Nog ʼn verdagte gesoek vir regeringskantoordiefstal

Die verdagte wat gesoek word. Foto: Die Valke

Die verdagte wat gesoek word. Foto: Die Valke

Die Valke het Dinsdag ʼn foto uitgereik van ʼn derde verdagte wat vermoedelik deel was van  ʼn groep wat ʼn rooftog by die Pretoria-kantoor van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) uitgevoer het, waartydens R17 miljoen gesteel is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê ʼn groep mans, vermoedelik ʼn bende, het op 26 Desember by die SSA-kantoor ingebreek en die geld uit ʼn kluis gesteel. Die diefstal is eers die volgende dag ontdek.

Twee verdagtes is reeds in verband met die rooftog vasgetrek en hulle het Dinsdag in die hof verskyn waar die saak uitgestel is.

“ʼn Aansienlike beloning word aangebied vir enigiemand wat die polisie ʼn wenk kan gee oor waar hierdie man homself bevind,” het Mulaudzi gesê.

“Die publiek word gemaan om nie die man te probeer aankeer nie, aangesien hy as gevaarlik beskou word. Enigiemand met meer inligting word versoek om kol. Tolie Vreugdengburg by 082 451 7226, of kol. Makasela Nkuna by 082 565 8506 te kontak.”

Die verdagte wat gesoek word. Foto: Die Valke

Die verdagte wat gesoek word. Foto: Die Valke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theresa ·

Naby watter voorstede moet mens uitkyk? Hy lyk nes enige werkende voorstedeling?
Hoe de joos het hul by die wagte en veiligheidsopset verby gekom???!

Realis ·

Kan iemand asseblief verduidelik wat R17m in buitelandse valuta in ‘n regerings brandkluis soek en hoe veilig is die staatsveiligheids agentskap dat ‘n gewone dief toegang verkry en die kluis oopbreek sonder dat daar iewers ‘n alarm afgaan. Klink vir my eerder na ‘n “inside job”

Sarie ·

Wil ek ook weet wat maar R17 miljoen in buitelandse valuta in die kluis in ‘n kantoor?

MM ·

Ja nee vra ek ook. Hulle moes hulp gehad het. Dis ‘n ID foto seker met geen naam nie. Naamloos gebore.
Soos jy se waar begin mens soek?

Blondie ·

Seker deur binnelandse sake vervals. Dan moet hulle ook betrokke wees.

Charlotte ·

Ja en so gaan dit aan!! Gaan my verstand te bowe dat hulle wegkom met soveel geld. Geen alarm…geen sekuriteit….lyk vir my ook soos n inside job soos al die ander gebeure ook….raak nou n lekker TREND in SA.

GES ·

Ek wonder of die kluis ooit oopgebreek is. Dit is meer wasrskynlik dat dit oopgesluit is. Die gebou behoort ook ‘n alarmstelsel te hê wat netjies gedeaktiveer is. Dit kan net ‘n “inside job” wees.

anita ·

Natuurlik sal hy gevaarlik wees, met so baie geld sal hy nie homself oorgee nie! Wonder hoeveel het hy oor! Wag en sien, hy gaan net meer en meer soek..

DPJ ·

Seker ‘n ingevoerde uitlander wat net kan verdwyn. Een of twee amptenere gaan hierna lekker lewe.

alida ·

Hoekom mors hulle geld en tyd om die skuldiges te soek. Begin “in house” die skelms sit daar en maak of hulle niks weet nie.

Theresa ·

Watter omgewings moet op uitkyk wees???? As mens gevra word om op uitkyk te wees, moet mense tog weet waar die misdadigers die misdaad gepleeg het (hallo – die omgewing, asb) en dan verkieslik watter voorstede naby die geval was? Komaan, gee bietjie meer detail dan kan mens mos help.

Ouman ·

Waar kom die valuta vandaan en waarvoor word dit gebruik. Klink vir my na ‘n tipiese inside job. Vra behoort gevra te word rakende die doel waarvoor groot hoeveelheid valuta in kontant nodig is en wat se kontroles is plek is om die gebruik daarvan te beheer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.