Nóg ʼn verdrinking

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

ʼn Man het op Nuwejaarsdag in ʼn strandmeer in La Mercy, noord van Durban, verdrink.

Maroela Media het vroeër berig minstens vier persone het op Nuwejaarsdag op verskillende strande landswyd verdrink en drie persone word vermis.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na ʼn verdrinking by La Mercy-strandmeer ontbied. “Die man, in sy laat 40’s, het in die strandmeer geswem toe hy onder die water verdwyn het,” het Botha gesê. “Paramedici het later bepaal die man het tot op die bodem van die strandmeter gesink.” Die polisie se soek- en reddingspan is ontbied.

La Mercy is ongeveer 30 km nood van Durban.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.