21:30 na die berugte Voëlklipkrans ontbied nadat ’n rooi Chevrolet Spark met ligte aan oor die krans gery en in die water beland het. Die vrou was die enigste insittende in die motor. Sy was vermoedelik in haar 50’s.

Die Scheepers-gesin. (Foto: Facebook) 

Spies het bygevoeg dat die omstandighede rakende die voorval ondersoek word. Hy kon wel bevestig dat geen vuilspel vermoed word nie. Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Dít kom kort nadat Heidi Scheepers en haar twee kinders in Oktober in ’n grys Volkswagen Caravelle in die see by Voëlklip beland het. Die motor is langs die rotse gevind waarna ’n soektog na Heidi, haar tweejarige seuntjie, Hugo, en haar sesjarige dogtertjie, Cozette, begin is.

Heidi en Hugo se liggame is in die see gevind waarna ’n nadoodse ondersoek getoon het dat Heidi en Hugo verdrink het. Cozette se liggaam is nie gevind nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Lee ·

Ai dis tragies. Daar moet regtig rëelings wat sterk is daar aangebring word of hulle moet dit toemaak dat jy gladnie daar kan ry nie. Baie sterkte aan haar familie. Rus in Vrede.

Fielies ·

Een kan ‘n ongeluk wees maar twee gevalle waat vroue alleen betrokke is maak my wonder…..?

oogies ·

Ai dit is so tragies die tyd van die jaar .Ons harte gaan aan na die wat agterbly. Ek wonder nou net hoeveel gevalle moet nou nog gebeur voordat daar iets aan daardie afgrond gedoen gaan word. Daar moes al lankal n barrier of n reeling gewees het on dit te beveilig.

Henry ·

Reelings sal nie help nie. Jy kan nie daar gly of beheer verloor nie. Die mense wat daar oor die afgrond ry, doen dit doelbewus en pleeg selfmoord.

Stokkies du Toit ·

Henry het jy bewyse of was jy dalk daar OF het jy binne kennis?

Georgiet ·

Henry se woorde dra baie water. Die ‘ideale’ plek … Tragies dat ons mense so in wanhoop verval … Ons leef in die wilde weste en baie se gemoedere word daardeur beïnvloed.

sannie ·

Jy moet die president word Henry jy is net te slim. Die land het jou nodig!

Adam ·

Stokkies, ek is baie goed bekend met die area en ek kan jou verseker dat dit niks anders as ‘n uitkykpunt is nie. Die kranse is orals tussen 75 en 100m hoog en die pad na die terrein loop oor ‘n plaas.

Stokkies du Toit ·

Op netnuus is daar weer talle kenners wat op die toneel was wat defnitief weet dit was selfmoord……
Dit gesê, my simpatie aan die naasbestaandes

Willebees ·

Die eienaar van die grond moet nou siviel aangevat word. George Munisipaliteit is al hieroor gewaarsku. Hulle het al verskeie kere met die eienaar van die grond in verbinding getree maar dié vee hom af daaraan en wil nie gehoor gee nie.

Botterblom ·

Dit klink na selfmoord en mens wonder ook oor vorige geval, hoewel mens niks ooit feitlik kan sê nie. Ek dink net mense moet self ondersoek begin instel. Jy nie dalk indirek of direk verantwoordelik vir iemand se dood nie. Familie, gee julle aandag aan julle “alleen” naasbestaandes (dalk arm en alleen en julle ryk en verhewe), vrouens en mans aan julle maats, getroud of ongetroud. Base aan julle werkers. Regering aan jul land se mense. Al die druk bring stress en vroeë dood, al is dit hartaanvalle ens. Die gejaag na wind, bring baie hartseer in ander se lewens. Base kommer oor hul eie beurse en vergeet van die mense wat vir hul werk – druk hul net harder en harder en sê hulle deel mos daaraan… werklik, die gejaag na eie ek veroorsaak baie se dood op allerlei vlakke…. As jy jouself as goeie mens sien… sit in die kerk of wat ook al… gee jy werklik om…Eintlik is ons menswees tot baie ander dinge die gevolg…

Rika ·

Ai, ek sien jou standpunt in en stem volmondig met jou saam. Dis net bitter hartseer, veral vir die tyd van die jaar. Innige simpatie met die dame se naasbestaandes

wielie ·

Is dit nie uit eie keuse dat n mens n pad ry nie? Wat het die eienaar nou daarmee te doen? Maak dan die pad geheel en al toe vir alle verkeer!

JamesTwee ·

Ja, daardie stukkie pad is gevaarlik – as jy soos ‘n besetene ry, nie kyk waar jy ry nie, of – as dit baie gereen het en jy sou dalk gly.

Daar is baie ander paaie in SA wat net so – of dalk – gevaarliker is. Dink bv. Prins Albertpas.

Al wat nou gaan gebeur – is dat die eienaar die hek gaan sluit, wat baie jammer gaan wees vir ernstige hengelaars. Dit is ‘n lieflike diepwater hengelplek, waar jy spesies kry wat jy nie sommer aldag van strande af teekom nie.

Ek het daardie pad al male sonder tal gery, sonder dat ek ooit gevoel het ek gaan nou enige oomblik in die see stort.

‘n Mens pas mos jou bestuurstyl aan by die roete, nie waar nie? Tensy jy met opset die see wil in.

Tante ·

realistieseuitkyk : jy is heeltemal reg die Voëlklip by Haroldsbaai het nou nuwe idees geskep vir mense wat sat is van iets in hul lewe wat hul voel hulle nie verder wil lewe nie. Dis so hartseer want daar is so baie om te lewe voor op die ou Aarde van ons so sal elkeen kan getuig wat n mislukte selfdood oorleef het. Hou moed elkeen met n swart muur voor jou daardie muur sal verdwyn as jy aanhou vertrou op God ons Hemelse Vader

Ai tog ·

Wildebees waarom ander aankla vir wat? As jy siek in die kop is en nie versigtig wil wees nie gaan jy seerkry niemand anders se skuld behalwe jou eie.

CK ·

As ek mag vra, is dit ‘n nou paaitjie of ‘n doodloop en dan die afgrond. Ken glad nie die gebied nie.

JamesTwee ·

Nee. Dis ‘n kuspaadjie, met ‘n goeie oppervlak, wat jou neem al langs die seekranse af – op die gevaarlikste draai seker so 10 meter van bos, dan krans, en dan see – reguit ondertoe.

Dit IS gevaarlik om daar te ry – sou jy besluit om te kyk hoe vinnig jy kan ry, of jy kyk nie waar jy ry nie. Of jy’s dronk. Of dit reen vreeslik en jou kar gly – (en dis droog hier..)

OF: – Jy WIL daar afry. Ook ‘n opsie.

Ek dink ek moet – wanneer ek weer soontoe gaan – ‘n selfoonvideo neem van die hele pad terwyl ek afry uitkykpunt toe. Sommer so met die een hand, wyl ek bestuur. Mense sal dalk begin verstaan….

Francois ·

Ek het 2 weke terug daar gaan ry om te kyk na die plek. As jy daar afry is jy van die pad af. Dan pleeg jy selfmoord. Dis nie die munusipaliteit of die eienaar se plig om dit te keer. Dis eie keuse. Gaan ons dan elke mooi plek toemaak sodat dit nie weer gebeur. Dan moet ons eerder net in ons huise bly want daar gaan geen plek meer oop wees om die mooi landskap te bewonder nie

Estelle ·

Die arme eienaar wat mense toelaat om die pad te gebruik. Elkeen is verantwoordelik vir sy eie dade.

Stella ·

Ja wel,,dis seker maar n uitweg wat NET daai persoon op eie houdjie kies,,want hulle weet seker dit gaan gou en vinnig wees,daar is n rede vir alles in die lewe.

Tania ·

My ex skoonsuster. Dis so hartseer. Haar seun maar 28. Vat dit erg. Bid net.

Ep ·

Ai Tania jammer om te lees Ek noem altyd dit kan ex familie/vriende/suster of wat ookal wees Op n staduim was julle lief en bemin met mekaar Baie sterkte aan die besondere familie en naasbestaandes

Kas ·

Tamia,dan sal jy seker weet wat haar gemoedstoestand was.Ek neem aan sy en jou broer is geskei.Het dit dalk iets met die tragedies in gemeen gehad

Marelise ·

Regtig? Wat het dit met jou te doen? Dis n tragedie wat gebeur het en haar seun sukkel met sy eie vrae. En jy wil weet wat haar gemoeds toestand was? Nee…..

Ans ·

Kas, wat maak dit saak of die egskeiding iets daarmee te doen gehad het, dit is nie jou, of enige
van ons se saak nie! Ons ken nie eens die mense nie, so waarvoor moet ons elke detail ken, net vir die sensasie of wat? Bid liewer vir vertroosting vir die familie as wat jy oor die redes wonder, dit het klaar gebeur, niks kan meer verander word nie! Baie sterkte vir die familie!

Veerpyltjie ·

Dit was ‘n tragiese gebeurtenis wat baie mense in rou gedompel het. Dit is onsensitief van Kas of enigiemand anders wat bespiegel oor die oorsaak daarvan. Dit het niks met enigiemand te doen nie. Die naasbestaandes sukkel alreeds om dit te verwerk met baie vrae en selfverwyt. Hulle hoef aan niemand te verduidelik wat hulle self nie kan verstaan nie. Wees eerder simpatiek as om nuuskierige agie te wees!

Pensioenaris ·

Ken ook n Kas wat so onsimpatiek is. Seker dieselfde een. Kan nie glo dat daar 2 van hulle kan wees nie. Inige mee gevoel met die familie.

Debbie ·

Dit is so hartseer en ook vreemd dat hul nooit die dogtertjie se liggaampie kon kry nie…of net ‘n teken daarvan. Ek het al bespiegel dat iemand haar dalk ontvoer het, en haar ma en boetie die afgrond in gedwing het. God troos hierdie pappa.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.