Nóg ’n wag in transitorooftog ernstig gewond

Die pasiënt word Donderdagoggend in ‘n ambulans gelaai. (Foto: ER24)

’n Sekerheidswag is in ’n kritieke toestand nadat hy Donderdagoggend gedurende ’n transitorooftog in die kop geskiet is.

Die voorval het op die N3 naby die Leondaleweg-afrit in Spruitview, Ekurhuleni, plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê in ’n verklaring paramedici het omstreeks 08:10 met hul aankoms op die toneel ’n transitovoertuig langs die pad aangetref. Die sekerheidswag het enkele meter van die voertuig gelê.

Volgens Meiring het die man ’n skietwond aan sy kop opgedoen.

Die man is kort daarna in ’n kritieke toestand per helikopter na ’n private hospitaal gehaas.

Die toepaslike owerhede was vanoggend op die toneel. Dit is nie bekend óf en hoeveel geld gesteel is nie.

Dit volg enkele dae nadat ’n sekerheidswag kritiek gewond is in ’n transitovoorval in Kemptonpark. Maroela Media het vroeër berig dié sekerheidswag is gedurende die voorval op Modderfonteinweg in die gesig geskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marius ·

Die land waar mense banger is vir die lewe as die dood . Dis die waarheid.

Leonie ·

Wanneer gaan dit stop. Maandagaand was dit by ons op die R25/P91 tussen Bontebok en Oranjerivier. Geklink soos oorlog en die mense is gladnie bang nie. 15 Uit 2 voertuie geklim en baie casual gestap na die cash in transit van toe (ons area het video footage vir media gegee). Ook ongelukkig een wag in die gesig geskiet wat ge-airlift was Milpark toe. Polisie helikopter het vir ure na hulle gesoek want party het per voet gevlug. Die ouens weet presies wat hulle doen. Sal my nie verbaas as dit polisie en weermag is nie want hulle weet weet presies hoe om met daai AK’s te skiet. Cash in transit firmas gaan beter planne moet maak of kyk wie binne in hulle firmas inligting uitlek of by die kliënt waar hulle gaan optel. Hoe ken hulle die roetes so goed. Hoop vandag se arme guard gaan ok wees. Dis tyd dat sekere eenhede by EMPD ook aanvalsgewere kry want ‘n 9mm doen niks teen ‘n AK nie.

Santjie ·

WAAR kry hulle die plofstof vandaan?? Sterkte vir die wag en sy familie.

Vriendelike Frikkie ·

Diesel, kunsmis en ‘n paar leë toiletrolle plus ‘n bietjie vernuf. Vrylik beskikbaar by jou naaste Builder’s.

Magda ·

Daar meot meer PAD patrollies gedoen word – laat almal wat so le en niks doen in Polisie stasies hulle boude lig en PAD patrollies doen 24uur n dag – dan sal sulke dinge met die tyd afneem. Polisie is USELESS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.