Nóg ʼn vrou op plaasdorpie vermoor

Die onlangse slagoffers wat in Sundra vermoor is.

Die onlangse slagoffers wat in Sundra vermoor is.

Skaars ʼn week nadat Cathy van Coppenhagen in die hospitaal dood is nadat sy in die plaasdorpie Sundra in Mpumalanga op ʼn kleinhoewe aangeval is en in ʼn hondehok vir haar aanvallers moes skuil, is nóg ʼn vrou op dié dorp vermoor.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media bevestig die 46-jarige vrou is omstreeks middernag buite ʼn plaaslike kuierplek aangeval.

“Inligting oor wat presies gebeur het, is nog skaars. Wat ons sover kon vasstel is dat die vrou buite die kuierplek gestap het toe sy deur ʼn rower aangeval is,” het Hlathi gesê.

Die man het glo probeer om haar handsak af te neem en ʼn stoeiery het ontstaan, waartydens sy vermoedelik met ʼn skerp voorwerp gesteek is voordat die man met haar handsak op die vlug geslaan het.

Volgens Hlathi was die vrou nog lewend toe die eerste polisiebeampte op die toneel opgedaag het en kon sy aan die beampte vertel wat gebeur het.

Derek Bester, voorsitter van die plaaslike buurtwag, die Sundra Rietkol Bulldogs, was kort ná die polisiebeampte op die toneel en het dadelik begin om noodhulp op die vrou te pas totdat paramedici by hom oorgeneem het. “Hulle het alles in hul vermoë gedoen om haar lewe te probeer red, maar sy is op die toneel dood,” het hy aan Maroela Media gesê.

Dit is nog nie duidelik of die rower enige medepligtiges gehad het nie. Die verdagte het in die rigting van treinspore gevlug.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die oorledene se naam is aan Maroela Media bekend, maar word weerhou totdat al haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel is. Sy is glo die ma van vier kinders.

Maroela Media het vroeër berig twee gewapende mans het Van Coppenhagen en haar man op die aand van 11 November op hul kleinhoewe oorval en aangehou. Die aanvallers het die egpaar buite die huis ingewag toe hulle hul honde wou gaan uitlaat. Van Coppenhagen is in die tuin in die bolyf geskiet en daar gelaat, waarna die rowers haar man in die huis ingedwing en op waardevolle items aangedring het.

Van Coppenhagen het daarna ʼn paar meter ver in die modder gekruip om skuiling te soek. Haar man is aangerand voordat die verdagtes op die vlug geslaan het. Toe die buurtwag en die polisie omstreeks middernag na die kleinhoewe ontbied is, het hulle haar in ʼn ernstige toestand in die hondehok gevind waar sy geskuil het. Sy het op 16 November in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

Rina Pringle (57), ʼn veiligheidsbeampte van Delmas in Mpumalanga, en haar kollega, Joseph Coombe, is in September tydens ʼn transitorooftog in die dorp met AK47-aanvalsgewere aangeval. Pringle is dood en Coombe het die aanval oorleef.

Dié voorval is voorafgegaan deur die aanval en moord op Johan van Rensburg (62) in Augustus. Met sy laaste asem het Van Rensburg (62) verbete teen ʼn groep aanvallers geveg om sy verloofde, Dina, op sy kleinhoewe, naby die plek waar die Van Coppenhagen-egpaar aangeval is, te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

snoefie ·

vreeslik. innigste simpatie aan kinders en geliefdes. mense wees altyd paraat. moenie alleen op staat loop nie. nie eers uit n kuierplek na jou motor voordat die deur nie.

Liezl ·

Ja en almal gaan tekere oor die doodskis voorval. Dink dis nou afgesaag in verglyking met hoeveel moorde nou al intussen plaasgevind het…elke keer as ek maroela media oopmaak dan is daar nog n moord

Hugo Diedericks ·

Sterkte vir die familie, SA n land waar n lewe niks werd is as jou vel lig is nie, Moet net nie n donker man klap nie dan kom tot die President kuier….so dankbaar ek kon immigreer!

Siek en Sat ·

VERVLAKS…..DIE VERDOMDE IDIOTE …!!!As el my sin kon kry DAN……………..!!!!!!!!!!!!!#####

PMB ·

Waar is die opstokende EFF leier en die regs behepte DA leier nou. Hoop dat daar gaan ook n optog gereel gaan word vir die sinnelose moord. Ek glo nie want dit is mos n wit lewe so dit beteken niks nie!

Dawith ·

Waar Is the daily SUN nou??. Waar is naspers nou?? Jy het dit eerste op Maroela Gelees!
Naspers wees jy vervloek mag jy agter uitgaan en sterf sommer vinning. Jou veraaiers binne jou maag julle ARM en aleen sterf! Dis nou n VLOEK! Naspers is die SPREEK buis vir EEF!

Mel ·

Agge Nee, iewers moet daar ingegryp word, hoe lank gaan daar toegelaat word dat dit aangaan soos wat dit aangaan , ons as blanke mense is nou maar duidelik ‘n teiken, genade man, genoeg is genoeg , sterkte aan haar naasbestaandes ! RIV

AL ·

Absoluut! Politieke magte agter dit en aanhitsing van die politieke leiers. Beplan dat dit lyk soos geisoleerde gevalle.

Se maar net ·

Die doodstraf is lankal terug. Die aandag: jy is wit. Die fonnis: doodstraf op die wreedste manier denkbaar.

Cherokee ·

Wat op aarde is ‘n ‘fonnis’? Praat Afrikaans dan verstaan ons waarvan jy praat.

Willem ·

“n Emmer bloed val om en loop tot in die Kaap…” -Siener van Rensburg voor 1926.Blankes bly blind,kerke smeer heuning om die mond en versoen tot in ewigheid-ergste kom nog.

wilma ·

Nog n lafaard wat n weerlose vrou Vermoor. Vuilgoed. Hoop hy beland ini tronk waar ander gevangenes met hom plan maak op n daaglikse basis

Willem G ·

Ek wonder of Melanie Verwoerd hieroor ‘n treurmare sal skryf soos met die doodskis voorval – sal sy hierdie vermoorde witmense se families ook om verskoning vra?? (Dom vraag Willem. Sit. Hierdie was witmense. Hulle lewens tel nie in die Nuwe SA nie…)

Genoeg ·

Wil nou voorkom of dit dalk ook reeks moordenaar/s kan wees wat losgelaat is in opdrag van rebelle teen wittes. Weereens kan geen verdagte moordenaar/s aangekeer word nie, want die voorvalle gebeur onder die “kombers” van die nag en blykbaar word geen leidrade agter gelaat nie. Sterkte aan die familie en vriende.

Boerseun ·

Ek het 2 van die mense in hierdie skrywe persoonlik geken… Die snaakse ding is dat al 4 die voorvalle nie baie ver van mekaar plaas gevind het nie. Oom Johan se seun het eergister verjaar en dit sal die eerste keer wees sonder sy pa!

Kas ·

Deklerk en almal wat Ja gestem het, julle het baie bloed op julle hande. Die liberale media wat ons teiken, julle sal nog beskaamd op neergekyk word deur die nageslag.

gert ·

Dit sal nie hoofnuus wees op Rapport vandag nie maar die patetiese rugby sal.Alles behalwe die moorde sal hoofnuus wees.

Kaufman ·

Sport is n kragtige instrument om die massas mee te manipuleer. Die Afrikaners het hulle land weggegee vir rugby.

Frik ·

Maroela julle is net so skuldig. Julle rapporteer vrou deur rower. Sê dit SWART rower val vrou aan of SWART rowers val hulpelose mense op plaas aan. Dis tyd dat die media dieselfde standaarde toepas. Ons wil te ordentlik wees. Sê die ras en dan hoekom val SWARTES die WITTES so aan. Dis RASSISME

Acca ·

Kan iemand wat goed is met tegnologie nie so FB blad begin onder enige naam waar mens al die berigte kan plaas nie en dit veral vir sie slapgat DA aanstuur elke keer en vra vir kommentaar maar veral na die buiteland toe stuur en share met fam en vriende oorsee dat die wêreld die werklikheid kan sien.

Thyskotze ·

Ek wil nie kommentaar lewer nie want ek word gesensor ek is te rassistie sies maroela

gert ·

Ja Acca dis n goeie plan. Ek kan dit aan iemand in Duitsland stuur. Daar is dalk mense wat familie of vriende in ander lande het waarna hulle dit kan stuur. Hopelik sal iemand in die Buiteland genoeg info he om dan n verskil te maak. Ek hoop dit kom dan by Trump ook uit. Die Britte voel n veer glo my. Canada kan dalk iets beteken.

ada ·

Ja Maroela moet die nuus op dieselfde manier oordra as die doodskis geval. Se wie was wit en wie was swart. Stel dit BAIE duidelik. Ook die REDE vir die aanval. Mense ons sal self iets moet doen. Niemand sal ons help nie. Hoe gouer die faksies aanmekaar spring hoe beter vir ons .Want dit gaan gebeur. Dit is die ander alternatief. Hulle bakleiery gaan ons redding wees want dan het hulle iemand anders om uit te moor.

chris ·

Referendum vir doodstraf asb. Daar is egter meer skelms as eerlikes so ons sal weer die minderheidsgroep wees. Of wat se ek alles??

LANA bARNARD ·

HOE TRAGIES….HOEVEEL TRANE VLOEI IN ONS LAND……VERMOOR, VERKRAG,BEROOF…EN SO HOU DIT AAN !!!!!!!!!! HERE, U IS DIE GROOT VERTROOSTER,OMVOU ALMAL WAT SEER HET MET U GENADE EN LIEFDE, ONS BID VIR ONS EIE MENSE HERE,GRYP ASSEBLIEF IN EN HELP ONS LAND.AMEN

Helen ·

Ek is so bly ek staan nie in hulle skoene eendag voor ons Skepper nie…… hier is n absolute haat vir wit mense. Maar, wat hierdie mense nie weet of geleer is nie, is dat die Afrikaner nie apartheid na SA toe gebring het nie maar wel die Engelse wie se taal hulle so graag praat. Innige meegevoel vir gemeenskap. Mag Vader ons bewaar …

Sue ·

Ek het menigmale al gevra dat Maroela ons die korrekte info gee. Wit is wit en swart is swart.
Vertel die storie soos dit is. Ons is almal volwasse mense. BRING DIE DOODSTRAF TERUG. WAT SE DIE STATISTIEKE???????????? VOLGENS MY MENING SAL DIE STATISTIEKE DIE ANTWOORD GEE WIE DIE RASISTE IN SA IS!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.