Nog ʼn verdagte gesoek ná beampte se skietdood

Die voertuig wat op die perseel gevind is, was die goue VW Polo wat gekaap is (Foto: SAPD)

Die polisie is op soek na nóg ʼn man wat kwansuis oor inligting beskik wat die polisie kan help om hul ondersoek na die kaping en skietdood van ʼn verkeersbeampte af te sluit.

Die polisie het Vrydag versoek dat enigiemand met inligting oor waar ene Chris Maile hom bevind, die ondersoekbeampte, AO Vusi Mpangane, by 082 469 1860 of sers. Vhusi Mpunzi by 071 481 3250 sal bel.

Thabo Mashego (35) se voertuig is verlede Vrydag gekaap terwyl hy op pad was van Bosbokrand na sy huis in Xantia. Mashego en twee vriende is deur minstens twee gewapende verdagtes voorgekeer en Mashego is beveel om stil te hou. Toe hy dit nie doen nie, het hulle skote op die voertuig afgevuur wat hom getref het. Hy is later by ʼn hospitaal dood verklaar.

Die gesteelde VW Polo is kort daarna agter ʼn huis in Bosbokrand opgespoor, waarna ʼn vrou en haar drie seuns in hegtenis geneem is op aanklag van die besit van ʼn gesteelde voertuig.

Yekelina Ubisis (66), Remember Ngovene (35), Jabulane Ngovene (46) en Venus Advice Ngovene (35) het al vier Woensdag in die landdroshof in Calcutta verskyn. Ubisis is op borgtog van R500 vrygelaat.

“Die drie broers bly in aanhouding tot die saak op 3 Augustus hervat word,” het die Valke-woordvoerder, kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, Vrydag gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Groen-oog ·

Shoe die skuldiges is vinnig aangekeer. As ek reg is waa dit die ma en 2 seuns ?? Nou is dit al n hele klomp betrokke. Maar in n plaasmoord /aanval kan nie 1 opgespoor word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.