Nog ʼn verdagte vas ná jong man se dood

Daniël Botha

Nog ʼn jong man is in hegtenis geneem in verband met die dood van Daniël Botha (26) wat gesterf het toe hy in ʼn kuierplek in Benoni aan die Oos-Rand aangerand is.

Jacques de Lange (22) is verlede week in hegtenis geneem en het reeds in die hof verskyn. Phindi Louw-Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het die hofverskyning bevestig, maar kon nie onmiddellik bevestig of De Lange op borgtog vrygelaat is soos Maroela Media verneem het nie.

Die eerste verdagte, Gideon Fourie (22), het hom ná Botha se dood aan die polisie oorgegee. Hy is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Fourie en De Lange moet weer op 27 September in die Benoni-landdroshof verskyn.

Botha is in die vroeë oggendure van 26 Julie só erg in ʼn kuierplek aangerand dat hy breindood verklaar is. Die masjiene wat hom aan die lewe gehou het, is dae later afgeskakel.

Andre Pretorius, Daniël se stiefpa, het gesê hy kan nie verstaan hoe mense wat van moord aangekla word op borgtog vrygelaat kan word nie. Hy het intussen bevestig dat van Daniël se besittings wat sedert die aanval vermis was gevind is, maar dat sy foon steeds skoonveld is.

Pretorius is egter vol lof vir die ondersoekbeampte en die private speurder wat die gesin aangestel het ná Daniël se dood. “Hulle werk regtig 24 uur van die dag, sewe dae per week.”

Pretorius het vroeër aan Maroela Media gesê Daniël, ook beter bekend as Danie, het die aand saam met ʼn vriendin by ʼn kuierplek in Benoni gekuier nadat hy en vriende aksiekrieket gespeel het. “Hy en die vriendin het rustig gesit en kuier en daar was ʼn persoon wat met almal moeilikheid gesoek het.”

Volgens Pretorius het die persoon ook met Daniël se vriendin moeilikheid gesoek en het hulle besluit om te ry toe die persoon Daniël glo begin aanrand het.

Daniël is ná die aanranding deur omstanders uit die kuierplek na buite geneem aangesien hy glo gesukkel het om asem te haal. “Die persoon wat Daniël aangerand het, het intussen glo gery, maar iemand het hom gebel en gesê hier is moeilikheid, waarna hy na die kuierplek teruggekeer het. Hy het Daniël in die motor gelaai en by die Life The Glynnwood-hospitaal afgelaai.”

Volgens Pretorius het personeel die man gevra om by die hospitaal te bly, maar hy het glo gesê Daniël se familie is op pad en toe weer gery.

Volgens Pretorius was daar ʼn blou kol en rooi strepe op Daniël se nek en het dokters gesê hy is gewurg. “Daniël was ʼn baie beskaafde seun en sou nie moeilikheid gesoek het nie. Hy het ʼn groot vriendekring gehad en almal help ons in dié tyd, dis regtig ongelooflik.”

Daniël het saam met sy pa in Boksburg gewoon en laat ook ʼn suster agter. Hy het by Land Rover Oos-Rand gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Theresa B ·

Ai, alles is so sinneloos en onnodig gewees. Daar is nou 3 gesinne wat se lewe aan skerwe is. En niemand baat iets daarby nie. So bitter hartseer.

Letitia ·

Die moeilikheid makers seker weer ‘n paar steriod laaities wat dink hulle is sterk pappa!! Stuur hulle tronk toe asb??!!

Karn ·

@Letitia, wys my waar hulle enigens iets noem van steriods? Ek dink dis die ou blanke Afrikaner drankie Brandewyn wat die manne so maak, het dit al BAIE in plekke gesien. Brannas dan wil hulle baklei.

Nadia ·

Weet jy die mense!!!! die ou se hele lewe is van hom ontneem…. klien kinders van sy pa en dit vir wat? maak asb ‘n voorbeeld van die mense wat hom aangerand het want mens kan nerens meer kuier sonder om te vrees nie! Sterkte aan die familie sy pa en suster.

meisie ·

jy vergeet van sy vriendin wat ook met die verlies moet deel

Tanzie ·

Mens rand iemand so geweldig aan dat hy sterf en tog word jy op borg vrygelaat!

Daan Erasmus ·

Een aand se onbesonne gedrag en 3 gesinne vir die res van hul lewens in ‘n gemors. Maar glo my praat help nie met die jonges nie. Iemand moet doodgaan voor ons leer.
Vergeefs sê die Prediker. Dit is alles tevergeefs

Johan ·

Nee wat, die twee seuns wat gearresteer was is bekend daarvoor dat hulle moeilkheid soek en dan as n groep mense aanrand. Die was glad nie n ongeluk nie. Hulle hou ook daarvan om met kleiner ouens as hulle skoor te soek.

Kallie ·

Johan het jy bewyse van jou aantygings. As dit waar is soek ek hul details om hulle in my vrye tyd te intimideer.

LouE ·

Ja, dis jammer. As ek reg lees, het die ou wat aangerand het, teruggekom en die slagoffer hospitaal toe geneem. Ten minste het hy een keer die regte ding gedoen.

Andre C ·

Hulle moet lewenslank gevonnis word.hersien na 20 jaar indien hulle enige berou toon !

Callie ·

Lafaards wat so optree. Sluit hulle apart in selle toe met so 10 ou gehardes in tronk. Lekker tydjie wees om te sien hoe braaf is hulle dan

F.X.-Geran Prins ·

Weereens … Wie van julle was daar? Klomp keyboard-ninjas wat goed voel as hulle tog net hulle kommentaar kan lewe….
Dit was in die middel van die week in die vroeë oggend ure en nie net die beskuldige was daar nie as ek reg kan onthou.

Dit is vreeslik wat gebeur het met Daniël en ek voel vir die familie! maar dit maak nie daai 2 seuns moordenaars nie!

Dit was nie beplan nie en wie se die dood-skoot het van 1 van daai 2 seuns se hande af gekom?

Hou simpel kommentaar vir jouself en wag vir die hof om te besluit.

Spook ·

Stem saam… Mood was nie beplan nie…. Maar steeds het hulle n persoon so erg aangerand dat hy dood is… Dood gemartel? Nee wat vir sterk mannetjies het ek nie veel tyd voor nie. Genoeg die tipe van gedrag in my jonger dae gesien. Dit is pateties. Ek het geen respek vir n man wat homself.so gedra nie

Karl ·

Moord wat beplan is = premeditated. Die 2 het hom aangerand met doel om ernstig te beseer, toe is hy oorlede, en DIT maak dit MOORD. en as jy moord pleeg, is jy n moordenaar.

Mia ·

Dit maak iemand beslis ‘n moordenaar as hy iemand dood slaan dit was nie perongeluk nie, al het jy drank in weet jy nogsteeds wat reg en verkeerd is en jy weet wanneer om op te hou slaan ek meen veral as jy sien die ou het genoeg gehad, so watse tipe mens hou iemand an slaan as hy kan sien dat die ou homself nie meer kan verdedig nie?????? en jy se dit maak hom nie n moordenaar nie? so wat noem jy dit dan?

jakes ·

Iemand gaan tronk toe, dis verseker. Hoop die skuldiges gaan daarbinne kry wat hul toekom. 20 jaar in enige tronk is n laaaaang tyd.

Johan ·

My vriendin ken altwee die beskuldigdes en sy het al saam met hulle gekuier.
Maar sy kuier nie meer saam met hulle nie omdat hulle al voorheen in n bakleiery betrokke was.

So die keyboard ninja weet ongelukkig meer as wat jy dink. Die Oosarand is kleiner as wat mense dink.

Wonder wat sou jy gese het as jou seun dood geslaan is?
My innige simpatie aan almal betrokke, lewens is onnodig verwoes.

Andre ·

As die hof hulle skuldig bevind hoop ek die strate en klubs word vir ‘n lang tydperk veilig gemaak en skoon gehou en ander leer daar uit! Party mense moenie drink nie want hulle swak opvoeding breek dan uit.

Ria ·

F.X.-Geran Prins…ñ klomp keyboard ninjas!…En wat noem jy jouself huh?…Ria.

F.X.-Geran Prins ·

Reg !

En nie n”commentator” wat dink hy weet wat aangaan nie… Julle se Gideon en Jacques sleg en hulle sal kry wat hulle verdien…

Dit was nie beplande moord nie en hulle het hom nie getakel op die grond nie, dit was n “bar fight” soos wat ELKE aand in Boksburg gebeur en die keer kon almal nie net wegloop van dit af nie, glo wat julle wil en glo wat julle laat goed voel oor jouself want dit is mos seker wat tel*

Wat van as dit jou seun was wat perongeluk iemand se lewe ontneem het wat dan? Sou jy dieselfde gese het?

As jy iemand perongeluk dood ry wat oor die pad loop … Is jy n moordenaar?
Was nie aspris nie, jy het dit nie bedoel nie ….

Dink bietjie vir jouself

Dylan* ·

Ek lees al die komentaar ek kan duidelik sien meestal van die mense is on-ingelig en het geen benul wat daai aand gebeur het nie hou op om jou eie inteligensie so te adverteer , dat die saak sy loop, loop en gee ons regstelsel n kans om die saak op te los, ek voel jammer vir al die kante veral die betrokkenis die slimmes wat so baie praat gaan gee julle bewyse aan die polisie en hou op slim wees in die media. Daar is dalk nog skuldiges wat rond loop

Dink asb voor twak praat.

Afrikaanse Knaap ·

Dis so hartseer. Niks goeds gebeur na 12 in die dag nie. Niks. Gaan huis toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.