Nóg ʼn walvis strand in Kaapse Skiereiland

Die boggelrugwalvis wat by Kommetjie in Kaapstad gestrand het Foto: @ivanker, Twitter

Die boggelrugwalvis wat by Kommetjie in Kaapstad gestrand het Foto: @ivanker, Twitter

Nóg ʼn boggelrugwalviskarkas het op ʼn strand aan die Kaapse Skiereiland uitgespoel.

Die stad Kaapstad het branderplankryers Vrydag gewaarsku om uit die see naby Kommetjie weg te bly, waar die 9 meter walviskarkas gestrand het.

“Die stad is bewus van die situasie en ons het wetstoepassers en ʼn persoon wat op die uitkyk is vir haaie, ontplooi,” het Priya Reddy, woordvoerder van die stad, gesê. “Ons het branderplankryers ook gewaarsku om nie naby die karkas branderplank te ry nie, weens verhoogde haai-aktiwiteit. Dit is nie ʼn strand waar persone gewoonlik swem nie. Die karkas sal van Saterdag af verwyder word.”

Maroela Media het vroeër berig ʼn karkas van ʼn 25 ton vroulike boggelrugwalvis is Donderdag van Strand verwyder nadat sy vroeër die week gestrand het.

Volgens Reddy moet swemmers in die omgewing steeds paraat bly, aangesien daar steeds bloed in die water kan wees wat haaie lok.

Lees alle vorige berigte oor die walvisse op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.