Nóg ’n voertuig dalk oor afgrond by Voëlklip

Voëlklipkrans (Argieffoto: ER24)

Daar word vermoed dat nóg ’n motor oor die berugte afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai gestort het. Nog geen voertuig kon egter in die water opgespoor word nie en gure weer bemoeilik die soektog.

Wrakstukke is wel op die toneel gevind terwyl skade aan plantegroei ook daarop dui dat daar ’n motor by die krans afgestort het. Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê ʼn persoon is intussen as vermis aangemeld, maar die polisie gaan nie daaroor bespiegel nie.

Pojie het Woensdag aan Maroela Media gesê ’n lid van die publiek het die polisie Dinsdag in kennis gestel omtrent ’n motor wat by Voëlklip afgestort het en polisiebeamptes en nooddienswerkers is na die toneel waar ’n soektog van stapel gestuur is.

Die soektog moes egter vroeër vandag weens gure weer tot Donderdag uitgestel word.

“Ons wil nie nog lewens in gevaar stel nie… Nog geen motor kon gevind word nie. Nie eens met laagwater nie,” het Pojie vanmiddag gesê.

Verskeie voertuie het die afgelope paar jaar by Voëlklip oor die afgrond gestort. Dit sluit in dié van Bertus van Niekerk van George wat in September daar dood is.

In April vanjaar het verbygangers ook op ʼn bejaarde egpaar by die Voëlklip-uitkykpunt afgekom waar hulle op ʼn bankie gesit het wat oor die see uitkyk. Albei het skietwonde gehad. Die man is op die toneel dood verklaar en die vrou is na ʼn hospitaal gehaas waar sy ʼn paar dae later aan haar beserings beswyk het.

Jo-Anne Lourens (57) se liggaam is in Maart in die wrak van haar motor gevind nadat dit by die krans afgestort het.

In Februarie is die 33-jarige Conrad Maree dood toe sy bakkie by Voëlklipkrans afgestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

madels ·

Want as so baie mense doodgaan op n plek word dit n boer plek en gebed is nodig sodat daar nie nog lewens geëis kan word daar nie

Hennie ·

Tragies… Wanneer gaan daar versperrings op gesit word sodat mense nie hierdie plek gebruik om selfmoord te pleeg nie?

Hennie ·

Privaat grond is die eenvoudige antwoord. As daar versperrings aangebring word, sal hulle wat hulle eie lewens wil beindig, net n ander plek kry om dit te doen.

JohanR ·

Wat is die aantrekkings krag van die plek om jou eie lewe te neem?

Tannie Sannie ·

Baie mense weet daarvan en dat mense dit daar “suksesvol” gedoen het; dit is maklik om te doen (nie almal wil hulself skiet of ‘n gemors maak nie), dis ‘n mooi natuurlike “begraafplaas”.

Lillian ·

En is daar wragtig nog niks gedoen om die area te beveilig nie? Hoeveel mense moet nog hul lewens daar verloor?

Philip ·

Wat moet gedoen word? Dit is privaatgrond en mense oortree eintlik daar, dit is tog sekerlik onrealisties om te verwag dat grond eienaars hul eiendom nou moet beveilig sodat iemand wat wil selfmoord pleeg dit nie daar kan doen nie.

AH ·

As iemand daarop uit is om sy/haar lewe te neem sal sogenaamde beveiliging van die plek geen verskil maak nie.

Philip ·

Dit is nie ‘n pad per se nie en is op privaatgrond, dit is nie asof dit ‘n openbare pad is wat moet gebruik word en dus beveilig moet word nie, wat daar gebeur is nie ongelukke nie maar mense wat opsetlik daar afry, om dit reguit te stel dit is selfmoord.

Euodia ·

Dit is sooo tragies. Staalversterkings moet opgesit word en gou ook.

Fanie ·

Dit is tragies…..maar verduidelik my een ding – Hoe moelik of duur kan dit nou wees om versperring in plek te sit waar kar nie kan deur nie?

madels ·

Ek wonder of daar nie n hele klomp mense daar eers vermoor en dan oor die rand in hul karre gestoot word nie???

Phillip ·

Nie meer lank nie dan gaan ek ook google map op soek vir daai plek . rente koers , kar versekering, repokoers, kos, Brandstof , Pre-Paid , lewies, Cartrek, . Se laars kom nie by als uit nie ,nog ok met nog n paar verhogings en eks daar op daai Voëlklip . vir enkel persoon . kan tog nie in n kar bly en werk sonder om te bad nie. My naam gaan ook daar verskyn

Vettiemaragartos ·

Jy my liewe vriend moet so dringend moontlik hulp kry. Sterkte vir jou!

AH ·

Gaan praat met iemand asseblief! Dit is nog nie te laat vir jou nie!

Miskruier ·

God is die enigste ” versperring”. Daar is rus by Hom vir die sieke, die bedrukte gees. MATTHÉÜS 11:28-30 en nee dit beteken nie dat daar geen selfdood meer sal wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.