Nóg ʼn veiligheidswag in Richardsbaai geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Veiligheidswag is Donderdag in die vroeë oggendure in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, doodgeskiet skaars ʼn dag nadat ʼn veiligheidswag by ʼn skrootwerf geskiet en gewond is.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die veiligheidswag is omstreeks 03:30 by ʼn woonstelblok in Arboretum doodgeskiet. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. Die rede vir die skietery is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig ʼn 24-jarige man is Woensdagoggend omstreeks 04:00 verskeie kere by ʼn skrootwerf in Alton geskiet. “Hy het die aanval oorleef. Hy is op die toneel gestabiliseer en is in ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.” Die rede vir die aanval is nog onbekend.

Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.