Nog ʼn veiligheidswag in KZN vermoor

Die 40-jarige veiligheidswag is vroegoggend by ‘n taxistaanplek doodgeskiet. (Foto: RUSA)

Nóg ʼn KwaZulu-Natalse veiligheidswag is vermoor, dié keer in ʼn koeëlreën in KwaMashu.

Volgens Reaction Unit SA (Rusa) is twee ander veiligheidswagte Woensdag in afsonderlike voorvalle vermoor. Dit is benewens die moord op ao. Michael Jameson (52), ʼn polisiebeampte wat Woensdag buite sy dogter se skool in Umbilo doodgeskiet is.

In die jongste voorval was die 40-jarige veiligheidswag besig om in ʼn minibustaxi in Bester, in KwaMashu, te klim, toe ʼn man hom genader en minstens tien keer geskiet het, sê Rusa.

“Die skieter het gevlug sonder om enigiets te steel. Die slagoffer was in sy maatskappy se uniform geklee en was op pad na sy werkplek in Phoenix toe hy aangeval is.”

Rusa sê sy oproepsentrum het vandag kort voor 06:00 verskeie oproepe van verbygangers ontvang wat mediese hulp vir die slagoffer ontbied het. Paramedici en reaksiebeamptes is dadelik na die toneel gestuur, maar die man het teen daardie tyd reeds aan sy wonde beswyk.

Sy aanvaller was geklee in ʼn blou kortbroek, sandale en ʼn donkerblou, moulose baadjie. Hy het ná die aanval gevlug.

Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ʼn saak van moord word ondersoek.

Die motief vir die skietery is in hierdie stadium nog onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Renier johannes ·

Dankie anc vir n wette lose land kriminele maak net soos hulle wil

Misky ·

Ek bly in Pinetown, KZN maar werk in Durban. Ek is lid van twee lokale whats app groepe vir verkeer. Daar is daagliks boodskappe wat deurkom oor aanvalle op sekuriteitswagte. Daagliks!!!! 90% haal nie die nuus of media nie. KZN is besig om in ‘n misdaadhool te ontaard.

Excalibur ·

SUID AFRIKA, ons verloor tans meer veiligheidspersoneel wat insluit die Sekuriteits Sektor, SAPD en Metro & Nasionale Verkeerspolisie as wat hierdie land nog aan enige geskiedkundige oorlog verloor het! Die skandvlek van wetteloosheid is so groot dat dit nie eens meer die Nuus of 1ste bladsy van die koerante haal nie. Ons is NOU WAARLIK by ‘n KRUISPAD en die bloed van slagoffers aan en van diens gedood verplig ons as landsburgers om die Suid Afrikaanse Regering van die dag en ons President te Daag voor die Volk & Nasie om ‘ n Nasionale Refurendum soos in 1992 uit te roep waarin slegs wetsgehoorsame Burgers van hierdie land in mag stem vir geregtigheid of anargie van genade op genade d.m.v. BRING DIE DOODSTRAF ONMIDDELIK TERUG of ALDAN NIE maat met die verskil van ‘n daadwerklike ALTERNATIEF wat sal werk en nie die land en sy burgers gyselaar hou en laat uitbloei onder die vaandel van genade & vergifnis nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.