Nóg ʼn waarskuwing vir Malema oor plan vir ‘dag van grondgrype’

Julius Malema. Argieffoto: Getrude Makhafola/ANA

Julius Malema. Argieffoto: Getrude Makhafola/ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het nóg ʼn waarskuwing gekry ná sy uitsprake en voorgestelde plan om op 6 April vanjaar grond landswyd te beset.

“Die sakeregtewaghond AfriSake se boodskap aan Malema is hard en duidelik: Tree buite die wet op en julle sal met die harde kant van die gereg verwyder word,” het Stefan Pieterse, AfriSake se woordvoerder, Woensdag gesê.

Malema het sy ondersteuners Maandag aangemoedig om op 6 April (voorheen Van Riebeeckdag) onbesette grond landswyd te beset.

“Op 6 April sal alle takke van die EFF aan die grondbesettingstryd deelneem. Hierdie aksie onderstreep die dringende behoefte in die land om die grondkwessie op te los deur grondonteiening sonder vergoeding vir gelyke herverdeling,” het Malema gesê.”

AfriSake het in 2016 honderde EFF-ondersteuners in veral Noordwes en Gauteng van eiendom laat verwyder omdat die EFF beloftes maak wat nie deur die Grondwet gesteun word nie. “Ons gun almal die reg op eiendom en daarom moet die eiendomsreg van ander ook gerespekteer word,” het Pieterse gesê.

Hy het gesê AfriSake sal die hooggeregshof op 7 Maart vanjaar nader om ʼn interdik te kry om Malema te verbied om sy ondersteuners en EFF-lede aan te moedig om eiendom te beset. “Ons sal intussen voortgaan om in te gryp waar nodig, soos met die onlangse Modimolle-grondgrype. EFF, julle moet weet dat ons julle van private grond sal verwyder en julle verantwoordelik sal hou vir skadevergoeding sowel as die koste om julle van besette eiendom te laat verwyder,” het hy bygevoeg.

Die VF Plus het Dinsdag ook ʼn waarskuwing aan Malema gerig en gesê hy speel met vuur.

“Suid-Afrika is ʼn grondwetlike demokrasie waar private grondbesit beskerm word en enige ontneming of onteiening daarvan sal moet plaasvind binne die wetlike raamwerk wat daarvoor gestel is. Indien daar met geweld opgetree gaan word om grond te beset, moet die EFF en sy ondersteuners daarvan kennis neem dat grondeienaars ook geweld sal gebruik om hul eiendom te beskerm,” het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Groenewald het gesê sou sulke konflikte ontstaan, sal die EFF die volle verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar en die VF Plus sal Malema persoonlik aanspreeklik hou vir die gevolge wat daaruit mag voortspruit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Piet ·

Malema het al geleer wanneer hy so tekere gaan, sal die president beaam dat almal grond moet kry. Wat Zuma insinueer is dat hy nie met die grondwet saamstem nie, want dis net nog ‘n erfstuk van apartheid. Malema is slinks en besef dat die mense hom sal sien as die ou van aksie, wat nie net praat maar niks doen nie. Malema beoog om blankes op te sweep want konflik beteken automaties stemme vir hom. Moet egter nie so vinnig val vir dit nie. Hy moet weer sy fokus na die regering verskuif, dan kan hulle hulleself maar uitmoor. Intussen beveilig jouself so goed jy kan.

AL ·

Kla hom aan vir binnelandse terorrisme dat hy in sy spore gestop word en kyk hoe die zuma regering daarop reageer. Malema moet gearresteer word. Indien regering niks wil doen kan ons hul aankla by strafhof en VN. Die ANC en EFF speel met groot kanonne. Trump sal ook nie dit duld met 600 amerikaanse besighede

Ilse ·

Want hy verstaan nie, hy is nog ‘n kind en nat agter die ore maar hy moet aangaan sy paksla is baie naby. Hy is ‘n dwaas want hy gaan self nie betrokke wees by die aksie nie want hy is ‘n bang gat.

IR ·

Hy is 36 op 3 Maart – wanneer is mens nie meer ‘n kind nie?

Ja IR ·

Wanneer jy nie meer optree soos een nie. Lyk my jy is genooi vir jy verjaardag. Lekker smul aan daai groen en rooi roomkoek van PnP.

IR ·

Lyk my jy het nog nie mooi volwasse geword om sulke belaglike kommentaar te lewer nie. Kinders tree nie so op nie, kommuniste en diktators wel.

Nita ·

Ja en as al die plase nou deur die onproduktiewe sqatters ingeneem is, sal hulle hulself en die res van Suid-Afrika, kan voer? Het die genie Malema dit al bedink? Ek wens hy wil gesinsbeplanning met dieselfde vuur beywer. Dit is waar die bevolking se redding le.

Jocobus ·

Haat is n lelike ding en hierdie man haat met passie. Hy is egter bietjie jonk om te besef wat grond eienaars in die land kan en sal doen. Hierdie is Zim nie boetie.
Christelike beginsels bestaan nie by hom en sy kaders nie; asook nie by ons regering nie.

AL ·

Hy het Zanu PF ook verkeerd opgevryf deur te se oupa mugabe moet tuig neerle. Gaan kyk na News 24 se berigte hoe hul hom verkleineer.

JC ·

Dankie jacobus. Die Here God is met ons, en ons sal oorwin in SY naam teen ENIGE aggressors! Generaal Beyers: ons moet sorg dat ons aan die regte kant is”, wat ons is.
Enige aggressie en geweld sal met dieselfde doepa teengegaan word!!!!!
Ek se eintlik dankie aan die mannetjie; want wat hy eintlik onbewus besig is om te verwesenlik en bewerkstellig is Afrikaner nasionalisme en trots. So baie dankie ou malematjie. Ons is reg vir jou!!

Carel ·

Hou net in gedagte dat Malema dit gladnie verstaan nie. Al hierdie vreemde goed: wette, vervolging, grond wat eienaars het, skadevergoeding en dies meer.

Matmiet ·

Bring dit boetie. Kom beset my land en volmaak dit wat oom Siener gesien het. Kom pellie. Ek wag.

peanut ·

Voorstel: hou op om kos te verskaf aan die massas en aan die groot winkelgroepe, gaan terug na plaasmarkte, vars produkte markte en die klein ‘hoek kafee’ konsep van jare terug, en maak alle grond waarop nie nie kan verbou om net net in hierdie vraag te voorsien, aan die regering beskikbaar om te koop. Sorg dat jy jou aanbod laag hou, en n geskrewe ontvangs van die regeringskantore byderhand, vir wanneer die pawpaw die ‘fan ‘ tref op 6 April.

Want sien, as jy net genoeg verbou om aan jou gekose mark te voorsien, bogger die res. Laat hulle self sien en kom klaar. Sorg net dat jy alles oes, implemente in jou skure, vee in die kraal en geliefdes in die huis het, voor daai dag aanbreek, want as die massas honger raak, gaan hulle eers baklei.

Vergeet van ‘erfporsies en erfplase’ vir jou kinders laat, hulle sal waarskynlik nie eers wil boer nie, en graf toe kan jy niks vat nie

Paw paw ·

Ek stem saam met jou maar die boere gaan nie saamstem nie, die boere gaan soos ons almal seker maar solank as moontlik VASKLOU om hulle eiendomme te beskerm, plase te beskerm, vir hulle kinders en kleinkinders agter te laat en die maksimum uit uitvoere/verkope te kry. Ek dink nie ‘ons’ is al daar om net op markte te verkoop nie, alhoewel ek ook dink dit die toekoms is …. En ek stem saam met jou. Boere moet eintlik nou saamstaan en in ‘n spesifieke gedeelte gaan boer om hulle inkomste te behou en kos te produseer en werk te hê, maar soos ‘n vriend van my gese het, al die boere wil ‘n tuisland he, solank dit net op SY grond is .. en dis nie soos dit werk nie.

Johanna Botha ·

Die man soek n reaksie waarmee hy kan verder gaan ….moet dit asb nie gee nie mens val so in sy lokval …net wat hy wil he. Wees rustig soos die Nylstoom man …hy gaan ver kom want die wet is aan sy kant nou.

JC ·

Dankie VF plus en Afrisake vir alles!! Hy is gewaarsku, en sal die gevolge dra.
Hy moet onthou, ons boere is nie die aggressors nie en daar is nie sprake van ‘n grondbesettings “STRYD” van sy geledere af nie. Die stryd SAL JUIS JUIS WEES om ONS BOERE (AFRIKANERS) SE GROND!! In die oe van die wereld sal hy en sy rooi oorpakke die aggressors wees en nie ons nie, SO PROBEER GERUS!!
Ek beskou VF plus en Afrisake se waarskuwings as ultimatums, en indien hy voortgaan met aggressie, sal hy aggressie en geweld ter beskerming van ons grond 10voudig terugkry!!

Piet ·

Maroela media, watse nuwe storie is dit dat julle elke keer sy gesig moet opsit? Dis hoekom ek weg is by news 24, ek gaan maar maroela media uninstall

George ·

Tyd dat ons boere mense in hierdie land ‘n nasionale dag van gebed bystaan. Net God alleen kan ons red van hierdie man se planne.

Hansie my kneg ·

DA,waarom is julle so stil?Speel julle dalk in die selfde span? Stemme vir die 2019 verkiesing?

AL ·

Die DA sal nie hul nou laat insleep in mondgevegte nie. Hul sal nie toelaat dat hier wanorde uitbars nie en sal stilletjies agter skerms werk. Dalk is ek verkeerd maar ek twyfel

Klippie ·

Jy is ongelukkig verkeerd, hulle gaan niks voor of agter die skerms doen nie, hulle gaan laat die EFF die Boere aanvat …en op ‘n afstand sit en fotos neem en Facebook posts gooi en Tweets skryf.

Alida ·

Die DA leier is ‘n opgevoede man met geleerdheid. Hy basuin dit net nie uit nie. Hy sal doen wat reg is op die regte tyd. Mnr Maimane sal nie in ‘n bekgeveg betrokke raak met ‘n mal man nie.

vermeende ·

En so was Hitler, Mandela en de klerk. Geleerdheid is nie n waarborg tot wysheid nie.

annie ·

Lyk my julle kan nie verstaan nie die KIo het die reg op South Afrika hulle was eerste hier julle kom van bo Africa af nou wil julle aanspraak man ag asb gaan vra julle skool geld terug

miv ·

Ilze, hy is nie meer ‘n kind nie, moenie vir hom verskoning soek nie. Hy is ‘n getroude man met kinders. Carel, Malema is nie dom nie. Hy weet van al die dinge waarvan jy melding maak en klink my, waarvan jy hom wil verontskuldig. Mens hoef nie ‘n regsgeleerde te wees om te weet wat is reg en wat is verkeerd nie. Ons leer dit uit die Woord van God Drie-Enig en van kleins af van ons ouers en verskeie gesagsfigure op ons lewenspad. Malema haat wit mense en gronbesetting is sy manier om ‘n magsbasis op te bou deur onvaste volgelinge te trek deur valse beloftes te maak. Hy blaas rassehaat aan en skep ongunstige omstandighede wat tot ‘n burgeroorlog kan lei.

Schalk ·

Die DA is afwesig na die munisipale verkiesing , plaasmoorde , rassistiese uitsprake. So ek is maar seker hulle sal nie die EFF aanspreek nie

Sirkus sonder einde ·

Malema gaan soos gewoonlik sy gat daaraan afvee en die massas behoorlik opsweep vir 6 April. Verslaaf aan kontroversie en magsvertoon voor die ongeletterdes. Lights, camera, action…

hannes marais ·

hier gaan niks van kom nie..ek bedoel die uitsprake van vf+ of afrisake nie..

STAAN BY ·

Praat met jou vriend, boer en dorpsjapie. 6 april is dalk ‘n datum wat ons ligtelik opvat,,,,,,kom ons wees net voorbereid, en alles doen ons binne die wet, tussen ons sal ons eie manne se humeure daai dag in toom hou, as daar ‘n besetting wil plaasvind sal ons in ons getalle opdaag en net ons teenwoordigheid wys… hul net aankyk, niks sê geen, tekens wys en kyk of die wetstoepassers hul werk doen,,,,kyk om jou kyk wie van jou distrik is daar, die wat nie daar is nie, moenie hulp vra as hul grond by hom beset nie, die wat daar is daai dag kom ons kyk dan na mekaar. AS buur dorpe hulp nodig het,,,, wees verseker ons distrik se manne sal daar wees,,,,, soos gewoonlik nie baie nie maar ons sal kom help. Kalm,,, rustig,,,, maar piraat. GEEN WHATS APPS, ONS HET MOS NOU GEER FOTOS, OF VIDEOS DAAI DAG, EN KRY VIR JOU ‘N BALAKLAWE. Ons het nie lus vir moeilikheid nie.

Fritz ·

STAAN BY jys n yster. Dis wat ek wil hoor. Hoe maak ons kontak?

wilma ·

Ou malema is n windbol. Lafaard. Die dommes moet sy vuilwerk doen.

Rynhardt ·

Ek vind dit verstommend dat talle blankes nog steeds nie kan sien wat aangaan in SA m.b.t. grond nie.Onlangse verjaarsdagviering het die Anc dit uitgespel, selfs die liberale dagblad, Die Burger het gese:”Ons (die Anc) gaan die plase vat”.Die DA het tjoepstil gebly.In 2013 het Zille in groot advertensies verskyn wat in Rapport geplaas was, sy ondersteun grondonteiening! Moenie dit glo nie blankes, jul aanbid die DA! In 2015 het die DA leier, Maimane gese:”We use the Freedom Charter as basis for our party”.Dit beteken hul ondersteun grondonteiening en tegstelkende aksie! Moenie glo wat ek se nie blankes, DA gaan na jul kyk.Anc gebruik EFF om proses van onteiening aan te help.Howe gaan heeltemal magteloos word soos Zimbabwe.Het al die boere hul grond teruggekry in Zim?? Die probleem in SA is, talle blankes leef in ontkenning.Hulle sien jou as n minderheid en wil alkes he!!

Johannes van Staden ·

Die media maak die man wat hy is …hy sal verdwyn as hy nie dekking kry nie

Theresa ·

6 April. Van Riebeeck dag. Gits die man met die vertrekte gesig is mal daaroor om regtig moeilikheid te stook. Hordes hang aan sy lippe en sal beslis doen wat hy so opswiepend skreeu en beduie. Seker maar dié datum gekies omdat hy vies is vir die 3 skepe wat toe aan wal gekom het. So besig met verlede dat hy heeltemal vergeet om ‘n ordentlike toekoms te skep. Swak leier. Uitstekende opstoker.

FW en Roelfie ·

EN so het ou FW gese hy het GEKEER dat ‘n burgeroorlog in die land uitbreek .. hy MOES die land aan die ANC oorhandig sonder om ‘n skoot te skiet want kamstig wou hy ‘n burgeroorlog verhoed. Ten minste het ons toe nog ‘n kans gehad met ‘n weermag en polisie wat opgelei was en geweet het hoe om landsveiligheid te handhaaf. Vliegtuie het nog brandstof gehad en ook die polisie-voertuie. Nou gaan hulle saam klipgooi en dans en beset, so FW en Roelf, is julle vliegtuigkaartjies al bespreek? Ons kan net julle blameer vir wat nou aan die kom is .. julle het NIKS verhoed nie, julle het help afbreek.

Regtig? ·

Ek verstom my dat hierdie argument altyd opkom. Dat soveel konserwatiewes of wat jy hulle ookal wil noem altyd teruggaan en dié wat “JA” gestem het blameer. Dink julle regtig vir een oomblik dat ons paar blankes nog sou geleef het? Dink julle REGTIG dat daar nie ‘n burgeroorlog sou plaasgevind het nie? Enige iemand wat dink dat apartheid nou nog sou kon seëvier het klappe op hulle oë. Ek glo nie die moeilikheid wat ons vandag in die land het (en ja, daar is moeilikheid) is eers een persent van die moeilikheid wat ons sou gehad het as FW en Roelfie nie gedoen het wat hulle gedoen het nie. Word wakker.

Rynhardt ·

Daar het n engelse boek oor Frikkie (FW) De Klerk uitgekom.Frikkie bespreek daarin dat hy wil nou n gelyke balans vind.Waar was Frikkie die afgelope 23jaar?? Beslis nie in SA nie!

Winston ·

STAAN BY. * Jou plan is die beste. Hierdie uitlatings word gemaak om die boere die skuldiges te maak, vir groter gebeure. Malema soek konflik op n groot skaal en word stilswyend ondersteun deur die regering wat onbevoeg bewys is. Ook ander partye keur dit goed deur stilswye. Wees paraat. Wees voorbereid. Staan vas

Ek Wonder ·

Paar woordjies aan IR – en sommer almal wat DIE siening ondersteun – as jou velkleur wit is, IR, Malema gaan jou glad nie spaar nie – jou fraai woordjies aan hom en van hom gaan geen verskil maak nie, omdat jy sy verjaarsdag datum ken en selfs sy ouderdom, maak nie van jou Malema se gunsteling nie !! Ek weet nie watter nasionaliteit jy is nie – indien jy dan Wit is, – JAMMER vir jou, maar jou oë is gesluit vir die waarheid – en jy moet maar agter jou kyk, Malema kom vir jou. Indien jy soos Malema lyk, dis goed so, maar onthou die tyd gaan uitloop – niemand gaan agteroor sit en Malema en sy gevolg net goedsmoed laat vat en steel nie. !! EN almal wat verwys na bek gevegte, ai mense dit is NIE bekgevegte nie, … as daar ‘n verskil in mening is, mag jy mos jou opinie lig – jy mag die persoon inlig en redes gee hoekom jy van hom/haar verskil – en jy mag vra waar die ANDER politieke leiers is, by wie skaar hulle, hulle self ? Hoekom nie net ‘n woord of twee van wat hulle van Malema se fraaie woorde dink nie ?? Ons is mense wat gewerk !! het vir wat ons het, — ons het nie gesteel nie !! En ‘n mens beskerm mos dit wat jy op ‘n EERLIKE manier van God ontvang het. Ons is trots op wie ons is.

humor ·

Ons wag. Daar is genoeg tyd dat onse regering tydig n waarskuwing teen hierdie onwettige onteiening van grond gaan uitreik. Dit is mos sekerlik primer hul verantwoordelikheid.

vermeende ·

En soos gewoonlik gaan die SAPD op die kantlyn staan en die saak net vyn dophou of bitter hard werk om die blankes onder beheer te hou.

Vermeende ·

Malema moet nie onderskat word nie, hy is die enigste politieke leier wat nog altyd presies gedoen het wat hy gese het hy gaan doen.

Vir die DA koor, Onthou asb om 6 April julle blou T-hempies aan te trek sodat julle gespaar kan word van die werklikheid.

jaco ·

Wat gaan n klein groepie wit mense se waarskuwings nou help? al hierdie waarskuwings skep net n algemene indruk by EFF en ANC gesinde swartes dat ALLE wit mense nie van hulle hou nie en reaksionêr is. Uiteindelik tree hulle dan selfs van owerheidsweë af op teen ALLE wit mense. En moenie dink dit kan nie hier gebeur nie. Die beskaafde Duitsers het dit met 6 miljoen Jode gedoen. Wit mense in SA is nader aan 4 miljoen… Moet ook nie dink hulle sal ons uitlos omdat ons belastinggeld vir hulle belangrik is nie, want as dit wel so was, so daar nie regstellende aksie gewees het nie. die doel van regstellende aksie is juis om wit mense op groot skaal werkloos te maak.

Gerhard Swanepoel ·

Grond wat deur boere ge koop is en met bloedsweet ontwikkel is gaan nie sommer gevat word nie. Mense wat grond wil roof moet besef dat rowers deesdae doodgeskiet word. Boere gaan nie terugsit nie maar gaan defnitief terugveg en my voorspelling is dat mense doodgeskiet gaan word. Malema moet mooi dink oor wat die gevolge gaan wees vir sy aanhitsing om grond te roof en hy moet volle verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. Vogens my is dit nie grond besetting nie maar grond roof.

Terence ·

Vryemarkstigting – Free Market Foundation – Khaya Lam Projek

Pine ·

Wat is die man se opleidings kwalifikasies ….weet iemand dalk?

Balldrick ·

Hulle moet probeer om grond by my te kom vat. Ek wag vir ulle met ‘n smile op my gesig….

Riaan ·

Beveilig en bewapen julself mense. Grondbesetting sal nie in vrede gedoen word nie! Ons moet nou begin voorberei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.