Nog ʼn verdagte vas oor ‘Parys-plaasaanvallers’ se dood

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg wat vroeër in die hof verskyn het in verband met die moorde. Foto: Mariné Jacobs

Boeta van der Westhuizen (links), Johan Cilliers sr., Johan Cilliers jr. en Anton Loggenberg wat vroeër in die hof verskyn het in verband met die moorde. Foto: Mariné Jacobs

Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die dood van twee vermeende plaasaanvallers wat verlede maand deur ʼn groep boere in Parys vasgetrek is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn 46-jarige polisiekaptein in verband met die moorde in hegtenis geneem is. Mulaudzi wou egter geen verdere vrae beantwoord of bevestig of die polisiekaptein by die ondersoek na die moorde betrokke was of op die toneel was toe die plaaswerkers deur boere uit die gemeenskap aangekeer is nie.

“Ek kan nou net bevestig dat ʼn polisiekaptein wat by die Parys-polisiestasie gestasioneer is in verband met die moorde in hegtenis geneem is. Ons sal meer inligting kan bekendmaak sodra hy in die hof verskyn het,” het hy gesê. Die verdagte sal vandag in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig dat vier boere, Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, Johan Cilliers sr. en sy seun, Johan Cilliers jr., in hegtenis geneem is vir die moorde op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Tjixa en Jubeba was na bewering op 6 Januarie betrokke by ʼn aanval op ʼn boer in die omgewing.

Die boer het alarm gemaak nadat die twee aanvallers gevlug het en is kort daarna deur ʼn groep boere van die omgewing vasgetrek. Toe die polisie op die toneel aangekom het, was die twee vermeende aanvallers glo erg aangerand. Hulle is deur die polisie na ʼn hospitaal vervoer waar hulle later dood is.

Van der Westhuizen, Loggenberg, Cilliers sr. en Cilliers jr. is twee dae later in verband met die moorde in hegtenis geneem. Hulle het reeds in die hof verskyn op aanklag van moord en is op borgtog vrygelaat.

Mulaudzi het Donderdag gesê die aanklagte teen die vier boere is nie teruggetrek nie. Hulle verskyn weer Vrydag in die hof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Hendrik Mills ·

ANC KILLER REGIME
Bevestig net weer waartoe hulle in staat is. Reeds meer as 600 000 het n geweldsdood gesterf in SA sederd 1994.
Waar is die pers nou.

Dee ·

Waar is die pers nou vra jy? Pers is die kleur van die bestuur van die Universiteit van Stellenbosch.

Jan maak n Plan ·

Stem saam met jou Hendrik. Maar jy moet onthou die pers waaronder Maroela Media ook ingesluit word, is maar baie ruggraatloos. Hulle kon ook nog nooit saam opstaan en gesamentlik die staat aanvat en die wereld die volle waarheid vertel nie, tog te bang vir nr1 en sy maatjies. Ek bedoel daar iets soos vryheid van spraak – ja maar net as jy jou bek hou.

Johan Steyn ·

Ek sien die berig praat van “moord”. Daar is nog geen bewyse van moord gelewer nie, trouens die onbeholpe SAPS het eintlik geen saak teen die 4 mans nie. Geen ooggetuies nie, geen bewyse nie en verder het die 2 terroriste – deel van ‘n groep van 4 terroriste wat ‘n plaasaanval uitgevoer het met die doel om te martel en te moor – gelewe toe hulle deur die SAPS hospitaal toe geneem is.

Laat die media nie die boere wat die terroriste aangekeer het, veroordeel nie. Hulle is nie die kriminele nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Johan

Dankie vir jou navraag. Die polisie het aan ons bevestig die persone staan tereg op aanklag van moord.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Karma ·

@Johan Steyn, juis omdat SA reg bepaal dat ‘n mens ‘onskuldig is tot skuldig bewys’, word die word “moord” in aanhalingstekens geplaas. Het die twee slagoffers bly leef, sou die aanklag dalk by aanranding met die doel om ernstig te beseer gebly het.

Met hul dood is die klag onmiddellik na “moord” verander. Daar is nog nie sprake van bewyse wat gevind is, ooggetuies e.d.m. nie – dié sal aan die lig kom gedurende die aangeklaagdes se verhore. MM berig bloot die feite soos wat dit deur die SAPD aan hulle voorsien is, Johan.

Hierdie geval was baie ongelukkig. Moet my nie misverstaan nie: ek keur geen misdadige optrede goed nie. Dit is net jammer dat die toestand(e) in Afrika veroorsaak dat ons land oorstroom word deur onwettige immigrante, wat dan ontnugter gelaat word met geen werk, huisvesting of kos nie en hul dan na misdaad soos roof en moord wend.

En die boere in sekere van ons land se provinsies het begin paraat raak, hulself bewapen en is reg om wet in eie hande te neem, omdat hulle byna daagliks met hierdie tipe misdaad te doen het en die regering en polisie maar bra lou daaroor staan.

ELSABE ·

Dit is maar 2 van hulle!!!!!!!! Wat van al die 100DE boere wat aangeval en vermoor is????? WAT NOEM ‘N MENS DIE NOU EINTLIK?????

pieter ·

Nog n pers storie.Span solank die osse in die boere sal moet trek.

Adri ·

Nog ‘n bewys dat dit vir ons Boere ‘n ramp sal wees as die doodstraf heringestel word. Wie gaan ter dood veroordeel word? Plaasmoordenaars of Boere wat hulleself verdedig?

Matmiet ·

As n boer het ek simpatie en waardeering vir wat julle gedoen het.

François ·

Ek het nog altyd gesê dis nie moord nie as die verdagtes in die hospitaal oorlede is! Hoe kan daar van moord gepraat word as die polisie ambulanse ontbied het vir beseerdes? Maroela praat nog heeltyd van moord & dan vertel hulle van die dood van die verdagtes in die hospitaal. Wat het gebeur nadat die ambulanse hulle opgelaai het? Waar is enige bewyse & ooggetuies teen die boere? Dit lyk of die waarheid nou sal uitkom! Hoogste na die ergste aanklag teen enige beskuldigde moet mos manslag wees, dan nie?! Landdros Pillay sal agter die waarheid kom. Sy het ‘n goeie getuigskrif!

Paul ·

Nee jong, Francois. Dit maak nie saak waar iemand dood is nadat hy onder fisiese geweld deurgeloop het nie. Of dit nou op die toneel was, in die hospitaal of selfs vyf jaar later, dit bly moord.
Dis ‘n goed-gevestigde regsbeginsel. Selfs as jy iemand teen die kop slaan en eers jare later veroorsaak die skedelbreuk die persoon se dood, sal jy steeds van moord aangekla word.

Willie ·

As ek die berig gewing verlede maand met die hofsaak van die vier beskuldigdes reg kan onthou was daar skares mense buite die hof daardie dag wat die “skuldige” balnke boere wou laat toesluit vir ewig. Nou kom dit uit dat daar ‘n polisie kaptein as verdagte is.
Eintlik jammmer hulle se nie of dit ‘n blank of nie blnk poilisie kaptein is nie…maar ons kan almal dink wat ons wil…
Nou wonder ek net,waar is woedende swart skare nou?? Betoog hulle nou buite die betrokke polisie kantoor?
Small things amuse small minds….
Willie

Jef ·

Boere mag hulself en andere blykbaar nie beskerm nie dis die wet van die ANC.
Ek wens julle boere heel veel sterkte, julle verdien VRYSPRAAK.

Pierre Diederiks ·

My vraag is , as hulle so erg aangerand was , hoekom was hulle in n polisie voertuig vervoer na n hospitaal toe en nie deur n ambulans nie! Volgens wat ek weet mag jy nie n ernstig beseerde persoon in n motor vervoer behalwe n ambulans nie ! Hulle kan die polisie ook strafbaar aankla ,want die persone het nie die nodige mediese sorg gekry soos benodig AS HULLE SO ERNSTIG WAS SOOS BEWEER!

Paul ·

In die artikel staan “plaaswerkers”. Was Tjixa en Jubeba plaaswerkers gewees?
En indien hulle was, waarom is dit relevant?
Indien hulle verwers of prokureurs van beroep was, sou dit relevant gewees het om te noem indien hulle iemand op ‘n plaas gaan aanval het?

DPJ ·

Boere ons volk dink aan julle en bid dat die waarheid gou uit sal kom en julle met jul goeie werk kan voort gaan.

Landsgrense moet weer beheer word

pietie ·

sterkte aan daai 4 boere , hul gesin en familie, en mede boere wat gaan help aankeer het, en dalk onder die soeklig gaan kom. ons was daar van ‘n buurdorp om jul te ondersteun en ons teenwoordigheid was getuie dat ons weet jul was onregmatig in hegtenis geneem. ons hou die media dop, en hof gebeure. weet ons dink aan julle. voorspoed.

m ·

Onthou nou daar gaan ‘n groot storie hiervan gemaak word want dis wittes wat swartes doodgemaak het so hulle sal met elke trick in die boek kom om hierdie mense te laat boet. Dis hoe siek hierdie land is. Ons kan ma net bid vir hierdie mense wat dit gaan nie makliker raak vir hulle nie.

Andre ·

Viky jy kan deur jou ore ook vluit wat niks gaan help nie mens ,sluit by jou plaaslike beskermings eenheid aan so het julle n beter kans teen die moeilike tye wat binne kort gaan kom.Ek praat niemand bang nie en as daar nie so iets by jou is nie dan begin jy een, daar is baie wat sal help

Steve Barns ·

Ek wil weet… hoekom het die ambulans op die pad gewag en nie direk na die toneel gegaan nie… wat was die toestand van die 2 toe hul in die saps voertuig in gelaai is… wat se tipe mediese hulp het die 2 gekry in die staats hosp, ons weet almal watse tipe hulp n mens deesdae in staats hospitale kry..watse tipe behandeling het die twee gekry tussen Parys en die hospitaal en hoe lank het dit gevat van die tud wat hul in die saps voertuig in gesit is en die tyd wat hul by die hosp aangekom het. is die 2 nie gebruik as collateral damage om die boere in n slegte lug te bring nie iaw dood gemaak deur die goed nie… en nog n ding… word “mob justice” gevalle in lokasies ook so benader deur die hawks?? Hoekom wanneer daar n dief of verkragter in n lokasie deur 20+ dood gemaak word hoor jy een keur in die media daarvan en dan nooit weer nie…

Karma ·

Steve, dalk was die plek waar die “moord” dan nou gepleeg is ontoeganglik vir die ambulans. Dalk het die ambulans ure geneem om op te daag (ons weet mos hoe die staatsambulansdienste is), daarom het die SAPD lede inisiatief geneem om die twee ernstig beseerdes in die SAPD voertuig te laai en te ry tot waar die ambulans gewag het.

Watter mediese sorg gekry het, is irrelevant. Feit bly staan, dié 4 ‘boere’ (?) het die twee mans ‘n bietjie rof behandel, wat toe op die ou einde tot hul dood gelei het. ‘n Mens kan seker redeneer dat die SAPD lede ‘n vertragingsaksie kon gevolg het om die blaam op die aangeklaagdes te laat val, want – ja – ons weet dit was ‘n wit-op-swart moord, polities inkorrek en sensasioneel.

Oor “mob justice” in die lokasies: ek weet nie in julle gemeenskap nie, maar by ons word daar voorkomend deur die SAPD opgetree sover dit moontlik en veilig vir SAPD-lede is.

m ·

Sterkte aan daai boere ek dink hulle gaan dit nodig kry. Daar gaan hier beslis geen geregtigheid wees nie en net een kant van die storie sal belangrik geag word.

François ·

Paul, jy is verkeerd! As jy iemand so aanrand dat hy ‘n jaar later eers aan sy beserings beswyk, wil jy dan vir my sê dis moord? Nee meneer, jy is in die tronk vir dit wat beteken jy is toegesluit vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Sou jy die persoon so aanrand dat hy dae of maande later beswyk, dan kan daardie saak deur gaan as manslag met ‘n wakker aankkaer. Moord is wanneer jy die persoon doodeenvoudig doodmaak. Wie het daai twee verdagtes vermoor?

ALEX ·

SAL WIL WEET WIE DIE KAPTEIN IS, BAIE GEHOOR MET DIE LAASTE HOF
SAAK. GOD I IN BEHEER. AMEN

carel ·

Hoeveel van die swartes het boere al dood gemaak maar van dit kom da niks.

François ·

Pierre, as jy die eerste berigte 4weke gelede gelees het, sal jy sien die polisie het ambulanse ontbied om die twee beseerdes hospitaal toe te neem. Die een is Kroonstad toe & die ander een is Parys toe. Daar word nie genoem dat dit polisie voertuie was nie. Met die aankoms by hospitaal was een dood & die ander een is later dood.

François ·

Paul, dis blykbaar plaas werkers gewees wat by oom Loedie se seun gewerk het, die een het gedros na ‘n week & die andereen is na ‘n maand afgedank, volgens oom Loedie se seun op Maroela direk na hulle borgtog gekry het. Wou blykbaar geld gaan haal wat hulle toekom. Waarom met ‘n vuurwapen & dit by oom Loedie?

François ·

STEVE, dis wat ek nog sedet die geval se begin wou weet: Wat het gebeur vandat die sogenaamde verdagtes wat beseerd & lewend opgelaai is tot hulle by hospitaal aangekom het?

Des ·

Karma jy moet seker maak van jou feite. Daar was meer mense betrokke en toe die polisie daar opdaag was die vier nog daar en die polisie het net sommer aan geneem hulle is die skuldiges. Het hulle nie miskien na die twee omgesien totdat die polisie opdaag nie en wie het die polisie ontbied. Was dit nie dalk hulle nie? Jy vind hulle klaar skuldig alhoewel jy nie daar was of enige feite het om dit te bewys nie. Dit lyk my jy hey geen kennis van die wet nie, jy moet kom dat ons die onderwerp kan bespreek en ook sommer deur die wetsboeke kan gaan. Gee vir ons feite en moet nie gis nie.

Pieter ·

Kan hulle nie verder dink as hul neus nie, as die vier beskuldiges skuldig was sou hul nie daar vir die polisie gewag het nie,baie van die ander boere was reeds weg.Die pinokio koppe kan nie so iets verstaan nie.

Elrina Erasmus ·

Julle moet mooi seker maak van jul feite voor jul aantygings maak van moord ens. Gerieflikheidshalwe word die kaptein hierby ingesleep omdat die ware skuldiges te slapgat is om te sè dit was ons

Liewe Heksie ·

EK het julle gese die sap het daai vuilgoed lewindig ontvang Wat het hulle agterna gedoen met die 2

Hennie ·

En weereens is die sogenaamde moord meer nuus as die aanval wat dit begin het. As ek daar was sou ek ook my woede op hulle uitgehaal het. Maar nou is HULLE ewe skielik die slagoffers asof hulle onskuldige bloedjies was.

Oom Boer ·

Dit is jammerlik dat hierdie gebeure so ‘n wending moes neem, maar die waarheid sal seëvier.
As hul dan uitstaande lone wou gaan afhaal, waarom dan nie die polisie genader het om hul te vergesel na die perseel tensy daar dalk by motiewe was. Ons bid vir hierdie boere wat elke dag om oorlewing moet veg en wens hul families alle sterkte toe in hierdie tydperk van vele uitdagings.

matie willemse ·

Dit is tyd dat ons die goed moet skiet, die probleem is die volgende, ons is nie bereid om alles af te staan en te veg nie, ons besit te veel en leef in ‘n gemaksone, hetsy plaas en of in bewoonde gebiede soos dorpe en stede, Indien jy met jou rug teen die muur is dan sal jy veg. Ons besef nie maar hulle gaan so te werk: Doen ‘n plaasaanval en of huisaanval nie in dieselfde distrik agtereenvolgend nie, dit word fyn beplan, guarilla taktiek, die slagoffer word geteiken, die bure sê dankie tog dit was nie ek nie, Skrik wakker blankes, die dorpe word ook geteiken en nie net plase nie. Ek is bereid maar dan soek ek 10000 man. Is jy bereid? Hou op om bang te wees, hulle kom weg met als, rassime, moord, ondersoeke, ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.