Nóg ʼn vertraging in baba-porno-saak

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die inhoud van hierdie berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Die saak teen ʼn man van Plettenbergbaai wat twee jaar gelede in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale babapornografie-netwerk, is Vrydag weer vertraag in die Knysna-streekshof.

Die 38-jarige rekenaaringenieur, wie se naam nie bekend gemaak kan word tot hy gepleit het nie, is op 13 Januarie 2015 in hegtenis geneem toe internasionale polisiebeamptes op sy strandhuis toegeslaan het. Die beamptes het na bewering beslag gelê op lêers met duisende foto’s en video’s van gewelddadige aanrandings en internetadresse van meer as 300 ander beweerde pedofiele.

Hy moes in die Knysna-streekshof verskyn ná ʼn reeks kwessies wat die klagstaat betref, maar die saak is tot 7 Februarie uitgestel, omdat hy nie opgedaag het nie. Sy prokureur, Carl Jeppe, het gesê sy kliënt is siek.

Die saak is onlangs byna van die rol geskrap oor kwessies met die klagstaat. Die hof is in Oktober in kennis gestel dat die direkteur van openbare vervolging daarop aangedring het dat die man vir elk van die 179 000 foto’s individueel aangekla moet word en dat elke foto in die klagstaat beskryf moes word. Daar is beraam dat die proses ongeveer drie maande sou duur.

Jeppe het versoek dat die saak van die rol geskrap moet word, aangesien hy van mening is die staat het meer as genoeg tyd om die klagstaat voor te berei. Ondanks sy pogings, is die uitstel egter goedgekeur en die staatsaanklaerspan het só goed gevorder, dat die saak teen 30 November na 27 Januarie uitgestel is.

Die man is die eerste Suid-Afrikaner wat in hegtenis geneem is as deel van Cloud 9, ʼn operasie deur Suid-Afrikaanse en Belgiese polisiebeamptes om ʼn kinderpornografiekring te stuit. Die kring word gekoppel met ʼn ontmoetingsplek op die internet vir pedofiele wat spesifiek fokus op die seksuele mishandeling van babas. Van die foto’s sluit die marteling en moord in van babas wat maar net ʼn paar dae oud is.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Manie ·

Hier loop honderde sulke pedofiele rond omdat ek vir n feit weet die slagoffers hulle nie wil aankla. Dit laat hulle toe om met hulle duiwels streke aan te gaan

gatiep ·

Al wat ek se is daai ouens het baie power in wereld hulle gaan nie maklik aangekla word nie.Daai kringwerk loop groot en wyd meer as wat gewone mens dink.

Cherokee ·

Wat op aarde Gatiep, laat jou dink hulle is nie ook gewone mense nie? Wat is hulle dan?

Namibië ·

Ek het nie woorde nie. Hoe kan mens dit oor jou hart kry om ‘n onskuldige baba dit aan te doen. ????????

Geesie ·

Waar kry hulle die babas en waar is die ouers en waar is die lykies?

LB S ·

Dit kan ‘n Satanistiese kring ook wees. Hulle het hul maniere om babas en lykies te kry. Lees maar daaroor.

LB S ·

Die ou wêreld het BAIE SIEK mense en hulle beweeg tussen ons, jy weet net nie wie nie.

franje van spanje ·

Porn, porn, porn……….
Die wortel van ALLE kwaad.

Christa ·

Ek stem volkome saam! In die begin bevredig pornografie seker hierdie siek gedrogte se drange, maar later is DIT nie eers meer goed genoeg nie en dan wend hulle hulle tot kinderpornografie wat uitloop op kindermishandeling!!! Jy kan nie die duiwel by die voordeur inlaat en dink jy gaan hom net tot jou ingangsportaal kan beperk nie!! HY NEEM DIE HELE HUIS OOR!!

w ·

Hier in die Kkein Karoo ook weer n saak uitgegooi omdat gestremde dogtertjie ni wou noem wie haar gemolesteer het nie. Weereens kom di psigopaat weg met kindermolestering. Gemors

Albert ·

Kom ons kyk of my kommentaar bly. Sou enige persoon weet van n kind wat misbruik word en jy bly stil is jy net so skuldig . Mog jul pedofiele n lang en eensame dood sterf

Kobie Welgemoed ·

So gebruik hierdie siek mense die tegniese punte en kom weg met hierdie siek dade. Die pedofiel word beskerm en ons kry nie die oortreder in die tronk waar hy hoort nie. Ek sou nie eers in Plet gebly het met so skurk in die gemeenskap nie.

posduif ·

GOOI WEG DIE SLEUTEL…… ONSKULDIGE BABA’S HET NIE DAARVOOR GEVRA NIE.

Andrea ·

Hey, moenie so gemors m jond noem nie! Honde is edele wesens!!!

sioux ·

wonder ek ook geesie. verder, is hy n bestuurdervan “pedophiles anonymous” dat hy so gerieflik 300 ander varke se adresse het?

sioux ·

die direkteur van openbare vervolging kan nie ernstig wees nie. weet hy /sy hoeveel is 179 000? as hulle drie maande nodig het om die fotos te beskryf en hom individueelaan te kla, gaan hulle verseker drie dekades nodig hê om 179 000 hofsake af te handel. nee wat kry n ander direkteur.

Ag nee ·

Die mense moet uitgewis word, ek kan nie hoe my hart voel nie, dit voel of die dood our my gekom het. Baie baie sterkte aan die mense wat deur daardie beeld material moet gaan. Ek sou nie die man eers n opsie vir n prokureer gegee het nie. Siek, ek sou hom weier, in my oe het hy geen reg of aanspraak op menslike regte nie. Hy en sy makkers is gemors en gemors moet verwyder word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.