Nóg ʼn transitoroof in Gauteng

Foto: Twitter via @itrafficgp.

Nóg ʼn transitorooftog het Vrydagaand in Pretoria plaasgevind.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Die voorval het op die N4 in Silverton plaasgevind, tussen Watermeyerstraat en Simon Vermootenweg. In dié stadium kan ons bevestig die voorval het plaasgevind en dat die polisie op soek is na ʼn onbevestigde hoeveelheid verdagtes wat in ʼn wit BMW en groen BMW van die toneel gevlug het. Ons is onseker of daar nog motors betrokke was, maar ons kan daardie twee bevestig,” het Masondo gesê.

Hy kon nie onmiddellik bevestig of enige iemand beseer is tydens die aanval nie.

Masondo kon ook nie onmiddellik bevestig of daar van die toneel gevlug is met kontant nie.

Gebruikers het op Twitter gesê daar kon duidelik ʼn ontploffing en vele skote gehoor word in die omgewing.

Alle bane is tans gesluit vir verkeer en motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

Dit kom slegs ʼn dag ná ʼn groep swaargewapende verdagtes Donderdag op twee geldwaens in Boksburg aan die Oos-Rand toegeslaan het. Agt mense, onder wie twee omstanders, is gewond.

Maroela Media het Vrydagoggend berig vyf verdagtes is kort na die rooftog op die M2-hoofweg deur die Valke vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Daan ·

Waarom ry die ouens in die nag rond. Ek vermoed die geldwa rooftogte word agter die gordyn gedryf deur die regering. Die geld mag en die regering wil die een wereld orde so gou moontlik aan die gang en in plek kry. So nou kan hulle naderhand met hierdie enorme bewyse kom van al die rooftogte en se die geld is te gevaarlik en veroorsaak te veel crime ens. en dan gaan hulle se ‘n geldlose stelsel is beter en veiliger … chippie innie hand en daai soort van dinge gaan dan volg. Hulle … HULLE?? het gou ontdek watter soort mens en nasie sal vir hulle … HULLE?? baie vinnig die deure oopmaak om hierdie nuwe stelsels in werking en in plek te kry.

Sue ·

As die Staat nie begelyding vir die tipe dienste wil verskaf nie moet SA dan maar sien en kom klaar sonder geld by pensioen betaal punte en selfs banke want wie baat hierby??? Lewens word afgemaai geld word versprei ten aanwins van kriminele in SA.

Wat sal mens se, dis net politieke snert wat voorkeur geniet. Nie eens enige politieke party is meer regtig vertrouenswaardig nie en nou eindig ons op in totale chaos. Ek weet nie hoe het dinge so ver gevorder sonder keer nie. Noem my maar n “doemprofeet” maar selfs n blinde mens kan sien dinge gaan nie beter gaan tot als vernietig, verwoes, vermoor en verbrand is nie.

Joe Hall ·

Dit blyk dat die staat reeds een of meer “verteenwoordigers” het wat van die beplanningsfase tot die bitter einde by die rooftogte aanwesig is.

AJ ·

“Expropriation without compensation!”

Wie benodig BAIE GELD vir “rent a crowd” uitgawes en vir regskostes?

Jane ·

Mense onthou, hierdie tipe roof het nog altyd plasgevind voor die verkiesings. Iemand soek fondse.

Bullseye ·

Jane, jy sit nou die cherries op die koek, dit is n georganiseerde en beplande aanvalle wat geloots word, fondse word benodig om werwing te doen en om kriminele aktiwiteite wat aanvalle finansier

Casper Labuschagne ·

@Jane, nee hierdie tipe rooftog kom na my wete slegs voor na 1990 en daar is van 1994 af telkemale ‘n skerp styging in transitorooftogte in die twaalf maande wat ‘n verkiesing voorafgaan. Watter politieke party oor die nodige infrastruktuur, opleiding asook toegang tot wapens beskik om fondse te bekom op hierdie manier is voor die hand liggend.

Kobus V ·

Het B Chele nie onderneem om transito rowe drasties te verminder nie of laat my geheue my in die steek?

Bullseye ·

Jane, jy sit nou die cherries op die koek, dit is n georganiseerde en beplande aanvalle wat geloots word, fondse word benodig om werwing te doen en om kriminele aktiwiteite wat aanvalle finansier

piet ·

Die manne in blou was gelukkig ook met hierdie voorval die heeltyd teenwoordig ,soos met die vorige geval. Die verkiessing is voor die deur. Geld moet bymekaar gemaak word vir verkiessing en dan ook n skrikbewegging om kiesers te dwing om te stem.

Johanna Botha ·

So gaan dit dag na dag in die land…gaan hulle ooit weer beheer kan neem as polisie self by misdaad betrokke is…..berge val op ons !

bren ·

Ek sien hier is verskriklik baie Siener van Rensburg onder die lesers…..

Yolanda ·

Ons was daar toe dit gebeur het. Die verkeer het botstil gestaan. Ons het net gesien hoe voertuie vinnig u-turns maak en nog self gedink wat de hel dink die mense doen hulle. Toe klap die skote. Ons het self net daar ‘n u-turn gemaak. Net na ons gedraai het, het ons die ontploffing gehoor. Mens besef dan eers hoe vrek naby jy aan gevaar leef hier in SA.

François Roux ·

Maroela, daar is twee (2) gewond in die transito roof Donderdag in Boksburg in ATLAS-weg , wat twee (2) van G4S sekuriteitspersonnel van die CIT voertuie is & 8 beseerde persone wat lig beseer is in die aksie omgewing. Stel die feite & info van jul berig reg, asb.

Eish ·

Daar kan redelikerwys aanvaar word dat misdaad soos ervaar op die huidige vlakke, op n duistere wyse regeringsgoedkeuring wegdra.
Ter stawing hiervoor die volgende:
* Voortdurende betrokkenheid van opgeleide persone soos SAPS en SAW lede by misdaad.
* Gesofistikeerde wapentuig. In sommige plaasaanvalle is toerusting gebruik wat selfoonsiene blokkeer. Weermaguitreiking. Die aanskaf van toerusting soos hierdie asook wapens wat gebruik word, is aanduidend van opgeleide misdadigers en nie kattekwaad nie.
* Militêre presisie. Elke transitorooftog, plaasaanval, inbraak en gewapende word beplan soos om n hinderlaag op te stel. Dus aanduidend van militêre onderleg.
* Totale mislukking van misdaadintelligensie. Kenners wat die week in die media was, spreek hul sterk uit oor die absolute afwesigheid van misdaad intelligensie. Synde strukture bestaan wat hierdie lynfunksie moet hanteer en dit nie doen nie, is die enigste logiese afleiding, betrokkenheid.
* Staatskaping. Die Zuma bewind het die ware agenda van die regering openlik nagejaag en die omvang van die verrotting is skrikwekkend.
* Drywers: Met die oënskynlike ommekeer van die situasie deur die Ramaphosa regering, is daar skielik n 100% toename in transitorooftogte. Aanduidend dat die drywers regeringsbande gehad het en steeds het. Die verrotting is terminaal en die verkankering so volledig dat algehele uitwissing daarvan, die regerende party leierloos, rigtingloos en sonder stemvee sal laat.
* Die enigste logiese gevolgtrekking om te maak, is regeringsbetrokkenheid minstens by wyse van stilswyende goedkeuring en gebrek aan daadwerkilke optrede daarteen.

Flip ·

Lig ALLES se pryse met 10% As daar met n kaart betaal word, 10% afslag op die transaksie. Geen afslag vir kontant en betaal 10% van die geld wat vervoer word vir die maatskappy wat die kontant vervoer.

Dis so ·

Eish jy slaan die spyker op die kop. Gaan kyk bietjie wie en wat is hierdie sekuriteits maatskappy se bestuur en wie hulle vennote en ander vriende is. Hier is nie n skroef los nie dit is maar net die afgelope 20 jaar se beplanning wat nou n werklikheid word en om die beplande doel te bereik. Hierdie ouens het nie van 94 net op regerings sake gefokus nie maar op hulle manifest se doelwitte en hoe om dit te bereik. Plaasmoorde,grond onteiening, transito rowe en korrupte polisie en regstelsel is maar net die basis vir groter dinge om te kom.

Cherokee ·

Dankie tog, dit is die normale, transitorooftogte en nie troues nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.