Nóg ’n verdagte vas oor rooftog op polisiestasie

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

’n 46-jarige man verskyn Donderdag in die Humansdorp-landdroshof in die Oos-Kaap vir sy beweerde betrokkenheid by die gewapende roof op die Kareedouw-polisiestasie in Augustus vanjaar.

Mpumelelo Magwala is Woensdag in Port Elizabeth deur die Valke vasgetrek nadat hy aanvanklik deur die Motherwell-polisie op 6 Desember in hegtenis geneem en vlugtig in die hof verskyn het vir die onwettige besit van ’n vuurwapen.

Volgens kapt. Anelisa Feni, Oos-Kaapse Valke-woordvoerder, is dié vuurwapen sedertdien geïdentifiseer as een van die vuurwapens wat tydens die rooftog op die Kareedouw-polisiestasie gesteel is.

Dít volg nadat ʼn vrouekonstabel van die Oos-Kaap verlede maand in hegtenis geneem is nadat sy na bewering vroeër vanjaar vier mans gehelp het om ʼn gewapende rooftog op Kareedouw se polisiestasie uit te voer.

Yandiswa Siyasanga Feni (geen verwantskap met kapt. Anelisa Feni nie) het reeds verlede maand in die landdroshof op Kareedouw verskyn op aanklag van sameswering om roof te pleeg en sal na verwagting Donderdag weer in die hof verskyn – dié keer saam met Mogwala in Humansdorp.

Die konstabel is verbind met die rooftog waartydens vier gewapende mans die polisiestasie in die vroeë oggendure van Saterdag 4 Augustus van vuurwapens en ammunisie beroof het, het Feni destyds gesê.

Die verdagtes het die konstabel, wat alleen aan diens was in die kliëntedienssentrum, kwansuis gedreig en toe ontwapen, maar Feni sê dit was na bewering net vir die skyn omdat die konstabel glo deel van die rooftog se beplanning was.

Die konstabel het na bewering geweet wanneer sy alleen in die polisiestasie sou wees en die rowers toe in kennis gestel wanneer hulle kon toeslaan, het Feni destyds gesê.

Die “rowers” het haar geboei voor hulle die brandkluis oopgemaak en twee R5-gewere, vier handgewere, ʼn polisieradio en verskeie rondtes ammunisie geroof het.

Beide Magwala en Feni bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

sus ·

En so byt die planne in die stof …. wat ‘n skande dat ‘n polisielid tot sulke dade oorgaan … niks meer van “dien en beskerm” nie …

Gatvol ·

Ja, dis omdatvdie polisie mense aanstel wat nie daar hoort nie.

My vrou wat n meeatergraad in Bsc het sit al 4jaa sonder werk. Maar die werk het waardeer dit nie.

Sons ·

sus, jy kon dit nie beter gestel het nie…. Ek stem 110% saam met jou. Vir die polisie gaan dit beslis nie meer oor dien en bedien nie.

Marius ·

“Handgeweer”. Ai – nog nooit gehoor van ‘n rewolver of ‘n pistool of hand-karabyn nie. Die enkele handgewere wat bestaan is onprakties en is basies ‘n afgesaagde geweer. Groete uit Australie.

Oud Rhodie ·

MM – moet dit nie dalk “handwapens” soos Z88 en Beretta pistole wees nie ? Die laaste wapens wat naby aan “handgewere” was in die SAPD was die Uzi en Walther submasjiengewere- die is al etlike jare gelede uit diens gestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.