Nog ʼn Welkom-vrou vermis

Caren Bezuidenhout

ʼn Vrou van Welkom in die Vrystaat word vermis nadat sy haar kind Maandag by die skool afgelaai het.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, het gesê Caren Bezuidenhout het omstreeks 06:55 Maandag vir haar man, Daniël Stephanus, gesê dat sy hul kind by die skool gaan aflaai. Haar man het verder geslaap, omstreeks 09:30 wakker geword en besef sy vrou is nog nie tuis nie.

Volgens Thakeng het Bezuidenhout se man in die motorhuis gaan kyk en gesien hul rooi Toyota-bakkie is nie daar nie. Hy het ʼn opsporingsmaatskappy laat weet wat hom ingelig het dat die bakkie by die Harmony-vulstasie in Virginia staan.

“Hy is ingelig dat die bakkie omstreeks 07:41 by die vulstasie ingery het. Mnr. Bezuidenhout het na die vulstasie gery waar hy die bakkie gevind het met een van die vensters op ʼn skrefie oop en die sleutels nog binne-in die bakkie.”

Thakeng het gesê daar was egter geen teken van Caren nie. “Hy het ʼn stuk draad gebruik om die bakkie oop te maak en toe daarmee gery om hul kind by die skool te gaan haal.”

Volgens Thakeng het Bezuidenhout talle kere met sy vrou kontak op haar selfoon probeer maak, maar sonder welslae. Hy het sy skoonma ingelig en sy kon ondanks talle pogings ook nie haar dogter in die hande kry nie. Bezuidenhout het sy vrou by die Welkom-polisiestasie as vermis aangemeld.

Enigiemand met inligting oor waar Caren Bezuidenhout haar moontlik kan bevind, word versoek om kapt. Yolanda Hulme by 057 391 6012 of 082 372 0423 te bel.

Bezuidenhout se verdwyning volg nadat Charmaine Botha (42) Woensdag buite haar werkplek in Welkom ontvoer is. Luidens berigte het die ontvoerders twee goudstawe van haar man, Johnny, wat by ʼn goudaanleg werk, geëis.

Botha is ongedeerd vrygelaat nadat daar glo ʼn losprys betaal is. Nege verdagtes is Vrydag in verband met die voorval in hegtenis geneem vir ontvoering en die diefstal van ongesmede edelmetaal.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Theresa ·

@willie ek dink ook nou dieselfde ding…. daar is altyd cctv by vulstasies….

Ek sal Onwelkom voel in Welkom ·

Wat gaan aan in Welkom???

Mag die dame spoedig en ongedeerd gevind word.

Gesiggie ·

Ek stem, dalk kan hul op die kameras sien wat gebeur het? sy kon nie net verdwyn… en sekerlik moes daar ook van die mense wat daar gewerk het iets gesien het? kon die ander ontvoerders ook deel wees van Caren se verdwyning. Ek Bid vir haar veiligheid en dat sy gou gevind sal word.

LD ·

Waarom nie vra om die kameras terug te speel nie….? As dit ek was sou ek daarop aangedring het! Sterkte vir die familie en ek bid dat die dame sommer gou en veilig opgespoor word!

Neels ·

n Slang in die gras jy gaan vat die bakkie sonder dat die polisie teenwoordig is en vinniger afdrukke geneem is. Dit is mos n misdaad toneel of droom ek

Roos ·

Neels, dinge klink vir my ook nie reg nie! As ek nie betyds tuis is nie, gaan my man eers begin rond bel na my vriende, my ma, en en en, voordat hy daaraan dink om die opsporingsmaatskappy te bel

jakes ·

Die storie klink ietwat vreemd. Dit klink asof die vrou nie onder dwang daar weg is nie. Of is daar nog goudstawe ter sprake?

Annelize ·

Soos al die vorige kere wat ek gese het, “Ek ruik rot” vra ek by voorbaat onverskoning as ek verkeerd is (en ek was nog nie een keer verkeerd nie), maar mense, weereens ruik ek ‘n rot…

Chris ·

Neels en Annelise ek stem saam sekere ding eruim nie . Hoop ons is verkeerd. Die misdaad is hoog in die land, maar net so gesins geweld. Ek vertrou die speurders sal n goeie en deurtastende ondersoek doen en n spoedige arrestasie doen. So hartseer en spanningsvolke tyd vir die naasbestaandes kan net se sterkte

honourable member ·

Klink of hier n sindikaat besig is in Welkom. Die maklikste is om daai kameras by die vulstasie na te gaan vir antwoorde. (Dis nou as dit in werkende toestand is). Sterkte aan die familie.

sky ·

Hy het vulstasie toe gery, die bakkie opgemaak en toe met die bakkie gery om die kinders by die skool te gaan haal.. die ander kar daar gelos nou? Vreemd..

Iets is fout in Welkom………………

Asjas ·

Vreemd ne? Ek sou die kar vir haar daar los ingeval sy dit nodig het en solank skool toe ry met my eie kar …

George ·

Die sleutels in die bakkie en dan met ‘n draad oopgemaak?

Helene Heyns ·

Ja, die persoon kon uitgeklim het, die sleutels in die bakkie gelos het en die toesluitknoppie ingedruk het en die deur toegemaak het. Dan het jy iets soos n draad nodig om dit oop te maak

Anoniem ·

Iets verseker nie reg nie. Het n paar Face Book inskrywings gesien. En daar is verseker n slang in die gras. Dink dat daar nog baie dinge gaan uitkom. Hoop en vertrou dat die face book inskrywings gotiwelik geplaas is media kan soms dinge verspry wat nie altyd heeltemal korek is nie. Maar waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie.

Anoniem ·

Ek dink mens moet nie alles glo op FB en sosiale media nie. Storie altyd 2 kante. Maar daar is verseker meer agter die storie. Ek verneem dat hulle paar mense ingedoen het. Maar ek hoop dat dit nie erinstig is nie. En dat hulle ook nie die ding beplan het nie. Ek verneem hulle het kinders en geen kind verdien om sulke trama te ervaar nie. Ek hoop die vrou word veilig terug besorg. en dat reg en geregtigheid geskied.

Johann Holtzhausen ·

Ek wonder ook hoekom die broodwinner so laat slaap.

JSO ·

Scam? Mense moet bietjie die verskil leer tussen “scam” en “hoax”. Nogal beduidende verskil in betekenis.

Bespiegeling ·

Genade ek hoop dis net ‘n “scam” en dat die vrou nie iewers in ‘n vlak graf lê nie. Miskien het die onlangse ontvoering iemand idees gegee hoe om van sekere “probleme” ontslae te raak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.