Nog ʼn UKZN-koshuis aan die brand gesteek

ʼn Koshuis is Maandag (26 Sept. 2016) op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek. Foto: Facebook via Jerm

ʼn Koshuis is Maandag (26 Sept. 2016) op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus aan die brand gesteek. Foto: Facebook via Jerm

ʼn Koshuis op ‘n kampus van die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is Maandagoggend aan die brand gesteek.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die gebou op die Pietermaritzburg-kampus is omstreeks 07:15 deur ʼn groep van ongeveer vyf mense aan die brand gesteek. Hulle het nadat hulle die brand gestig het op die vlug geslaan.

Zwane het gesê ʼn saak van brandstigting word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens ʼn African News Agencya (ANA-) korrespondent op die toneel, lyk dit asof die koshuis se televisiekamer aan die brand gesteek is. Daar was Maandagoggend geen berigte van protesaksie op die kampus nie en dit het gelyk asof klasse normaalweg voortgegaan het.

Die universiteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Die UKZN se Pietermaritzburg-kampus het verlede week onder gewelddadige betogings deurgeloop nadat studente hulle by die landwye #FeesMustFall-betogings geskaar het. ʼn Brand is by die Malherbe-koshuis begin, voertuie is met klippe bestook en een student is beseer toe die polisie rubberkoeëls, skokgranate en traangas afgevuur het.

Nege studente is Donderdag in hegtenis geneem en is steeds in polisieaanhouding. Hulle sal na verwagting Vrydag om borgtog aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Johan Esterhuizen ·

As ons nie tevede is nie brand ons maar ons wil volgende Zuma en Gordan wees. Hoekom word dit toe gelaat wat het ander gesondig om nie tekan leer nie of bly nie. Betaal maar almal aan daai brand huis en voel wow

Columbiana ·

Dis belaglik. Imagine net hierdie mense as hulle eendag in die werksplek opeindig. Hou nie vd raad se besluit nie so brand kantore af. O wee dis pateties

Jef ·

In ander lande het studente die wil het om te leer maar daar is nie altyd geld daarvoor nie dus doen hulle alle soorte werk wat voor hande le om tog die studie te betaal, maar in SA wil sekere studente nie leer nie en die wat wel wil leer wil nie werk om studiegeld te spaar nie en studente die wel studiegeld het kan nerens studeer nie want alles word afgebrand.

Raymond Bastone ·

Dit moet nou stop raak afgesaag. Stem laat hulle brand moet net nie weer herstel nie. Sien waar leer hulle dan

KP ·

Ek stem saam laat hulle afbrand. Hoe onnosel, hulle kla omdat daar nie genoeg blyplek is nie maar steek dan dit wat daar is aan die brand.
Ek voel in elk geval hierdie gaan nie oor universiteite, daar sit iets groter agter, want word die eise nagekom dan brand hulle weer af oor iets anders. Die wat daar agter sit sal nie tevrede wees tot alles afgebrand is nie, so los hulle.
Voel net baie jammer vir die wat regteg wil studeer.

Jeanne ·

Los al die afgebrande koshuise en universiteite soos dit is, hoe vinniger julle dit opbou hoe vinniger gaan hulle afbreek. Ek stem saam met Mantashe .. maak die plekke toe, dan kyk die oproermakers waar hulle dan gaan moeilikheidmaak en protesteer, maak dit dan na 6 mnde weer oop en kyk of hulle maniere gekry het, maar die vinnige herbou van fasiliteite gee hulle net meer rede om weer van vooraf af te breek. Die kinders wat wil studeer ly in elk geval nou daaronder ..

Liewe heksie ·

Jeanne stem so saam jou sluit die universiteite en laat hul doen wat hul dan wil want op die oomblik dink ek nie dit gaan meer oor leer nie maar kyk wie is later op die TV nuus en solank hul daai media kry sal hul net aangaan sluit en klaar jammer vir die wat werklik wil leer maar die klomp breinlooses mag dalk ok iets leer al is dit dan net n les leer

REGVERDIG ·

En lekker gaan ons almal weer verniet klas kry onder die bome, want daar gaan nie skole en universiteite wees om soos normale mense te kan studeer nie………………………. hahaha

Nita ·

Ja daar is iets agter hierdie studente aksies naamlik: Weg met alles wat deur gehate wit kolonialiste opgebou is.

Johan ·

O…….dit is wat dit beteken on n universiteit te de-kolonialiseer…..jy brand hom af……

Koos1 ·

Gee die betogers boumateriaal en maak dit deel van hulle kirukilum. Sal julle klaar die koshuis weer gebou het sal julle die kursus slaag!
Net een vraag, nou is die koshuis afgebrand, waar de d gaan julle nou bly? O ja skuus, gaan weer betoog, klipgooi en afbrand vir akkomodasie!

Theresa B ·

Hel nee – hierdie snert raak nou uiters belaglik. Magtig!!

Uvonka ·

Tipiese net soos dit is in SA. Hulle brand af, plunder, staak ens en ons moet weer opbou, dan is die gehate “witmense” goed genoeg want ons betaal belasting.

Zelda ·

More of oor n maand of 6 gaan hulle erger aan gaan omdat daar niks meer is om te plunder en brand nie. Dan gaan hulle iets nuuts soek om oor te ………. MUSTFALL

Lizzy ·

Brand AF!!! dan is daar geen meer Fees om te betaal nie. Vir die studente wat wil studeer, studeer aan lyn.

Pierre ·

Ek wonder met al die geweld op die Kampusse oor die volgende, is hierdie oproeriges wat soveel skade aanrig werklik studente of is dit mense wat bloot inkom om ‘n gemors te bewerkstellig. Jammer maar die regering is besig om beheer in die land totaal en al te verloor.

Maria van Dieweeck ·

Mmmmm, groot fout hier. Dink ook daar mag n storie agter die storie wees.

Elize ·

Spook ek stem saam.bome is dalk hulle voorland vir nuwe klasse. Hoekom alles brand as hulle nie hulle sin kry nie.dit verstaan ek nie. Manipuleerders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.