Nog ’n vrouepremier vir Brittanje

Liz Truss (Foto: Adrian DENNIS / AFP)

Liz Truss is ’n kort ruk gelede tot eerste minister van Brittanje verkies.

Die Britse minister van buitelandse sake het haar mededinger, Rishi Sunak, die voormalige minister van finansies, met 81 326 stemme teenoor 60 399 geklop.

Dit maak haar die derde Britse vrouepremier ná Theresa May en Margaret Thatcher.

Altesame 82,6% lede van die Konserwatiewe Party (Tories) het hul stem tydens die interne verkiesing uitgebring.

Truss vervang Boris Johnson wie se bedanking in Julie aangekondig is.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

marius ·

Die ingelse dames het nog altyd die broek in die huis gedra . Dis die waarheid .

Frank ·

Theresa May het bietjie gesukkel om sterk te staan.
Sy’t mos vir die ANC gese: grondgryp is reg, net solank dit wettig is. Nou wil hulle die wet verander…

domheks ·

Net solank haar hare nie soos Boris Johnson sin lyk nie!! Die man se hare was altyd deurmekaar, nes hy!

Hendrik ·

Die meeste groot Engelse stede se bevolking is nie meer van wit afkoms nie. Dit sal seker die laaste wit engelse premier wees vir ‘n langtyd soos die resultaat van instroming vanaf die statebonds lande effek het.

Jannie van Niekerk ·

Uitstekende keuse. Ek voorsien ‘n tweede Margeret Thatcher

VaalDonkie ·

Margaret Thatcher, so baie soos ek van haar gehou het, was die een wat “politiese korrektheid” in die parlement toegelaat het en nie die gevaar raakgesien het nie.

Marthinus W ·

Ek het my bedenkinge gehad oor Ben Wallace, maar Liz Truss is 100 keer meer oorlogsugtig as hy. Onder haar hand voorsien ek nie vrede en vooruitgang vir die Britte nie.

VaalDonkie ·

Ek hoor sy seg haar eerste joppie is om ‘n kabinet sonder “wit mans” saam te stel. Mooi. Dis reg so. Ek ondersteun dit 100%. Want dis mos wat hulle vir ons wou gehad het.

Sandra ·

Sy sal ‘n ystervrou moet wees om die gemors wat Johnson aangevang het, reg te maak. Eerste een is Brexit. Tweede is Engeland se reputasie mbt Ukraine oorligsituasie.

annie ·

Is nog ‘n besoek aan die wêreld se groot orakel in Delphi, Zelenskyy, op hande met geskenke en pledges by dosyne? Al lê Kersfees nog anderkant die bult trek die antie se blink beloftes haar deur die drif. Voorspellings dat haar verblyf kortstondig sal wees, is vollop. Dit wil blyk of Truss se ore toeslaan wanneer haar lippies toe is; glo ‘n onbehandelare kwaal by sulke lyers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.