Die United National Transport Union (Untu) het die aanval op die Crossmoor-stasie in KwaZulu-Natal veroordeel en doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa om na die vakbond se herhaaldelike pleidooie te luister om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te ontplooi om die oorblywende spoorweg-infrastruktuur te beskerm.
ʼn Brand is Maandagoggend tussen 03:00 en 04:00 by die Crossmoor-stasie gestig, net ure voor die leierskap van Untu vir die eerste keer met Zolani Matthews, nuut aangestelde uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) vergader het.
Matthews het Prasa as een van die strategiese nasionale bates van die land beskryf en Untu versoek om die staatsbeheerde onderneming te help en te ondersteun in sy pogings om die diens te herstel. Volgens Matthews is sekuriteit Prasa se topprioriteit.
Steve Harris, algemene sekretaris van Untu, het gesê Prasa is ongelukkig die jongste teiken in die voortgesette geweld in die Crossmoor-gemeenskap wat al meer as ʼn maand lank voortduur.
Die jongste aanval kom ʼn maand ná Fikile Mbalula, die minister van vervoer, aangekondig het dat Prasa sowat 9 080 gemeenskapsgebaseerde vrywilligers aangestel het in die People’s Responsibility to Protect (PR2P)-projek wat landswyd saam met 1 500 polisiereserviste en 80 militêre veterane sal werk.
“Prasa het alles in sy vermoë gedoen, maar hy sal nooit die oorlog alleen kan wen nie,” het Harris gesê. “Alle belanghebbendes in die regering, insluitend die SANW en die SAPD moet ook sy kant bring. Die spoorwegeenheid van die polisie met meer as 3 200 polisiebeamptes het die mannekrag, maar nie die hulpbronne om te help nie.”
Prasa het sy beskermingsdienste opgeskerp, maar hulle werk steeds onbewapen en kan hulself dus nie teen swaar gewapende georganiseerde misdaadsindikate beskerm nie, aldus Harris.
Untu doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor spoorwegverwante misdaad om dit by owerhede aan te meld.
Hoekom? Waarom?
En daar trek die belastingbetalers se geld om die stasie te herbou. Sal nou seker Dinsdag more verwag om nie nat te reen, en dat die trein sal betyds wees!
Ag asb is dit nou regtig nuus,al so siek vir die dom nasie en regering.
Ja, dis nuus. Moet ons hulle foute net ignoreer?
Jy het gister dieselfde kommentaar gelewer op n ander berig. Hoekom lees jy MM as jy dink hulle berig nie nuuswaardige berigte nie en hoekom dan enigsins kommentaar lewer. “Scroll verby”
Ek kan nie meer nie. Ek verstaan nie wat die redes vir hierdie dinge is nie. Ek was ook al baie keer kwaad en ongelukkig oor dinge, maar nooit het ek iets gebreek, verwoes, verniel óf afgebrand nie.
Het n projek daar gedoen vir vuf jaar vir PRASA. Dis die FRET organisasie. Federation of Radical Transformasion. Hulle het ons so afgepers dat ons nie werk kon uitvoer nie. Dankie Zuma en sy trawante. Het baie inligting
Bring ASB die feite aan die lig. Vertel die wereld van die total korrupte onbevoegde regime
Dis Fret federation of radical transformation. Zuma se kinders
Alle eer aan die ANC Regering,hulle slaag goed daarin om die die pragtige land verder ten gronde te laat gaan.
Intellektueel gestrem.
Dis eintlik maar die hele suid afrika wat brand al is dit nie oorals rook en as nie.
As daar 5 stasies in die land is wat nog nie deurgeloop het deur vandale nie dan sal dit n wonderwerk wees. Hoekom het hierdie vernietiging nie voor 1994 gebeur nie? Ek sal liewer nie die antwoord hierop gee nie.