Nóg ‘n vrou in Noordwes verkrag

mesʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy Saterdagaand glo ʼn 24-jarige vrou in Bethanie in Noordwes verkrag het, terwyl sy van ʼn kroeg af gestap het.

“Die man is Sondag in Tshwaraganang-omgewing in hegtenis geneem,” het kapt. Pelonomi Makau Maandag gesê. “Die vrou het Saterdagaand huis toe gestap nadat sy ʼn kroeg in die omgewing besoek het. Die verdagte haar glo met ʼn mes gedreig en verkrag.”

Die man het daarna van die toneel gevlug, maar is later in hegtenis geneem.

Die man sal na verwagting Maandag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig ʼn man is Sondag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 31-jarige vrou in Waterval-Oos in Noordwes verkrag het nadat hy vir haar ʼn werk in Rustenburg belowe het. Klik hier om meer te lees. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Dis wat my onderkry. Die gewone vrou wat verkrag het kry nie hulp van die ANC vroueliga nie – dis seker nie belangrik genoeg nie. Rondom die tyd toe die Pistorius hofdebakel begin het was daar ‘n berig van ‘n vrou wat, as ek reg onthou, buite Westonaria deur twintig onwettige mynwerkers verkrag is. TWINTG! Die ANC Vroueliga het dit wel veroordeel maar ek het NOOIT gelees dat hul geldelike bystand aan die arme vrou verleen om vir terapie ens te gaan nie – maar vir die Mev Steenkamp (oorlede Me Steenkamp se ma) word allerhadne geldelike hulp verleen – seker omdat hulle oral in koerante en op tv verskyn as die “omgee-groepie” (en sekerlik so ook ‘n paar stemme vir die ANC verseker het met die afgelope verkiesing!!). In bogenoemde en meeste gevalle het die vroueliga lyk my geen meegevoel – dit word klaarblyklik nie gesien as “geweld teenoor vroue” nie, hulle meot maar self regkom. Hoe siek!

Elizabeth ·

Siek! Rondom die tyd toe ‘n hofsaak van ‘n sekere atleet begin het, was daar ‘n berig oor ‘n vrou, as ek dit reg het, wat buite Westonaria deur 20 (TWINTIG) onwettige mynwerkers verkrag is. Die ANC vroueliga het wel die daad veroordeel, maar dis ook al. Daar is nie rondgespring met bordjies en nerens kon mens lees van geldelike hulp wat aan die arme vrou deur die liga gegee is vir terapie ens. Sy is seker nou nie “bekend” genoeg en hoewel die groepie dan nou so teen geweld teen vroue is sien ek nerens dat hulle “gewone” vroue soos hier help nie. Daar is wel geldelike hulp aan ‘n ma van ‘n vermoorde gegee vir reisonkostes ens en ondersteuning word openlik gegee – die wereld moet SIEN hoe die liga dan nou omgee. Waar is hulle vir vroue soos hierdie wat hul hulp en ondersteuning REGTIG nodig het?

Marlene ·

Elizabeth, jy het dit baie goed opgesom. Ek stem 100% saam met jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.