Nog ʼn verdagte vas in die VBS-skandaal

(Argieffoto)

Die Valke het Donderdag nóg ʼn verdagte in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die VBS-bankskandaal.  Dié keer is die verdagte ʼn munisipale bestuurder.

Mattheys Gerhardus Wienekus (64), voormalige tesourier van die Merafong-munisipaliteit aan die Gautengse Wesrand, het Donderdag in die hof in Pretoria verskyn op klagtes wat verband hou met die VBS-skandaal, het die Valke gesê. Wienekus is in hegtenis geneem nadat die ondersoek getoon het dat meer as R50 miljoen van die munisipaliteit se geld in die VBS belê is terwyl hy as waarnemende hoof‑ finansiële beampte vir dié plaaslike owerheid opgetree het.

Die Valke het bevestig hy word aangekla van die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur en word ook verbind met die ondersoek na bedrog en diefstal by VBS. Dit is die negende verdagte wat reeds vasgetrek is in verband met dié omstrede saak.

Die vermeende baasbrein agter die VBS-bankskandaal Tshifhiwa Matodzi in die hof. (Foto: Itumeleng English/ANA)

Sewe verdagtes het verlede week in die hof verskyn op 47 aanklagte, insluitend diefstal, bedrog en geldwassery. ʼn Agste verdagte sal in die hof verskyn sodra hy uit kwarantyn weens Covid-19 vrygelaat word.

Dit nadat die Valke in 2018 ʼn ondersoek begin het na die skynbare plundering van R2,3 miljard van VBS se fondse. Die meeste van dié wat tot dusver in hegtenis geneem is, is voormalige lede van die VBS-raad, maar die Valke het reeds gewaarsku dat nog in inhegtenisnemings sal volg soos die ondersoek sy gang gaan.

Die Merafong-munisipaliteit is een van 20 munisipaliteite wat ondersoek word nadat miljoene rande strydig met die munisipale wet in VBS belê is. Die ouditeur‑generaal, Kimi Makwetu, het reeds gewaarsku dat ten minste 14 munisipaliteite waarskynlik nie hulle geld gaan terugkry nie.

Genl. Godfrey Lebeya, Valke-hoof, het gesê die ondersoek na munisipaliteite is in ʼn gevorderde stadium.

Die saak teen Wienekus is uitgestel tot 29 Julie sodat die ondersoek afgehandel kan word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Lekker! En soe hopelik sal die Hawks met die lyn afgaan totdat hulle by Julius Malema en Floyd Shivambu uitkom. Sien op al die nuus dienste hoe Julius vuure uitslaan. Julle weet…..deny, deny deny? A buffoon bluufing!

Scalla ·

Verstaan ek reg, hy is in hegtenis geneem het omdat hy geld onregmatig daar bele het en nie deel was van die plunders nie, wanneer word die ander vasgetrek wat ontvangers was?

Zacahara ·

Presies Scalla, dis wat ek ook wil weet!!! “Toevallig” was dit waarnemende Munisipale Bestuurder, die tyd toe die R50M van Merafong City Plaaslike Munisipaliteit by VBS belê is, ook die Hoof Finansiële Bestuurder (HFB) by ‘n ander Munisipaliteit in die Wesrand, wat egter nie ‘n Plaaslike Munisipaliteit is nie. Daar was voorheen berig dat hierdie munisipaliteit sowat R81M verloor het, hoewel ‘n berig vroeër hierdie week beweer, volgens ‘n audit van Deloitte, dat die bedrag wat “verloor” is, selfs soveel as R224,5M kan wees!! Dis ook dieselfde munisipaliteit wat in Nov 2018 tweemaal mer Raads- & noodvoertuie opgeruk het na die Gautengse Premier & Wetgewer nadat daar nie meer geld vir salarisse & 3de party-betalings was nie. Dit nadat die munisipaliteit se surplus in 2012 net meer as sowat R70M was!!! Mmmm, as my naam Romeo was & ek was ‘n HFB in die Wesrand tot nog onlangs, sal ek maar bietjie ligslaap….!!!!

Sê Ook Maar Net ·

doodreg..Jy kom met niks in die wêreld en vat net jou naam saam met jou aan die einde

Elize ·

Willem – ek hoop jy het baie tyd en geduld want laaaaaaaank gaan jy wag hoor

Jr ·

Hoe is dit moontlik dat hy die acting CFO net vir drie dae was maar op die laaste dag van acting is die 50 miljoen in betaal . Ek bly in die dorp en ek weet dat ons baie toi toi en marakus in ons dorp gehad om hierdie madamn burgermeester uit die stoel te kry. Sy het baie te doene gehad met die deposito’s van daai 50 000 000 . Tot sover het sy n tikkie op die hand gekry van die cANCer party. En is nog vasgegom in die hoof kantoor. Madam UNTOUCHABLE. Hierdie ou is die scapegoat. Wil jy vertel die ” mayor ” het niks geweet van dit. Of gaan sy die no 1 reaksie gebruik. ” I am shocked to hear about this. I did not know.”

Zacahara ·

En dan natuurlik het die Waarnemende Munisipale Bestuurder in daardie tyd seker ook niks geweet nie?

Adeline ·

So ne …… volg net die geld spoor en dit eindig orals selfs in die regering almal deel en is gekoppel aan mekaar in hulle korupsie en ongeregtigheid… verseker.. Valke se naam moet na arende verander word!!! verseker.

Anton ·

Hoekom is Malema en kie nog nie in hegtenis nie. Die daily maverick het Baie bewyse van hulle betrokkenheid bloot gele??????

Rodger17 ·

Nou nog net malema en shivambu!Ag sorry ek het vergeet, hulle is mos untouchable vra maar vir ou cyril!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.