Gewapende rowers het op nóg ʼn transitovoertuig in Rustenburg in Noordwes toegeslaan en ʼn onbekende bedrag kontant gebuit.
Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Noordwes, het gesê die voertuig was Woensdag op pad na die depot toe onbekende persone op die R510 in Monakato buite Rustenburg daarop losgebrand het. “Die bestuurder het beheer verloor oor die voertuig. Die voertuig het ʼn boom langs die pad getref en tot stilstand gekom.” Die rowers het op die voertuig bly skiet.
“Springstof is gebruik om die voertuig oop te blaas en ʼn onbekende bedrag geld is gebuit,” het sy bygevoeg.
Slegs een persoon van die sekuriteitspan het ʼn geringe besering opgedoen toe hulle weggehardloop het.
Die Valke stel verder ondersoek in. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
Maroela Media het vroeër berig gewapende rowers het ʼn onbekende bedrag geld gebuit ná hulle in Dr Morokarylaan op ʼn transitovoertuig toegeslaan het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Die ANC soek duidelik geld vir hul verkiesingsveldtog.
So as ek dit reg verstaan het die skelms nog n voertuig gebuit terwyl die ” prioriteitsmisdaadondersoek span die eerste saak ondersoek het en nou ondersoek hulle die tweede misdaad,lagwekkend die skelms maak nanas van die “polisie”se beste van die beste.
Die groot name met geen byt,ek dink die kriminele terg hulle.
Eff soek hul geld terug wat hulle gespandeer het om te regisreer vir verkiesing!!
Roof ‘n bietjie hier – roof n bietjie daar- kyk hoe koe kom die ANC se vverkiesingsfondse bymekaar!