Nog ʼn verdagte vas oor sakeman se lyk in rivier

Die vermoorde sakeman Eric Lyell. Foto: Verskaf

ʼn Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op die sakeman Eric Lyell (68) wie se liggaam in die Vaalrivier gevind is.

Die tweede verdagte is vroeër die week in die Oos-Kaap in hegtenis geneem, het ao. Simon Mofokotsane, woordvoerder van die polisie, bevestig.

Hy het reeds Vrydag saam met die eerste verdagte, Bongani Tau (30), in die landdroshof in Vereeniging verskyn.

Volgens Mofokotsane moet die verdagtes weer op 5 Februarie in die hof verskyn. Die tweede verdagte se naam en ouderdom kon nie onmiddellik deur Mofokotsane verskaf word nie.

Lyell se liggaam is vroeg in Januarie in die Vaalrivier langs die R59 sien dryf en die polisie is ontbied. Hy is na die Sebokeng-hospitaal gebring, waar dr. Clarissa Gerber en haar man, Niël, haar pa se lyk uitgeken het.

Sy selfoon is later nagespeur in Sharpeville en die stokou Volkswagen Jetta waaroor hy baie erg was al het hy weeldemotors besit, by Builders in Vereeniging op pad Vanderbijlpark toe.

Gerber het vroeër gesê Tau se ouma het jare lank by hulle gewoon en hulle help grootmaak. Lyell se ander kinders is George, ook ʼn prokureur, en John, wat oorsee as vlieënier werk.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karlien ·

Regtig?
As dit bewys is dat”niemand van hulle vertrou kan word nie” was alle blankes in SA dood. Dit sou baie maklik vir 57miljoen mense wees om 3.5 miljoen mense uit te wis en ook wêreldwyd nie ‘n rare verskynsel om minderhede TOTAAL te vernietig nie- vra gerus as jy meer feite verlang oor die fenomeen.
Maak gou somme asb en stop dan die snert

Wonder maar net ·

Hulle wil nie kos of onderwys of ordentlike verblyf he nie. Slegs ń stukkie grond waar hulle kan asemhaal.vir Westerlinge is dit nie “lewe” nie. Vir hulle is dit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.