Nóg ʼn vragmotor aan die brand gesteek

‘n Vragmotor in ligte laaie nadat dit Woensdagoggend (4 September 2019) op die N1 in die rigting van Worcester aan die brand gesteek is. (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotor was vroeg vanoggend op die N1 in die rigting van Worcester naby die Rawsonville-weegbrug in ligte laaie nadat dit met ʼn petrolbom bestook is.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê volgens die vragmotorbestuurder is die vragmotor aan die brand gesteek nadat die verdagtes klippe oor die pad gepak en die voertuig so tot stilstand gedwing het. “Daar word beweer drie mans het die vragmotor genader, ʼn vuurwapen op die bestuurder gerig en hom beveel om uit te klim,” sê Africa.

“Hulle het daarna die vragmotor met ʼn petrolbom gegooi. Hulle het in ʼn pers Opel Corsa sonder nommerplate in die rigting van Kaapstad gevlug.”

Die vragmotor het ʼn vrag kruideniersware gehad toe dit aan die brand gesteek is. Die bestuurder is nie beseer nie.

Africa het gesê teen 05:30 het die brandende vragmotor nog die pad versper. Geen voertuig kon dus deurgaan na Worcester nie. Verkeer in die rigting van Kaapstad is nie geraak nie.

Dié voorval volg nadat vragmotors die afgelope paar dae opnuut geteiken en beskadig of selfs aan die brand gesteek word. Twee vragmotors is laat Maandagaand op die N3 in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal aan die brand gesteek. Oor die naweek is ʼn vragmotor ook in die omgewing van Ashburton by Pietermaritzburg aan die brand gesteek en nog een naby Kokstad.

Volgens mediaberigte het verskeie eienaars van vervoerondernemings gesê hul ondernemings staan stil omdat vragmotorbestuurders te bang is om te ry weens dreigemente van geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

John ·

Wat maak ons verkeerspolisie deesdae of wag hulle net vir padmarathonne se overtime. Honderde hang daagliks rond by lisensiekantore. Bang vir werk of wat? Die motto onder ons amptelike wapen, vir diegene wat nog wonder: Een mens een soldaad (dit is ook nie ‘n spies in die prentjie nie, maar ‘n futuristiese bazoeka).

Mossie ·

Daar is tans garage’s in Springs wat nie meer brandstof het nie agv trokke wat nie deurkom nie…

Peanut ·

My vraag is: hoekom word vragmotors nie in konvooi laat ry met weermag begeleiding. As daar moeilikheid kom, skiet die gemors om dood te skiet.
Neem ernstig standpunt in en mens sal sien hoe vinnig spat die goed uitmekaar. Net n paar se dood en als is rustig. Die goed het net balls wanneer hulle in packs beweeg van meer as 2

Petrus ·

Die weermag en polisie het nie voertuie en brandstof nie. Die sakesektor sal dit moet verskaf.

Right said Fred ·

Jou voorstel klink goed op papier, maar is logies gesproke nie uitvoerbaar nie.

jj ·

Dis ongelukkig nie hoe die vervoerbedryf werk nie. Weet jy hoeveel duisende trokke is daagliks op verskillende roetes, verskillende deadlines en rigtings op die pad? Dis ‘n fyn netwerk van beplanning en lewering. As alle trokke dieselfde tyd wegtrek, dieselfde bestemming moet bereik op dieselfde tyd, is dit miskien haalbaar, maar dis nie hoe dit werk nie. Twee trokke van dieselfde maatskappy sal agter mekaar ry, die eerste een word gebom en sy kollega agter hom sien hoe die gedoente afspeel voor hom. Ek is in die vervoerbedryf en beleef dit elke liewe dag.

Petrus ·

Hierdie is abnormale tye en die bedryf sal moet aanpas, al beteken dit laat aflewerings en ontwrigtings vir klante. Die lewe van trokbestuurders kan nie onderhandel word nie. Private sekuriteitsgroepe kan gebruik word vir beskerming, insluitend lugsteun. Die finale verbruiker sal die rekeninge tog betaal. Feit is ons leef nou in ‘n oorlogsone en ons moet aanpas.

Kallie ·

Daar sal eventueel ‘n klokreel ingestel word. Geen mense en voertuie word op paaie toegelaat vanaf 20:00 in die aand tot 05:00 die volgende oggend nie. Trokke en busse word net sekere tye op die pad toegelaat. Die sakesektor en motoriste sal kerm, maar ons kan nie verwag om normaal te lewe in ‘n abnormale omgewing nie.

Eish ·

n Vragmotor wat kos vervoer het. Ons is agter geblewe, ons kry swaar, want ons is meer as
20 jaar terug onderdruk, nou brand, breuk en verniettig ons alles totdat daar niks meer oor
is nie. Dan sal ons beter voel. Ons weet nog net nie hoe ons dan gaan oor leef nie, maar dit is n probleem vir n ander dag.

Jurie ·

Die UN met WFP sal voorsien uit donasies en skenkings, so ons hoef nie om te werk nie net ons handjies bak hou.

MiChan Geldenhuys ·

Hierdie is politieke play om ekonomie te knak… Dis so wyd verspreid oor ons land dat daar geen ander rede kan wees nie…

Pieter ·

Dīt het nie in “apartheid” – Suid-Afrika gebeur nie. Anargie en wetteloosheid, onregeerbaarheid! Polisie is magteloos/willoos om daadwerklik op te tree.

pieter ·

Die arme drywers hoe moet hul konsentreer op di paaie want hul weet nie wie is volgende nie ,kan maklik n ongeluk veroorsaak as konsentrasie nie op pad is nie , hoe voel hul famielies wanneer hul huis verlaat tot hul terug is, elke trok wat brand dans dit belasting geld

AndrewL ·

Afrika bly maar Afrika. Kap en kerm oor ‘n vlag maar brand en plunder en almal is gelukkig.

Werner ·

Gisteraand trokke naby Carolina ook gebrand ek dink nie ons weet hoeveel trokke regtig n dag gebrand word nie

Emma ·

Sal graag wil weet wie agter dit sit, om ons land in die afgrond te brand het die mense nie breins nie ons ekonomie is in sy hel maar verinnerweer als wat hulle hande kan ople.

patricia ·

As die buiteland ophou om donasies te stuur sal julle gou sien wie sit agter alles dit het hulle 25 jaar gevat om die land af te breek hierdie gaan nie oor ras nie dis ongeletterde breinlose bang kriminele wat net in pakke kan beweeg

Eléne ·

Julle vernietig julle eie kos deur die trokke te vernietig‼️

Gerhard ·

En dan vra SA vir die wereld om beleggings te maak in die land. Wie gaan so dom wees?

Danie Theron ·

Dis duidelik die huidige polisiehoof asook sy ministers het GEEN idee om die polisie effektief te bestuur.
Die swaarste straf moet die boewe opgele word. Die gebruik van drones by geidentifiseerde brandpunte( juis iets wat polisie nie doen of kan doen) moet geimplementeer word .
CR word net wakker en verwyder die krummels wat u aanstel. Daar is hordes hoogs bekwame Blanke ex Polisie bevelvoerders op kantlyn wat die werk behoorlik kan doen

Anoniem ·

Die Kaptein van die skip is aan die slaap, dit skip is besig om te sink !

Nel ·

“Society is always in constant revolution, with the ultimate goal being the seizure of political and state power.” a lá die SAKP se Nasionale Demokratiese Revolusie (NDR)…
Hulle is op ‘n missie om die land te destabiliseer, dus brande, rooftogte ens.,ens. en dit gaan nie ophou nie alvorens alles nie vernietig is nie. Die rewolusie het begin.

ano ·

Ek kry die eienaars van die trokke verskriklik jammer! Ek wonder wat kos dit om so ‘n trok te vervang? Die bestuurder van die trok waag sy lewe om vir ONS kos te bring.

Ig ·

Was dit buitelandse goed in die trok? Dit klink of hulle pret het om die trokke so aan te val. Maar Mr Ramaposa sit op sy gat en doen niks daarvan nie absoluut niks!! Dit is mos sy plig om aksie te neem of het ek dit verkeerd.

Namgrl ·

Sjoe, hoe dom kan ‘n mens wees…..vat dan liewers die kruideniersware – ewige hongerlong.

Nietemin, SA, ons treur vir julle – Namibie

jaco ·

Waarom verlaat al die buitelandse drywers nie net SA nie? 99% van hulle is in elk geval onwettig in SA; so SONDER paspoorte, werkspermitte ens

Kallie ·

Jy maak nou ‘n wilde stelling dat 99% onwettig is. Miskien moet iemand in die bedryf jou aanvat.

Petrus ·

Jaco, sal jy onwettige immigrante aanstel om jou trokke ter waarde van miljoene rande te bestuur? Glo nie so nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.