Die Barberton Makhonjwa-Bergreeks in Mpumalanga is as Suid-Afrika se tiende Wêrelderfenisgebied verklaar.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor toerisme het dit Maandag verwelkom. Dít maak Suid-Afrika die Afrika-land met die meeste wêrelderfenisgebiede.
Lusizo Sharon Makhubele-Machele, voorsitter van die komitee, het gesê hulle is uit hul nate dat die Makhonjwa-bergreeks aan al vier die kriteria voldoen het wat vir natuurlike gebiede vereis word.
Die gebied bevat oortreffende natuurverskynsels en gebiede met uitsonderlike natuurskoon. Daar is ook uitstekende voorbeelde van die vernaamste stadiums van die wêreld se geskiedenis, en dis ʼn uitstekende voorbeeld van beduidende deurlopende ekologiese en biologiese prosesse in evolusie asook die ontwikkeling van land-en-see-gemeenskappe van plante en diere. Dit bevat ook die mees belangrike natuurlike habitatte vir die bewaring van biologiese diversiteit.
Dié erfenisgebied beslaan 40% van die Barberton-groensteengordel, een van die wêreld se oudste geologiese strukture. Dit verteenwoordig van die bes bewaarde vulkaniese en sedimentêre gesteentes.
“Ons woon in ʼn land wat oortrek is met natuurlike skoonheid, of dit nou berge, strande of woude is, en dít maak Suid-Afrika aantreklik vir oorsese toeriste én inwoners,” het Makhubele-Mashele gesê.
Die ander Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika is:
- Die Wieg van die Mensdom
- Mapungubwe- kulturele landskap
- Richtersveld- kulturele en botaniese landstreek
- Robbeneiland
- Die !Khomani- kulturele landskap
- Kaapse fynbosstreek
- iSimangaliso-vleilandpark
- Vredefortkoepel
- Maloti-Drakensbergpark
Net ‘n kwessie van tyd voor die ANC ook dit vernietig, op die stadium is nog net die berge en dale nie vernietig nie.
Nóg ‘n manier om grond uit die hande van privaat mense en privaat maatskappye te hou. Dit gebeur wêreld-wyd waar groot gebiede die status van “Wêrelderfenisgebied” kry.
Natuurlik kan ons dit nie sê van museums en ander gedenkwaardighede wat stelselmatig met die tand van die tyd geplunder word.
Ek sien Robben-eiland is ook op die lys.
Kan enige natuurkenner asb help om dit te verduidelik? Of was dit ‘n politieke besluit?
Nope Johan, dit het niks met die natuur tedoen nie. Kulturele waarde word ook oorweeg om oor so n gebied te besluit. Verskeie lande motiveer n aansoek en dan word daar n “wenner” geselekteer. SA het nie self daaroor besluit nie.