Nog ʼn verdagte vas ná Mooinooi-vroue se verdwyning

ʼn Vierde verdagte is in hegtenis geneem in verband met raaiselagtige verdwyning van Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi in Noordwes.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê die vierde verdagte, Alex Mudau (36), is Vrydag in Majakaneng, tussen Mooinooi en Brits, in hegtenis geneem. Hy het Maandag in die Brits-landdroshof verskyn. Die saak is tot Vrydag uitgestel wanneer hy saam met die ander drie verdagtes gaan verskyn op aanklagte van moord, ontvoering, roof, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en dwarsboming van die gereg.

Die ander drie verdagtes, Aaron Sithole (23), Koos Strydom (53) en ‘n vermoedelike minderjarige verdagte, het reeds verlede Vrydag in die hof verskyn ná hul inhegtenisneming ʼn dag tevore. Persoonlike besittings, waaronder die vroue se bankkaarte, is in die verdagtes se besit gevind. Die saak is tot komende Vrydag uitgestel wanneer die verdagtes na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Joey (32) en Anisha (30) is op 10 Desember omstreeks 07:30 vir die laaste keer in die Mooinooi-omgewing gesien waar hulle saam op ʼn kleinhoewe woon. Joey se pa is onlangs oorlede. Hulle was op pad na Pretoria om sy roudiens by te woon, maar is sedertdien nie weer gesien nie.

Hul uitgebrande Nissan X-Trail-sportnutsvoertuig is Saterdagoggend in die Magaliesburg-omgewing gevind. Daar was egter geen teken van hulle nie.

Wynand van Niekerk (34), Anisha se broer, het die gemeenskap versoek om die familie Vrydagoggend by die Brits-landdroshof by te staan om teen die mans se borgtogaansoek te betoog.

“Ons doen ʼn beroep op elke gemeenskapsforum, leiers van organisasies en individue om saam te span en te help. Ons wil hul borgtogaansoek teenstaan op enige moontlike manier,” het hy gesê.

“Anisha en Joey se storie raak ons samelewing. Daar is baie mense wat jaarliks deur hierdie soort misdade geraak word. Kom ons staan saam vir Joey en Anisha en elke ander slagoffer van misdaad in Suid-Afrika.”

Volgens Talane duur die soektog na die vroue voort. Hy het vroeër beklemtoon hoewel die verdagtes van moord aangekla word, is die vroue se liggame nog nie opgespoor nie.

Enigiemand met meer inligting oor die twee vroue se verdwyning word versoek om ao. Christiaan Robinson by 082 643 6137 of 014 574 5000 te bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ada ·

Jammer as ek ongevoellig klink maar is dit bevestig dat die vroue vermoor is?
Is daar nie dalk ‘n kans dat hulle nog leef nie?
Dis net dat ek wonder of een van die verdagtes dalk gese het dat hulle vermoor is of is dit die polisie wat dit bevestig?
Sou baie graag wil weet. Maar ek hoop regtig dat die 2 pragtige vroue wel lewend gevind kan word. Hoop nie die verdagtes kry borg nie . Dit sal teen my grein gaan.

Blom ·

Ek hoop dat hulle nie iewers aangehou word en verniel word nie.. Hulle is nog jonk en mooi..

Estelle Leeuwner Claassens ·

Hoekom lees mense nie ń berig ordentlik nie????? Stel hul enigsins belang of is dit nuuskierigheid!

Dirkie ·

As hulle praat erken hulle skuld. Die feit dat besittings by hulle gekry het beteken niks. Hulle se net iemand in nood het besittings aan hulle verkoop. Soos gewoonlik Sal hulle nie die persoon ken nie net dat die persoon geld nodig gehad het. Hulle Sal nooit praat nie, slegs as een als erken en een staatsgetuie draai.

Retha ·

Hey. Hul is nog ni gevind ni. Geen teken van hul ni. Ek weet nie hoe dit gebeur dat mense net aan neem hul is dood ni. Sodra hul gevind word sal hul dit oral op di media sit. Ons bid vi hul. Dat hul lewend gewind word!!! En di familie wat so swaar moet stap. Ek meen Hemel…..Joey se familie moet nog rou oof oom Kallie se dood. Nou dit!!! Hoe tragies is ons land ni. Ek is 100% positief dat hul aanvallers NIE BORG SAL KRY NIE!!!

elize ·

ai so hartseer sal die verdagtes nie weet wat het hulle met die vroue gedoen nie..sterkte vir die familie

Sproetjies ·

3 verdagtes inhegtenis geneem en niemand kon nog n woord uit hulle kry nie. Daar is tog seker n manier om die wat gevang is te laat praat. Hulle is in besit van die vroue se eiendom.

Hein ·

Hoe arresteer jy 4 mense kla hulle aan van moord en nie een se vir jou waar is die liggame nie ?
Dis mos nou baie snaaks .

As hulle die vroue se besittings gehad het moet hulle mos iets weet van waar die ligame is of hopelik waar die vrouens lewend is !!

Koos ·

Aanklag van MOORD, nie noodwendig die vroue se moord nie. Dalk is hul dade verbind met die vermoorde Ingenieur wie se motor ‘n paar weke terug in Mooinooi uitgebrand gevind is en wie se liggaam later naby Kloof in Rtb gevind is!!

Blom ·

Ek hoop dat hulle nie iewers aangehou word en verniel word nie.. Hulle is nog jonk en mooi..

Praat ·

Kry hulle dat hulle praat, is dit só moeilik? Moet hulle net nie in ‘n doodskis druk!!!!!!!

Ria ·

Dis al waaraan ek dink…. Joey en Anisha!! Oggend en aand, ek kyk heeltyd of daar nie updates is oor hulle nie. Ek bid dat hulle veilig gevind word, mens besef dat daar baie kon gebeur maar glo hulle lewe. Geen woorde maak die bitter seer en magteloosheid beter nie. Sterkte aan familie en vriende.

Frikkie Geld en huis ·

As iemand in Mooinooi omgewing wegraak, word hy/sy nie maklik gevind nie. Ndlovu is nou al ‘n paar maande soek en steeds geen teken van hom nie.

Tad ·

My hart breek vir die familie staan nog by n oop graf en volgende hoor jy jou kimders is ook weg.Ek wonder net waat is die twer wat het hulle met hulle gedoen .Wat kon so erg gewees het wat een van die verdagtes het tot hulle geken ek kan nie op hou dink wat het van hulle geword nie.Aan gekla van moord maar waar is hulle dan

Beulah Meyer ·

Ek hoop nie die 4 manne word borg toegestaan nie. Wat as die 2 meisies leef en die 4 manne hulle taak gaan voltooi. Solank daar nie lyke is nie is daar hoop.

Johan ·

As die ondersoek beampte sy sout werd is, sal hy enige borg aansoek teenstaan.

Janine ·

Met ons Christusfees om die draai, bid ek vir die twee dames en hulle families Ek bid vir ‘n wonderwerk en glo dat Hy hier in beheer is.

Mariaan ·

Hoekom kry hulle nie die verdagtes aan die praat om te sê waar die vrouens is nie?
Intussen soek hulle vrugteloos voort terwyl daar nie een nie, maar vier verdagtes is wat met die antwoord sit.

Sarie ·

Hulle is vermoor, die kar is uitgebrand, dis logies.die bankkaarte en besittings is by die verdagtes gevind.in SA is jou kans om te leef baie skraal.dooie mense kan nie praat nie. Sterkte vir die naasbestaandes.mag God JHWH julle die vertroosting gee, en krag bo die normale.??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.