Nog ʼn Vuwani-skool in vlamme gehul

Polisiebeamptes Dinsdag (9 Aug 2016) buite die Mugoidwa Secondary School in Vuwani, Limpopo. Foto: ANA

Polisiebeamptes Dinsdag (9 Aug 2016) buite die Mugoidwa Secondary School in Vuwani, Limpopo. Foto: ANA

Nóg ʼn skool is Dinsdagaand in Vuwani in Limpopo aan die brand gesteek. Dit is een van minstens 25 skole in die gebied wat vanjaar onder brandstigters deurgeloop het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat vier klaskamers van die Mugoidwa Secondary School heeltemal verwoes is. Niemand is in die brand beseer nie.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het gesê die voorval is “ontmoedigend” en dwing die departement om miljoene te bestee wat hy nie het nie. Hy het gesê die brandstigting doen erge afbreuk aan die vordering wat al gemaak is om vrede in die gebied te herstel.

“Ons gaan seker maak dat ons saam met die gemeenskap werk om die persone wat hierdie goed doen te identifiseer, want dit is nou verby die punt van alle begrip,” het Mhlanga gesê. “Dit het nou op ʼn punt gekom waar ons drastiese stappe sal moet doen om onderrig in die gebied te herstel. Dit gaan oor die toekoms van ons kinders. Hulle is die toekoms van ons land en hierdie vorm van intimidasie kan nie langer geduld word nie.”

Polisiebeamptes Dinsdag (9 Aug 2016) buite die Mugoidwa Secondary School in Vuwani, Limpopo. Foto: ANA

Polisiebeamptes Dinsdag (9 Aug 2016) buite die Mugoidwa Secondary School in Vuwani, Limpopo. Foto: ANA

Die Vuwani-distrik, sowat 170 km noordoos van Polokwane, loop sedert April gereeld onder gewelddadige betogings deur. Die geweld het oorspronklik gespruit uit ʼn besluit deur die munisipale afbakeningsraad (MDB) dat Vuwani voortaan by die nuwe Malamulele-munisipaliteit ingesluit sal word.

Inwoners het verlede week tydens die munisipale verkiesing uit protes tuis gebly of sokker gespeel eerder as om hul stemme uit te bring. Daar is egter na afloop van die verkiesing besluit dat onderrig in die gebied hervat sal word en dat leerders toegelaat sal word om skool te gaan.

Verskeie gemeenskapslede het Dinsdagaand vertel hoe hulle hul kinders voorberei het om vandag terug te keer skool toe, maar dat die jongste voorval die gemeenskap met ʼn gevoel van ongeloof gelaat het. Baie gemeenskapslede is nou onseker of onderrig wel vandag hervat sal word soos daar beplan is.

Otto het gesê ʼn forensiese ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die brand te bevestig. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Theresa B ·

Los hulle sonder ‘n skool en sonder opleiding. Duidelik is hulle die ondankbaarste wesens in hierdie land. Gee eerder vir die armes huise en kos.

Wouter ·

Ek stem, moet dit nie regmaak nie. Laat hulle weer onder bome sit en skool gaan. As daar nog bome oor is want ons breek mos net af en steek alles aan die brand.

KarooKlong ·

Iewerste kan iemand nie somme maak nie. Al kry almal 5 A’s, dit kan mos nie lonend wees nie? Hoeveel breinselle gedeel deur hoe…. ag nee dit klink na algebra. Geniet die dag.

John ·

Hierdie soort woede-uitbarstings gaan orals vlamvat noudat die verkiesing verby is en baie saamryers op die soustrein af moet stap op vervalle stasies sonder taxi-geld na ander weivelde. Groot karre en duur huise en…en… is nou skoonveld. Die regering sal op ‘n ander manier sy ongelukkiges moet probeer vergoed, want woede gaan opbou. En ‘n gewonde buffel is gevaarlik. Loop wakker en slaap lig, ons gaan ‘n moeilike tyd binne.

KP ·

John, ek stem saam ons gaan nog baie, baie swaar kry indien dit ooit gaan regkom. Ons gaan soos die res van Afrika in ellende verval.

Lida ·

Die ANC wil he hulle aanhangers moet ongeskoold wees dan stem hulle vir hulle. Die wat bietjie meer geleerd is het nou besef die DA is die antwoord as mens kyk na die uitslae. Die ANC moet hulle huiswerk doen en probeer vasstel hoekom hierdie dinge gebeur, maar nou-ja Zuma & kie loop soos gewoonlik met oogklappe op.

Jeanne ·

WAAR is die oorsese lande nou? Waar is die MEDIA nou of word hulle aan bande gelê, ek wonder of daar 25 skole in so ‘n kort tydjie aan die brand gesteek is tydens die apartheidsera? Toe was almal up in arms en die hele wereld veroordeel SA se “Afrikaanse” beleid, alhoewel baie van die skole wat gedurende apartheid aan die brand gesteek is, wel moedertaalonderrig en Engels gehad het, dit was net ‘n politieke speelbal dat Afrikaans op die leerlinge afgedwing word. HOEKOM brand hulle nou die skole af? Wie moet dit weer herbou? Hoekom is hulle nou ongelukkig? Daar is GEEN Afrikaans meer in township-skole nie, geen leerling word meer gedwing om daar Afrikaans te neem of enige vak in Afrikaans by te woon nie. WAAR is die oorsese lande nou wat altyd tekere gegaan het oor die apartheidsregering wat mense in goed in dwing wat hulle nie wil doen nie? Nou word 25 skole aan die brand gesteek, ek het nog nie EEN oorsese land hulle mond daaroor hoor rek nie, niemand het die huidige regering gekritiseer of die vandale nie. Daarmee se ek nie die apartheidsregering was reg en goed nie, ek se daar word teen ENIGE regering in opstand gekom, nou meer as ooit, en die ergste is dit is die mense wat vir die regerende party stem wat nou so tekere gaan …

Frederik ·

Jeanne, tydens apartheid was SA deur Europa, UK en die VSA as ‘n eerste wêreld land gesien en daarvolgens gekritiseer. Soos Herman tereg opmerk in sy rubriek: Tans word ons deur ‘n wandelende verleentheid regeer.
SA is nou ‘n derdewêreld land en word so gesien deur die buitewêreld. Daarom gee hul nie meer om wie wat hier sê nie. SA is nou weer deel van Afrika.

Nita ·

Dit het Zimbabwe 40 jaar geneem om hul land totaal uit te roei. Suid-Afrikaners wil alles verniet he en as hulle nie hulle sin kry nie, brand hulle en verwoes hulle alles. Ek voorspel teen 2034 gaan ons in dieselfde posisie wees as Zimbabwe. Met een groot verskil, ons gaan geen ryk bure he, waarheen ons kan stroom om onsself te gaan help nie.

Lance ·

NOG n skool …wie in die wereld brand sy eie kind se toekoms !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.