Nóg ʼn winkelsentrum in Kaapstad beroof

Argieffoto

Argieffoto

Nog ʼn winkelsentrum is Dinsdagoggend in Kaapstad beroof.

“ʼn Onbekende aantal verdagtes het die sentrum beroof en in ʼn swart Ford Meteor en ʼn wit Hyundai i10 gevlug,” het kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, gesê.

“Inligting oor die voorval is nog skaars. Geen beserings is aangemeld nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Winkelsentrums in Gauteng loop sedert Julie onder gewapende rooftogte deur waar ʼn groep gewapende verdagtes veral op selfoonwinkels in die sentrums toegeslaan het. In Kaapstad is Canal Walk, Tygervallei en Zevenwacht die afgelope paar maande geteiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Maar hoe is dit moontlik dat die ouens net aanmekaar wegkom? Ek sou dink elke Mall het hope ekstra sekuriteit en veral nou met die feesseisoen op hande maar wraggies, hierdie spul kom weg met moord!

Nadia Verster ·

Kan julle asb meer inligting verskaf – bv. watter winkelsentrum??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.