Nog ʼn vragmotor loop deur in Wes-Kaap

Die vragmotor is Saterdag in Lwandle met ‘n petrolbom bestook. Foto: Twitter

ʼn Vragmotor is Saterdag in Lwandle in die Strand met ʼn petrolbom bestook.

Die vragmotor het op die hoek van die N2 en Onverwachtstraat by ʼn verkeerslig stilgehou toe dit geteiken is, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Drie mans het die vragmotor genader en dit met ʼn petrolbom gegooi voor hulle weggehardloop het.”

Die bestuurder en twee passasiers was in die vragmotor ten tyde van die voorval. Volgens Van Wyk het ʼn 32-jarige passasier beserings aan sy gesig opgedoen en is hy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer. Die bestuurder en ander passasier is ongedeerd.

Die polisie ondersoek ʼn saak van kwaadwillige saakbeskadiging.

Saterdag se voorval volg nadat ʼn vragmotor van Gastao’s Quality Foods Woensdagaand met ʼn petrolbom gegooi is.

Dié voorval het op die hoek van die N2 en Broadlandsweg in Somerset-Wes plaasgevind. Volgens die maatskappy het een van die bestuurders sy sleutelbeen gebreek toe hy uit die vragmotor gespring het. Van Wyk het ook die voorval bevestig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Die motief is onverstaanbaar, tensy die motief niks anders is as vandalisme.

Hanna Hoekom ·

Dit blyk dat sekere gemeenskappe net doodeenvoudig niks kan oppas of in stand hou nie. Hierdie gemeenskappe het geen respek vir mens of dier nie. En in n siek land soos Suid-Afrika word misdaad blykbaar nou as die nasionale sport beoefen (en beloon).

Hannetjie ·

Hanna…daar word verwoes en vernietig uit woede omdat daar beloftes deur politici gemaak is en nie dan nie gelewer word nie…dan ‘demand’ hulle weer.Dit is hoe die burgers ‘groot gemaak’ is…so ‘get use to it’..dit gaan nooit verander nie

humor ·

Onsaglike skade. Niks ander as sinlose sabotasie nie. Is dit nie moontlik dat vragmotors met deeglike brandblussers van binne en buite toegerus kan word wat outomaties in werking kom nie.???

Strandloper ·

Ek wil lank in onverstaanbare tale praat en hard en duidelik vloek…

Hanna Hoekom ·

En semi-automatiese vuurwapens om hulself te kan verdedig?!

Stoute Kabouter ·

Dis maar net kwaadwillige saakbeskadiging, nie poging tot moord of rassisme nie. Sommer net stoutigheid, niks ernstig nie. Die ryk eienaar van die vragmotor het mos versekering, hy gaan mos n nuwe een kan koop. En die skuldiges lag vir die regstelsel, want niks gaan met hulle gebeur nie! So hoekom nie more dit weer doen nie?

Sarel ·

As jy wit is en so iets doen – Poging tot moord en moontlik ook nog ekonomiese sabotasie. As jy swart is – Africa sporting.

Toy ·

Raak mense nou totaal en al mal. Wat besiel iemand om die dag op te staan en so iets te gaan doen.

Vonnie ·

Behoort dit nie n saak van pooging tot moord te wees nie? Sal graag wil hoor wat sê die regsmanne. (en vroue). Nie dat dit deesdae n verskil maak nie. Sulke optrede word mos beskou as n heldedaad.

jd ·

Die mense wat voor dans, wat 1ste af breek en plunder is nie een van die Wes Kaap nie. Hulle kom van die Oos Kaap en die buiteland. Maak die grense nog meer CR ons land is een van die dae soos Zim.

DA BO ·

Ja, en die vrou wat gese het hulle gaan met n boks vuurhoudjies hierdie land “liberate” word geloof as die moeder van die nasie.

Emma ·

Hier sal vinnige stok voor gesteek moet word. Dit sal net uitbrei en erger raak. Vang die blikskottels en maak n voorbeeld van hulle. Dit is verregaande soos die mense dink en doen.

Frm ·

Hkm dink ek dit is winkel eienaars (buitelanders) wat hul gebied afpen en die opposisie waarsku om weg te bly daar.

Erika ·

Hoe kan daar n verskil in kom in die land as die soort mense met sulke mentaliteit die Land .net bly afbreek met hulle selfsugtige kriminele aktiwiteite…en weier om verantwoordelik te wees. .en ander blameer..

Johan ·

Wat van poging tot moord in plaas van moedswillige saak beskadiging? Die petrol BOM sê mos alles, of wat? Die drywer en twee passasiers was nog in die voertuig toe die bom die vragmotor tref, die intensie was dus om te brand en te beseer of selfs te dood!

Almarie ·

Hoe lank sal dit aangaan sonder dat iets daaraan gedoen word. Dis niks anders as moord en poging tot moord nie. Waar is ons weermag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.