Nóg ʼn verdagte vas ná Joubertina-plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 22-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn 74-jarige boer op ʼn plaas in Joubertina in die Oos-Kaap met ʼn snoekerstok aangerand is.

Maroela Media het vroeër berig twee mans het op 25 Maart 2018 omstreeks 07:00 toegang bekom tot ʼn plaashuis in die Heights-gebied, tussen Kareedouw en Joubertina. Die twee mans het deur ʼn venster toegang tot die huis bekom, maar die 74-jarige inwoner kon hulle verwilder. Die inwoner het omstreeks 08:30 na sy slaapkamer teruggekeer, toe hy met ʼn snoekerstok aangerand is. Een van die verdagtes kon ʼn handsak gryp en het weer deur ʼn venster gevlug.

ʼn 25-jarige man, Carools Tamboer, is ʼn paar dae later in hegtenis geneem. Hy het skuld beken op die aanklagte teen hom en is reeds tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het Woensdagaand omstreeks 22:30, tydens ʼn roetinepatrollie, ʼn verdagte persoon naby die R62 opgemerk. “Verdere ondersoek het daartoe gelei dat die man positief uitgeken is as die tweede verdagte in die huisroof,” het Swart verduidelik. “Die man word ook verbind met ʼn tweede huisbraak wat op 27 Maart 2018 tussen 09:00 en 18:30 by Skilderkrans, Joubertina, plaasgevind het.”

Die man sal na verwagting Vrydag in die Joubertina-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer huisroof, huisbraak en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wonder ·

En so kom die jongmense in die kleingebiede ook agter dat hul net dalk, weg kan kom met misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.