Nóg ʼn wending in Parys-boere-saak

Van links is Boeta van der Westhuizen, Anton Loggenberg, kapt. Henk Prinsloo, Cor Loggenberg, Loedie van der Westhuizen en Miela Janse van Vuuren tydens ‘n vorige verskyning in die hof. Foto: Mariné Lourens

Nadat die sogenaamde Parys-boere-moordsaak vroeër vandeesweek onverwags vertraag is, het die saak Vrydagoggend nóg ʼn skielike wending geneem.

Anton Loggenberg (50), Cor Loggenberg (20), Boeta van der Westhuizen (46), kapt. Henk Prinsloo (47), Loedie van der Westhuizen (19) en Miela Janse van Vuuren (23) word aangekla van die moord op Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Die verhoor is van 2 tot 26 Mei op die hofrol geplaas en was die afgelope vier weke in Parys aan die gang.

Vrydagoggend het adv. Hans de Bruin, ʼn lid van die verdediging se regspan, hom onverwags aan die saak onttrek. De Bruin het sy redes hiervoor aan regter Corné van Zyl agter geslote deure verskaf en die redes is nie in die hof openbaar gemaak nie. Die staat het De Bruin se onttrekking aanvaar.

Die verdediging het daarna aansoek gedoen dat die verhoor uitgestel word, maar die staat het hierdie aansoek teengestaan. De Bruin was vroeër vandeesweek nog besig om Fanie Oosthuizen (44), ʼn plaasvoorman van die Parys-omgewing en ʼn artikel 204-getuie, te kruisondervra. Die verhoor is egter onverwags onderbreek nadat die staat ʼn aansoek ingedien het om te versoek dat Anton Loggenberg se borgtog teruggetrek word.

Hierdie aansoek is Donderdag in die landdroshof aangehoor waar landdros Jan Claassen dit van die hand gewys het. Die staat het beweer Loggenberg het sy borgtogvoorwaardes verbreek deur met een van die staat se getuies kontak te maak en het boonop gedreig dat hy al die artikel 204-getuies sal doodmaak. Claassen het egter gesê die staat se saak is op hoorsê-getuienis geskoei en daar is geen geloofwaardige bewyse dat Loggenberg wel sy borgtogvoorwaardes verbreek het nie.

Oosthuizen se kruisondervraging is Donderdag voortgesit, maar is nie Vrydag, weens De Bruin se onttrekking aan die saak, afgehandel nie. Regter Van Zyl het beslis dat Oosthuizen se kruisondervraging op 10 en 11 Augustus afgehandel sal word. Die res van die verhoor sal van 6 tot 24 November aangehoor word.

Die staat beweer die ses beskuldigdes was deel van ʼn groep wat Tjixa en Jubeba op 6 Januarie 2016 op die plaas Swartklip, buite Parys, aangekeer en só erg aangerand het dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Die beskuldigdes het skuld op al die aanklagte teen hulle ontken.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

*Inligting in berig met vergunning van OFM.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wonder ·

Nou wonder ek hoekom die man sou ontrek. Moet tog iets ernstigs wees. Ek weet nie hoe dit werk nie maar kan dit wees dat hy regtig gedink het hulle is onskuldig toe hy die saak vat maar soos dinge nou ontvou dalk besef dis nie die geval nie?

Cherokee ·

Jy is besig met wilde raaiskote. Onaanvaarbare raaiskote want my gevolgtrekking is gewoonlik dat verdedigingsamptenare nie komkommer of hul kliënte skuldig is nie maar of hulle betaal gaan word en of hulle dalk onskuld sal kan bewys of verminderde varantwoordelikheid sal kan bewerk. So, jy vat ‘n wilde en onaanvaarbare raaiskoot. Ag tog, dink vir jouself, verdedig advokate net mense van wie hulle seker is, onskuldig is? Van wanneer af? Ek wonder, wonder, of jy weet wat aangaan en of jy in sprokieswêreld leef.
My eie opinie, wat ek nie sou uitspreek indien hierdie gesprek nie plaasgevind het nie, is dat daar miskien finansiële oortuigings is. Of andersins persoonlike kennis van die betrokke.

Ai ·

Sjoe, klink of jy dit baie persoonlik vat. Familie van jou?

Natuurlik weet ek dat advokate nie net mense verdedig wat hulle weet onskuldig is nie, dink JY rerig dat alle advokate nie gewetes het nie? Het jy informasie wat ons nie het dat jy 100 persent seker is dat ek verkeerd is?

Ek het dit tog duidelik gemaak dat ek nie seker is nie en net n klip in die bos gooi.

Cherokee ·

Ó, so jý is toe die een wat wegkruip agter verskillende name en dìt omdat jy raaiskote waag waarvoor jyself skaam is.

Poppie ·

Sjoooeeeweeeeeeeeee… dis baie vreemd ne’? Beteken dit ons moet wag tot November om verder op hoogte te wees?

Bert ·

Ek sien hulle sit nog steeds en smile. Ek vertrou nie iemand wat heeltyd smile nie.

Alet ·

Niemand smile heeltyd nie. Die saak is al 18 maande aan die gang. Liewe hemel moet hulle nou elke dag begrafnisgesigte hê? Miskien moet jy na n hofsaak gaan waar die moordenaars van n boer heeltyd na die familie kyk en hulle openlik uitlag. Dit het ek en ander joernaliste al baie gesien.

A ·

Ek vertrou nie een van hulle nie… veral Anton… ek oordeel nie, maar dit KLINK of hy die grootste een is agter alles… (wonder maar net)

Reti ·

Kén jy die mense A? Is dit vir jou om te vetrou of nie? Vertrou jy die plaasaanvallers? Baie van húlle word deur aangevalde mense vertrou tot hulle slagoffers word van die vertroude mense.

Cherokee ·

A, jy vertrou nie een nie, maar oordeel nie en (wonder maar net). Lees jouself, dan sal jy Reti se geregverdigde kommentaar verstaan.

Anoniem ·

Hou op bespiegel. Julle almal se bespiegelings is verkeerd. Daar is goeie rede vir die wending in die saak. Hou net die saak mooi dop, julle sal nog die waarheid hoor.

MoelA ·

Wat is die waarheid? Het Anton die plaasaanvallers ingesluk?

Vic ·

Nou wonder ek net – was daar al weer moeilikheid op n plaas naby Parys na hierdie sakie?

Hennie ·

As die verdediging se regspan onttrek se dit alles van hulle kliente se gedrag. Hierdie klomp aangeklaagdes is nie engeltjies nie.

Anoniem ·

Dit het NIKS met die kliënte te doen nie. Dit is persoonlik redes van die advokaat. Gaan geensins oor die saak noe.

Nannie ·

Anoniem, hoe sal jy nou weet? Is jy persoonlik betrokke by die saak?

SARIE VAN HEERDEN ·

Dis nie ongewoon dat regsmense hul soms ontrek van ‘n saak nie. Meeste van ons
Maroela leserskommentators het geen regsagtergrond nie en al sou hoeveel opinies uitspreek weet ons nie wat die uitkoms sal wees nie want regsmense beskou en beoordeel dit in totaal ander lig as ons . En die aanmerking dat die mense nog altyd sit en “smile” gesef seker nie dat hierdie ‘n argieffoto van hulle is nie
Kom ons wag en sien.

Alet ·

Ek is Volksblad se joernalis in die verhoor. Daar is niks agter die onttrekking behalwe adv De Bruin se persoonlike redes nie. Die ses beskuldigdes het aan hom n pragtige gegraveerde houtkis met n geskenk in gegee. Daar was trane in n hele paar van die groot manne se oë. Julle wat so gis soek iets waar daar niks is nie. Onthou De Bruin is 80 jaar oud.

N Lourens ·

Hierdie vraag is met vorige beriggewing geopper nl: wat is ñ “sogenaamde Parys boere moordsaak” ?

Flippie ·

Ek dink die artikel 204 getuies is die eintlik skuldiges.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.