Nog ʼn wildtuin-veldwagter vas vir stropery

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Argieffoto Foto: viechfisch, Pixabay

Nog ʼn veldwagter van die Krugerwildtuin is Dinsdag op ʼn aanklag van renosterstropery in hegtenis geneem.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê Abednigo Manzini (32) is by die Skukuza-kamp in die wildtuin vasgetrek. Sy inhegtenisneming hou verband met die aanklagte teen nog twee veldwagters, Sibusiso Mahlawule (26) en Enous Mabunda (44), wat Saterdag in hegtenis geneem is.

Manzini se saak is by die ander twee verdagtes se saak gevoeg en al drie het Woensdag in die Skukuza-landdroshof op aanklagte van renosterstropery verskyn. “Die saak is tot 8 Julie uitgestel wanneer hulle in die Bosbokrand-landdroshof sal verskyn vir ʼn formele borgtogaansoek. Hulle bly tot dan in aanhouding,” het Sekgotodi gesê.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het vroeër gesê daar is in die eerste vier maande van vanjaar reeds 363 renosters in Suid-Afrika gestroop, waarvan 232 renosters in die Krugerwildtuin vir hul horings doodgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anti-Haas ·

Stem saam met jou Gerd.
Hulle het nou die basiese opleiding geslaag……..

Pops ·

Dit kan net van binne af kom. HOE weet mense van buite waar die renosters is, die veldwagters is die beste persone om daardie inligting te he. Wys jou net, jy kan NIEMAND vertrou nie!!! Sies!!!

Esmay ·

Dank hulle almal af. Ons wit kinders staan in toue om werk te soek !!!

Kloekie ·

Nog n swak plek in die wildtuin is die piekniekplekke- daar kan renosterhorings maklik geberg en versprei word . Ek is seker al die afleweringstrokke wat verversings aanry word nie deursoek

tammy ·

Hierdie mense is n vernedering vir SANPARKE! Ek is op hierdie dag in die wildtuin en moet erken dat van die kampe die vuilste is wat ek in jare beleef het. Die mense wat hier werk is eintlik saam met ons op vakansie. Wil nie eers praat van hoe hulle met voertuie die park vol rondjaag nie, terwyl ons by die reels hou. Ja en dan nog diere stroop ook. Sies dis n skreiende skande.

Renoster-liefhebber ·

Hemel tog, wat volgende???? Gee hulle lewenslank en gee vir ons kinders werk, wat a.g.v. “regstellende aksie” op die kantlyn moet sit en wag!!!

Theresa ·

Hoop dit haal ook internasionale nuus, sodat mense kan sien wie doen wat. Iemand op in sy uniform dit nie in hom het om alles van sy werk te eer en te respekteer nie, moet summier afgedank word en nie weer in daardie bedryf funksioneer nie. Beslis ook nooit weer in ‘n vertrouensposisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.