Nóg ʼn universiteit skort lesings op

Die ingang na die Tweede Laan-kampus van NMU. Foto: NMU

Die Nelson Mandela-Universiteit in Port Elizabeth het Donderdag gesê akademiese bedrywighede is tot verdere kennisgewing opgeskort nadat studente die ingange van dié instansie se Suid- en Noordkampus versper het.

Dit is die tweede dag van protesaksie vandeesweek op dié kampus oor klasgeld en registrasie. Die studente is glo ongelukkig aangesien sommiges nie by die universiteit kon registreer nie weens agterstallige klasgelde, hoewel die regering gratis tersiêre opleiding vir studente van arm huishoudings belowe het.

Zandile Mbabela, woordvoerder van die universiteit, het gesê die universiteit sal ʼn bestaande interdik op betogende studente afdwing wat aktiwiteite op die kampus ontwrig.

Volgens Mbabela word ontwrigtings nié geduld nie aangesien die universiteit verplig is om die regte van personeel, studente en alle ander belanghebbendes te beskerm.

“Die interdik is gemik op die beskerming van die regte van al die universiteit se belanghebbendes – diegene wat toegang tot die universiteit wil verkry om te werk of hul studies voort te sit, sowel as diegene wat hul reg tot protesaksie in ooreenstemming met die voorgeskrewe voorwaardes uitoefen,” het sy gesê.

Mbabela het gesê ʼn werkgroep is verlede jaar saamgestel wat bestaan uit verteenwoordigers van die universiteitsbestuur en studenteleiers met die doel om maatreëls in te stel vir uitdagings wat die universiteit mag teëkom.

Sy het gesê die werkgroep vergader gereeld, met die mees onlangse vergadering wat Dinsdag plaasgevind het.

“Geen kwessies is tydens dié vergadering geopper wat studente glo nié tans aandag geniet nie en daar is geen kwessies geopper wat tot die onderbreking van universiteitsbedrywighede en akademiese aktiwiteite gelei het nie,” het Mbabela gesê. Sy het gesê dat dit dus verbasend is dat studente nou ingange versper.

Maroela Media het vroeër berig lesings is verlede maand ook by ander universiteite opgeskort nadat studente grootliks ontevrede was oor universiteite reg oor die land se hantering van agterstallige skuld, asook ʼn gebrek aan finansiering deur die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS). Daar is ook ontevredenheid rakende behuising en vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

Sommige studente het ‘n nuwe hoofvak, nl. ANARGIE.. Dis ongelooflik dat dit die norm geword het om soos onbeskaafde mense op te tree. Die anderkant van die probleem is dat hulle nie verantwoordbaar gehou word nie. Waar gaan dit eindig?

Gemaskerde Sopbeen ·

Johan, dit gaan nie eindig nie? Daar is ‘n spreekwoord wat lui: That which you allow, will continue…..en deesdae word ALLES toegelaat….so waarom sal dit ophou?

JohanP ·

En dit is die plek waar toekomstige dokters, advocate, prokureers, engineers, onderwyser en dalk ministers opgelei word. Oers betaal ten duurste Vir kinders om te studeer en dieselfde kinders mors hulle ouers Se geld en tyd. Geen respek en geen dryfkrak om n sukses van hulle lewe te maak en iets te bereik nie. Scary.

Gemaskerde Sopbeen ·

Hahahah…JohanP…jy is sooooo uit voeling uit met realiteit. Hulle mors nie HULLE ouers se geld en tyd nie? Hulle mors JOUNE!!! Jy betaal vir jou kinders, met die 50% van jou salaris wat oorgebly het nadat jy 50% aan die regering afgestaan het in belasting, BTW en petrol heffings en tolgeld………….en die regering vat die 50% wat jy aangestuur het, en betaal daai opstokers se studies deur NSFAS………..alles is vir gratis maar dit bly verniet. En dan breek hulle die plek af want hulle betaal vir niks…………

Afrika ·

Afrika. Agter met als van miljoene jare terug en nogsteeds.. Afrika

barend ·

My pa het vir my gese ek moet n dokter word of iets.toe word ek maar iets ,ek is vandag n voorman by n groot petro chemiese aanleg ,werk vir 32jaar nog nooit gestaak nie ,besit my eie huis en betaal my belasting en my water en ligte

GM ·

Nou moet dié wat betaal, gaan eis dat hul klasgelde terugbetaal word. Die universiteit moet dit sommer op die betogers se rekeninge byvoeg. Dan kan hul ook voel hoe dit voel om vir iets te moet betaal.
Plaas gaan bou hulle hul eie ‘gratis’ universiteite.

lanie ·

Skors die moeilikheidmakers of nog beter trek hulle borge en of lenings terug.

Johan ·

Die doelpale van die eise sal altyd verskuif word. Daar sal permanent eise wees en hulle sal al hoe meer dinge en groter bedrae eis. Die eindresultaat is dat sóveel l onderrig tyd verlore gaan dat sub-standaard professionele mense opgelei sal word. Want hulle sal doodeenvoudig net oorgeplaas word…. Wat ‘n skande!!

Amanda ·

My seun wag nou van einde Januarie af om sy “exit” eksamen te skryf by TUT. 1 vak wat hy nodig het om sy BTech te kry ……… elke slag is daar ‘n ander verskoning hoekom hulle nie ‘n datum kan vas maak nie, maar betoog en plunder sal die hulle.

Theresa ·

Ek stem saam Johan. Hulle wil alles verniet hê. By TUT is dit gratis verblyf, gratis kos en gratis studies. Amazing nê?!

Essie ·

Ek weet van geen instansie wat sonder geld kan funksioneer nie hoe op dees aatd vervag hul dat daai plek se deure oop bly krag water en personeel moet betaal word .

John ·

… en die studiegeld en w/ligte en selfoon/rekenaars… en… en van die stakende studente…

Lex metalis ·

Ek het 10 jaar gelede by NMU gewerk en daar was nooit ontwrigtings nie SA Uni s sal moet investeer in tegnologie Hier in Aus word alle lesings opgeneem en kan students tuis daarna luister en lesing se powerpoints op Hulle rekenaar sien Dit bly steeds goed om students in Klaskamer te he Hier is dit tegnologie en daar is dit strategie

marco polo ·

Dis reg, maak al die universiteite toe. Ek weet nie hoekom studente, of is dit nou agtergeblewende anargiste, nog soontoe wil gaan nie, dis so westers.

Suzette Geringer ·

Hulle het nie ‘n REDE nodig om oproerig te wees nie… dit kom vanself.

Judge Dredd ·

Maak alle universiteite afstands onderrig – dan kan hulle strike by hul eie plakkers-kampe.

Zwapie ·

Lekker man! Nou het die monstertjie wat die ANC geskep het, onbeheerbaar geraak! Gee sommer elkeen sy graad, daar is mos baie werk en dan kos dit die belastingbetalers mos niks! Swartbemagtiging!

Filosoof ·

En so sal dit aangaan totdat al die universiteite gesluit is. Hierna sal CR ‘n noodtoestand afkondig en die “groot” verkiesing uitstel! My eie insigte. Noem dit “gut-feeling”. Kyk of ek verkeerd is. Ek hoop so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.