Kaapstad is Woensdagaand in die eerste plek aangewys in die kategorie “Top stede in Afrika en die Midde-Ooste” in die Travel & Leisure 2016 Wêreld se beste-toekennings tydens ʼn seremonie in New York.
“Die Moederstad doen alles om plaaslike en internasionale besoekers te lok, en ontvang toekennings van dwarsoor die wêreld vir haar besonderse skoonheid en toeriste-aantreklikhede,” het Garreth Bloor, burgemeesterskomiteelid van Kaapstad, gesê.
Kaapstad is onlangs vir die vierde keer in ʼn ry as die Beste stad in die wêreld aangewys deur Telegraph Traval Awards 2015/2016. Kaapstad het Vancouver en Venesië stof in die oë geskop wat onderskeidelik met tweede en derde plek tevrede moes wees.
In Condé Nast se hoogs aangeskrewe Reader’s Choice-toekennings, is Kaapstad ook vereer as die nommer een kosstad ter wêreld. Kaapstad het verlede jaar die derde plek op dié lys ingepalm.
“Ek voel diep geëerd en uiters trots met die Travel and Leisure-toekenning,” het Bloor bygevoeg. “Ons wat in Kaapstad bly aanvaar soms die natuurlike skoonheid van ons stad as vanselfsprekend. Hierdie welslae laat ons ons ongelooflike omgewing van voor af waardeer. Dit hou al die inwoners nederig. Alhoewel ons trots is op ons stad wat só goed bestuur word, is daar nog baie werk om te doen. Kaapstad is een van die snelgroeiendste stede in Suid-Afrika wat verstedeliking betref en ek dink dit is baie duidelik waarom almal in Kaapstad wil woon, werk en speel. Baie dankie vir elkeen wat vir Kaapstad gestem het as die nommer een stad in Afrika en die Midde-Ooste.”
Veels geluk. ‘n Baie mooi foto behalwe vir daardie ronde ding wat als opfoeter.
Lyk baie soos ‘n toilet.
Die groot ronde ding “sokkerstadium” is op Kaapstad deur ANC opgedring vir jul oningeligtes. Jul kommentaar wys jul onkunde van Kaapstad.
Baie geluk Kaapstad !….wonder net of julle wardeer wat julle het …die feit dat dinge werk en onderhou word ….vergelyk dit nou met pta en jhb wat al so vervalle en vuil is …selfs die mees basiese soos om die strate te vee gebeur nie eers meer nie ….hoop regtig hier kan n verandering kom !
… vir ‘n groot wit olifant …
Dis wat gebeur as die DA aan bewind is! As dieselfde nou net kan gebeur in Johannesburg, PE en Pretoria dan kan hulle ook as great dorpe beskou word
Goeie werk DA. Julle maak SA trots. So lekker om Kaap toe te gaan. So skoon en geen Potholes. Wens res van SA so gelyk
Ek weet nie watter kleur die olifant is nie. Dit is ons belastinggeld
Baie hartliks geluk kaapstad, dat julle die dorp so mooi in stand en in orde hou. Ek sien kaapstad se mikpunt om die stad te bekroon as afrika se pragstuk op wereld kaart, met iets van alle ouderdomme en vir alle goeie geeste wat tye wil kom geniet
Baie geluk Kaapstad!! Julle wil nie Bloemfontein se middestad sien nie… lyk soos Harare…