Nog ʼn verdagte vas vir Jayde Panayiotou-moord

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Nog ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met die huurmoord op die Oos-Kaapse onderwyseres, Jayde Panayiotou (29).

Tshepo Ndwalaza, provinsiale woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Maandag aan Maroela Media gesê die verdagte, in sy 30’s, is Sondag by sy ouerhuis in Greenbushes, Port Elizabeth, in hegtenis geneem.

“Verdere ondersoek het bepaal dat die man deur sy selfoon verbind kan word aan die huis waar Jayde in April verlede jaar ontvoer is,” het Ndwalaza gesê.

Die man sal na verwagting Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn as die vierde moordverdagte in die saak. Die ander drie verdagtes is Jayde se man, Christopher Panayiotou, Luthando Siyoni en Sizwezakhe Vumazonke. Panayiotou het na bewering vir Siyoni, ʼn uitsmyter by sy nagklub, betaal om ʼn huurmoordenaar, Vumazonke, te kry om die daad uit te voer.

Die moordverhoor sal na verwagting in Oktober in die hooggeregshof in Port Elizabeth begin.

Lees alle vorige berigte oor Jade Panayiotou op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lance ·

As hy haar deur ‘n toe toiletdeur geskiet het en gehuil het dat hy bang was vir skelms, het hy net 3 jaar gekry. Nou gaan hy lank sit.

NEL ·

Lance, jy moet ingedagte hou dat haar man nie ‘n bekende figuur was en dat daar seker ook nie baie geld is om onder die tafel te stoot nie , so hy gaan dit lank in die tronk moe deurmaak.

Lida ·

Sinnelose kommentaar. Word alle sake nou op Oscar s’n gebasseer. Ai mense kom tog by. Dit is twee heel uiteenlopende sake. Verstaan dit tog.

Lida ·

Hierdie grieke het baie baie geld. Dit gaan nie daaroor nie.

Stem saam ·

Jy weet Lida party mense se inteligensie strek net tot ‘n sekere punt, so die inligting gaan nêrens. Daar is nie eens amper ‘n vergelyking met die sake. Al wat dieselfde is, is die feit dat iemand dood is. Miskien moet ek vir bogenoemde dit stadig skryf: Oscar – erken hy het haar geskiet, sy motief is vermoede van inbreker, skuldig aan moord – hy kon voorsien dat hy die persoon, bedoelende enige persoon agter die deur kon dood( GEEN OPSET- GEEN Vooraf planne). Panayiotou – hy ontken hy het iets met moord te doen, moontlike motief ‘n vrou en minnares (drunk in alles wat dit behels), moontlik vooraf beplan verhoor moet nog begin, sy makkers – Moontlike Uitvoer van moord, motief vinnige geld, moet nog voorkom. Hulle ontken alles. Moontlike beteken hul word verdink, maar is nog nie skuldig bevind. Om die 2 sake met mekaar te vergelyk is om Afrika met ysland te vergelyk. Verder as jy oral op elke berig dit inbring, beteken dit dit oorheers jou denke en lewe, dan is jou wêreld maar klein.

Stem saam ·

Lekker ou drukfout – dit moet lees by Panayiotou (druk in alles wat dit behels)

Lida ·

Dit maak my net so kwaad dat mense nou al die sake met Oscar sn vergelyk. Verstaan hulle dan niks. Ek bly nou liewer stil as om eers met n dwaas te argumenteer

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.