Nóg ’n week van beurtkrag lê voor

Eskom waarsku dat betogings die kans op verdere beurtkrag verhoog. (Foto: Maroela Media)

Eskom sê dit sal ’n paar weke neem vir die kragopwekkingstelsel om te herstel tot op die vlak waar dit voor die stakings was. Dít beteken dat beurtkrag die komende week weer implementeer sal moet word, met fase 6‑beurtkrag wat vanaf Maandagmiddag 16:00 weer sal geld.

Fase 4 geld tans en sal tot middernag duur voordat fase 2‑beurtkrag sal inskop. Fase 2 geld dan tot Maandag 05:00 voordat dit weer na fase 4 sal oorskakel. Fase 4 sal tot Maandag 16:00 geïmplementeer word voordat fase 6 inskop en tot 22:00 duur.

Fase 4 geld dan weer tot middernag.

Fase 2 beurtkrag sal geïmplementeer word tot Dinsdag 05:00 voordat dit sal oorskakel na fase 4. Fase 4‑beurtkrag sal Dinsdag vanaf 05:00 tot 16:00 geïmplementeer word. Fase 5 sal Dinsdag van 16:00 tot 22:00 geld voordat fase 4 tot middernag sal duur.

Eskom staan in dié stadium minstens 3 384 MW af aan beplande instandhouding, terwyl hy sonder ʼn bykomende 18 319 MW moet klaarkom weens onbeplande onderbrekings.

“Eskom wil lede van die publiek opnuut daaraan herinner dat beurtkrag slegs ingestel word as ʼn laaste uitweg om die nasionale kragnetwerk te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Keelvol ·

Dit raak nou uiters belaglik. . Die staking ontwrig ons almal se lewens. Al wat eskom kan sê is….. o, ek’s jammer maar dit gaan nog weke vat voordat die krag toevoer weer herstel sal word. Snert man!!!!

Henri ·

Dank die stakers se voorbokke af. As hulle die kragopwekkingseenhede kom afbrand uit weerwraak, kan die hele land sien wie is die werklike gevaar in ons samelewing. Staatskaping is ‘n klein briesie in vergelyking tot die storm van die werkersunies. Hulle optrede laat my dink aan waarteen ons gewaarsku is as kinders, jy maak nie broek los waar jy eet nie. Die unies doen dit, en meer…

Grassie ·

Ek glo nie die kragprobleem gaan ooit regkom solank die ANC aan bewind is nie. Hulle het die afgelope 26 jaar alles wat hulle moes oppas onherstelbaar vernietig, waarom sal Eskom nou ‘n uitsondering wees? Wat ook vir my onverstaanbaar is, is dat werkers so knaend staak in ‘n land waar die werkloosheidsyfer oor die 40% is. Hulle behoort liewer dankbar te wees dat hulle ‘n werk het en nie in ‘n plakkerskamp sit en krepeer nie.

henndrik ·

Hoeveel keer gaan ons nbog gyselaar gehou word – Die wat gestaak het sonder toestemming moet voor die voet afgedank word en die wat ander intimideer het en skade aangerig het moet vervolg word want ten minste sal die verbruikers sien daar word iets gedoen om die pad vorentoe beter te maak. Ek voel ook die aantal ure wat “loadsahedding” toegepas word MOET teen die personeel tel, hulle behoort te bewys hulle verdien hulle salaris

JJB ·

Eskom het skynbaar’n kriminele netwerk geword wat nou en dan ook krag opwek… Voor die ooglopende kwessies soos Eskom se rasbehepte aankoopbeleid en die vinnige en permanente verwydering van kriminele elemente en oortollige personeel nie aangespreek word nie, sal dinge teen die huidige trant bly agteruitgaan.

Cathy ·

Kan iemand dalk onder die betogers se aandag bring dat hoe langer hulle staak, hoe langer gaan hulle wag op ‘n verhoging. Die land het nooit sulke gedrag toegelaat of geken voor demokrasie nie. Van 1994 af het alle infrastrukture in die land agteruit gegaan.
Die werkers behoort hul sterre te dank dat hulle ‘n werk het en inkomste kry. As hulle nie WIL werk nie, stel dan mense aan wat WIL en LEER tog asb die mense HOE om dinge REG te doen. Daar is geen kwaliteit beheer nie en geen reperkussies vir swak werk nie. Dissipline bestaan nie meer nie.
Gaan ESKOM almal se elektroniese toestelle wat breek agv die onderbrekings betaal, bv nuwe yskaste, TV’ s, wasmasjiene ens? Hulle hou nie eers by hul eie skedules nie en dan gaan die krag af voor ons tyd het om self al ons toestelle af te sit, plus hulle sit die krag op piek tye wanneer mense op pad is werk toe of huis toe wat mense se petrolverbruik die hoogtes in jaag! Dit het als ‘n “knock on” effek en ons mense sukkel alreeds so!

Owlie ·

Hopelik lees Eskom se hoogs betaalde top bestuur aspok die regering se nog hoër betaalde siele al die kommentaar PRIVATISEER ESKOM AAN ONAFHANKLIKE BESIGHEDE
Stakings raak nou al bietjie af gesaag, die HELE ESKOM VS STAKINGS VS LOADSHEDDING is net n rookwolk/diversion vir al die regering se bedrog, leuns, staats kaping en kom ons noem dit sommer men’s kaping ook Kom nou Solidariteit sover was julle die enigstes wat teen al die nonsens kon opstaan – kom DA waar is al jul beloftes nou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.