Nóg ʼn trein in Kaapstad afgebrand

Treinwaens in ligte laai Saterdag by die Kaapstad-stasie. Foto: Verskaf

Nóg ʼn trein is by die Kaapstad-treinstasie aan die brand gesteek, presies ʼn week ná ʼn soortgelyke voorval by dié stasie wat miljoene rande se skade aangerig het.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brand- en reddingsdienste, het gesê die brand het omstreeks 17:40 op platform 13 uitgebreek.

“Twee treinwaens het gebrand. Drie brandweerwaens en 19 beamptes het die brand onder bedwang gebring en niemand is tydens die voorval beseer nie,” het Layne gesê.

Brandstigting word vermoed.

Maroela Media het vroeër berig minstens ses treinwaens het verlede Saterdag heeltemal uitgebrand nadat trein 3420 omstreeks 15:39 by platform 15 van die stasie aangekom het. Die brand het tot by platform 16 versprei teen die tyd dat die brandweer sowat tien minute later opgedaag het.

Nog ʼn trein van Metrorail is Woensdag by die Retreat-treinstasie naby Muizenberg aan die brand gesteek en die dade word as terreur en sabotasie bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

AmY ·

My ouers het gesê ek kan enigiets met my lewe doen. Ek het só baie potensiaal.
Toe word ek maar ‘n brandstigter.

Cora Simpson ·

Wat is hulle doel. Wat Kan hulle bereik deur andere se goed te vernietig. As hulle iets daarmee kry sal ek verstaan maar dit sit nie kos op die tafel nie. Dit gaan net my verstand te bowe

Chris ·

Cora , jy maak n fout die klomp wat dit doen kry wel kos op die tafel want hulle word betaal deur taxi vereenigings om dit te doen . Hoe minder treine hoe meer gebruik mense taxi

John ·

Wie baat by sulke skade? Taxi-base vir een. Diegene wat voor die verkiesing ‘n noodtoestand probeer afdwing ook. Dan is daar diegene wat altyd net kwaad is vir alles en sommer ook alles wat reg is en in werkende toestand, wil vernietig. Doofmiddels help om hierdie mense die spoor te laat verloor. Brande word deesdae regoor die wereld aangehits, maar wat die treine betref is dit interessant dat die mense so onsigbaar en slinks te werk gaan so tussendeur besige omgewings. Iemand word duur betaal om hulle te beskerm.

Nita ·

Sit die ANC nie agter hierdie gebeure nie? Dalk om die DA se sukses in die Provinsie te saboteer. Hierdie terroriste floreer op chaos.

Ben ·

Nita, jy mag reg wees hier maar ek dink die TAXI’s is die enigste mense wat direk en finansieel daarby baat. As ‘n mens ook kyk na die kommunistiese manier van dat sekere taxi net op sekere roetes mag ry. Did is “nonsense” aangesien ons ‘n vry ekonomiese mark stelsel veronderstel om te he. Miskien ook die maatskapy wat trokke vervaardig kan ook hierby betyrokke wees? Hier moet ondersoek wees en streng optrede.

Yster ·

Ek kan nie glo dat daar nou nog nie wagte of iets gedoen is nie. Wagte in elke trok . Stel 200 wagte aan party kan nog honde ook hê. Dit sal goedkoper kos.

Wilma ·

Nee Johan daar is goeie mense van alle rasse wie nie hul eie vervoer het ni en afhanklik is van treine. Nie almal is kriminele wie brand en afbreek ni. Dai brandstigters is robbies.

Chris Ws ·

Jy’t ‘n baie goeie punt beet Wilma.Dis net jammer die sogenaamde “goeie mense” beskerm die gemors wat die brandstigting pleeg.Neewat,ek se staak ALLE treindienste TOT die “goeie mense” die skuldiges begin uitwys.Hulle weet presies wie stig die brande en Glo my dis nie die feetjies nie!

Peet J ·

Dit is vir seker nie die pendelaars wat die brande stig nie in elk geval wonder wanneer gaan die pensioenarisse van Transnet hulle agterstallige pensioengeld ontvang hopelik voor die einde van die jaar.

Lisa ·

As jy alle treindienste staak sal jy die ekonomie van die Wes-Kaap tot stilstand bring. Dit is dalk heel waarskynlik die doel met die aanvalle

Tiger ·

Treindienste moet opgeskort word totdat die brandstigters uitgewys word.Daar is beslis iemand wat iets gesien het.Dan Lewenslange tronkstraf vir die skuldiges.Hulle vernietig goeie dinge in landsbelang.

White Rhino ·

Die sindikaat wat uit taxibestuurders bestaan sluit seker n groot deel van die polisie in en daarom sal hulle nooit die brandstigters vang nie dink ek.

Thinus ·

Kan maar net aan almal wat so bedpiegel oor die hoekom, en dit toeskryf aan gewone vandalisme sê: julle besef blykbaar nie hoe groot ‘n land se probleme is as vervoer en elektrisiteit stelsels gesaboteur word nie. Veel groter katastrofes groei daaruit. Maak maar gereed vir chaos en anargie.

Joe ·

My pa het dan my skool afgebrand toe hy vir die burgermeester kwaad was, hoekom sal ek nou nie die trein afbrand as ek vir die regering kwaad is nie???!!!!

Karen van Zyl ·

En die belasting betaler moet maar net meer en meer opdok.

Elred Ferreira ·

Ek sien party mense hierbo beweer dat dit moontlik te doen het daarmee om die DA regering in die provinsie te destabiliseer…met alle respek,die DA val so uitmekaar die laaste 18 maande dat dit vir niemand nodig is om hulle skade aan te doen nie…..

Siek en sat ·

So brand hierdie land. Sekere mense kan nie leef as alles in n perfekte werkende toestand is nie. Solank alles ten gronde gaan is almal tevrede.

christa ·

hoekom hulle nie los dat hulle alles verwoes nie. Maar die regering herbou en vervang maar net weer. As dit nie vervang word nie, het hulle niks om verder te verwoes nie en geen Vervoer, dan sal hulle tot verhaal kom

Jan ·

Moet nie die goed vervang nie. Vra vir Wesbank, hulle sit jou ook vining op jou voete.

MISKIEN DOM GEBORE ·

HOE DOM KAN N MENS NU WEES IS MOS NIE DIE EERSTE KEER DAT SO IETS GEBEUR DINK OOK NIE DIT SAL DIE LAASTER KEER WEES WIE OOK AL IN BEHEER IS VAN DIE TREIN DIENSTE MOES AL LANK CCTV CAMERAS INGESIT HET BY ELKE STASIE DINK JY NIE DIT SAL DAN MAKLIKER WEES OM DIE MENSE OP TE SPOOR WAT VERANDWOORDELIK IS VIR DIE DOM DINGE HULLE HET SO MIN DIENSTE MAAR BRAND NOGSTEEDS DIE BIKI AF WAT HULLE HET EK HOOP JULLE KRY HULLE

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.