Nog ʼn verdagte vas ná moord op PE-ma

Vicki Terblanche (42) se liggaam is Saterdagoggend in vlak graf in ’n oop veld in Greenbushes in Gqeberha gevind. (Foto: Facebook / Lala Fourie)

ʼn 53-jarige man is Woensdagaand in hegtenis geneem in verband met die moord op Vicki Terblanche (42).

“Die man is omstreeks 20:15 by sy huis in Mill Park, Gqeberha (Port Elizabeth), in hegtenis geneem,” het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê. Die verdagte, wat aan Terblanche bekend was, sal binnekort in die hof verskyn.

Intussen sal Reinhardt Leach (33) se borgtogaansoek vanoggend in die Gqeberha-landdroshof aangehoor word. Hy staan tereg op aanklag van moord, sameswering om moord te pleeg, roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ʼn vuurwapen en regsverydeling.

Reinhardt Leach en Vicki Terblanche. (Foto: Facebook/Reinhardt Leach)

Leach was ten tyde van die moord in ʼn verhouding met Terblanche en het saam met haar gewoon. Leach het kort ná die moord self sy vriendin as vermis by die polisiestasie aangemeld. Terblanche het ʼn 12-jarige seun uit ʼn vorige huwelik.

Dylan Cullis (24), wat ook in verband met die moord op Terblanche in hegtenis geneem is, bly intussen in aanhouding. Dit is nie duidelik wanneer sy borgtogaansoek aangehoor sal word nie. Cullis staan op dieselfde aanklagte tereg as Leach.

Die drie mans word van die moord op Terblanche verdink nadat haar liggaam verlede maand in ʼn vlak graf in ʼn oop veld in Greenbushes in Gqeberha gevind is.

Terblanche is vermoedelik bedwelm, gewurg en/of versmoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grassie ·

Die meeste mooi vrouens raak die een of ander tyd in hul lewens in die een of ander moles betrokke. Die ou mense het ‘n spreekwoord gehad hoe om hierdie probleem op te los maar ek dink nie MM sal dit plaas nie. Om enige vrou te vermoor of te mishandel is die laagste vlak tot waar ‘n man kan daal en verdien die swaarste straf wat ‘n hof kan oplê.

Oujongvrou ·

3 groot fris mans om een so klein vroutjie te vermoor. Julle verdien nie om asem te haal nie

Althes ·

Ja ek wonder of hul ñ sieklike sadistiese behae daaruit geskep het? Arme vrou, geen mens verdien om vermoor te word nie.

Niklaas ·

Arme klein vroumensie was dalks ‘n goedgelowige persoon wat almal maklik vertrou het. Laat ons hoop vir regverdigheid.

Annelize ·

Het om 13:00 op Jacaranda FM se nuus gehoor dat Vicki se vervreemde man gisteraand ook gearresteer is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.