Nóg ʼn transitorooftog in Rustenburg

Argieffoto

Gewapende rowers het op nóg ʼn transitovoertuig in Rustenburg in Noordwes toegeslaan en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Noordwes, het gesê die voertuig was Woensdag op pad na die depot toe onbekende persone op die R510 in Monakato buite Rustenburg daarop losgebrand het. “Die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig. Die voertuig het ʼn boom langs die pad getref en tot stilstand gekom.” Die rowers het op die voertuig bly skiet.

“Springstof is gebruik om die voertuig oop te blaas en ʼn onbekende bedrag geld is gebuit,” het sy bygevoeg.

Slegs een persoon van die sekuriteitspan het ʼn geringe besering opgedoen toe hulle weggehardloop het.

Die Valke stel verder ondersoek in. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Maroela Media het vroeër berig gewapende rowers het ʼn onbekende bedrag geld gebuit ná hulle in Dr Morokarylaan op ʼn transitovoertuig toegeslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann M van Heerden ·

Die ANC soek duidelik geld vir hul verkiesingsveldtog.

willem Botha ·

So as ek dit reg verstaan het die skelms nog n voertuig gebuit terwyl die ” prioriteitsmisdaadondersoek span die eerste saak ondersoek het en nou ondersoek hulle die tweede misdaad,lagwekkend die skelms maak nanas van die “polisie”se beste van die beste.

sweis ·

Die groot name met geen byt,ek dink die kriminele terg hulle.

Koos wk ·

Eff soek hul geld terug wat hulle gespandeer het om te regisreer vir verkiesing!!

Piet Petrol ·

Roof ‘n bietjie hier – roof n bietjie daar- kyk hoe koe kom die ANC se vverkiesingsfondse bymekaar!

Jakalas ·

Ek ken Rustenburg se polisie. Hulle is koerip tot die been. Sal nie verbaas wees as hulle belaat word om dit te igrnoeer nie. Koppe in een mus. Hulle doen dit alklaar met die dwelm bedryf in die dorp. Ek kan onthou toe ons ATM bommings in die dorp gehad het. Hulle het altyd 3:00 toe geslaan in die oggend, want dis wanner die polisie skof wissel. Hulle kon nie een en een bymekaar sit en ‘n skof te stig wat op hoë reaksie is vir daai tyd beskikbaar is nie.

willem Botha ·

Watter polisie stasie in suid afrika is nie korrup nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.