Nóg ʼn Woolworths-produk herroep weens listeriose-kommer

Die gevriesde gegeurde rysmengsel-produk is herroep.

Woolworths SA het nóg een van sy produkte herroep nadat dit aan die lig gekom het dat die verskaffer van die produk ʼn moontlike bron van Listeria is.

ʼn Fabriek in Hongarye, die Greenyard-Fabriek, het al die gevriesde groente-produkte by een van sy aanlegte herroep weens moontlik besmetting met Listeria. Dié fabriek verskaf suikermielies aan Woolworths wat in een van sy gegeurde rys-produkte gebruik word.

Woolworths het gevolglik ná hy deur die Hongaarse Voedselveiligheidagentskap van die herroeping van produkte in Hongarye in kennis gestel is, dié produk herroep.

“Listeria-bakterie word verwoes deur die kookproses. Die gevriesde gegeurde rysmengsel-produk is rou en gevries en moet daarom gaargemaak word voordat dit geëet kan word. Deeglike gaarmaak van die produk verseker dat die produk veilig is. Ons herroep hierdie produk vrywillig as ʼn voorsorgmaatreël in opdrag van die Hongaarse Voedselveiligheidagentskap,” lui ʼn verklaring deur Woolworths.

“Geen van ons ander gevriesde suikermielie- of groenteprodukte word hierdeur geaffekteer nie.”

Woolworths het verbruikers verseker dat hy streng protokolle in plek het om voedselveiligheid in sy winkels te handhaaf. Die handelaar het gesê daar word ook gereeld lukrake toetse op sy produkte uitgevoer wat onder meer toets vir die teenwoordigheid van die Listeria-bakterie. “Hierdie produk [die gegeurde rys-produk] is getoets en daar is bevind dat dit wel veilig is.”

Woolworths het sy kliënte wat reeds die produk gekoop het aangemoedig om na hul naaste Woolworths-tak te gaan vir ʼn volle terugbetaling.

Woolworths moes vroeër vanjaar soos talle ander kettingswinkels verskeie kouevleisprodukte van sy rakke onttrek nadat die bron van die reuse-uitbreking van listeriose in Suid-Afrika as die Enterprise Foods-aanleg in Polokwane geïdentifiseer is. Meer as 200 mense het sedert die begin van die jaar aan listeriose gesterf en meer as 1 000 gevalle van listeriose is by die nasionale instituut vir oordraagbare siektes (NIOS) aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Adrian ·

Dit is nou een produk. My grootste bekommernis is dat winkelassistente alle kossoorte hanteer met plastiek handskoene, die handskoene word vir als gebruik, krap neuse, gesigte tot vuil lappe om toonbanke skoon te vee dan word pasteie, tot pannekoek met die handskoene hanteer. Die handskoene word afgetrek om ander take te doen en weer aangesit om kos te hanteer. Daai handskoene moet besmet wees van bakteriee. Wat het geword van tangetjies om alle kossoorte hanteer. Die assistente beskerm hulself maar nie die klant nie. By enige besigheid wat die nuwe metode aanpas bly my geld in my sak Sela

Marinda ·

Het dit ook op gemerk. My heeltemal afgesit van aan koop van die produkte.

Spikkels ·

Nou nie noodwendig in Woolies nie, maar daai moppe waarmee hulle die vloere was het ook n interessante reukie.. en daai reukie gaan deur die hele winkel, mop en al haha

Anoniem ·

Kan gelukkig nie Woolworths bekostig nie hul produkte is peperduur. Koop maar Checkers of Pick en pay

Colleen ·

Hulle het soms meer “specials” as Checkers en PnP. Ek koop by al drie winkels en moet sê Woolworths is nie so duur nie. Dit hang af wat jy koop.

Wollie ·

Nee hulle definitief duurder, as hulle n “special” het dan dit in lyn met wat dit op ander plekke kos, en bv. net omdat die koei “organiese” gras eet moet of die woord op n ander produk gestempel is moet dit duurder wees

Patrys ·

Ek stem saam – woolies het baie specials. Jy moet slim koop. EK het al produkte by woolies gekoop wat goedkoper was as by Pick nPay. Ek vertrou woolies baie meer as Checkers en Pick n Pay – woolies se gesondheidstandaarde is baie hoër as ander kettingwinkels s’n. Die winkels moet seker hul produkte van dieselfde plekke af kry? – hierdie gaan moontlik weier uitkring – woolies was maar net eerste om dit te onttrek om hul kliente te beskerm.

Halo daar! ·

Ek dag Woolworths se produkte is als plaaslike produkte? Soveel vir hulle ‘local is lekker’ veldtog???????

Susara ·

Ek koop gelukkig nie by Woolworths nie; kyk maar gerus na die kwaliteit van veral hul klere aan die begin van ‘n seisoen en daarna met verdere aankope vir dieselfde produk; kwaliteit verskil en is duurder – Checkers is my winkel vir meeste aankope

Johan H. ·

Jarre lank al nie meer n klieent nie, Na daaie insident dat hulle nie sekere mense indiens neem, Mag ek dit se?

netso ·

Johan, netso maat. Ek is n mens van my woord en destyds het ek myself belowe nooit ooit weer nie. En nou is Spur en ook Sasol al op my lysie.
Ek neem aan dat die oorsese boere is nie in ons boere se klas wat uitgemoor word nie. Nou sal ek net meer gedetermineerd wees om niks daar te koop nie.

Anti-W ·

Mielies…ingevoer van Honagrye..agge nee wat Woolworths, julle stel teleur. Bo blink en onder stink.

John ·

Rys was nog altyd riskant as dit lank staan en moet glo liefs altyd vars geeet word. Maar enige gaar klam kos wat nie verkoel word nie, is gevaarlik. Selfs brood het verval datums want swamme daarin, maak ook siek. As mens lui en ryk is betaal jy baie vir kos en dokters.

Willie ·

Ja nee kyk wraggies Woolies? Wat van ons plaaslikke mielies? Of is dit nou weer te wit?

IK ·

Word die bron van oorsprong aangedui op die produk? Gelukkig darem in verstaanbare ‘ingels’.
Laaste par.: ‘kettingswinkels’ ? Eerder ‘kettingwinkels’?

kiewiet ·

Gaar hoender by woolworths gekoop en daar was magets in.
Geld terug gekry, maar ek sal geen vleis meer daar koop nie.
Standaarde daar ook nie meer dieselfde as wat dit was nie.

Chrisjan ·

Soveel van WW se skoene en huishoudelike bykomstighede (tafeldoeke, plekmatjies, houtborde ens) is “Made in China”.

WIEBO ·

Mense, wees oplettend by Woolworths. Pryse op die rak verskil BAIE van die prys wat jy by die till betaal. Garsfontein se Woolworths is baie skuldig hieraan.

Stokkies ·

As jy kan bekostig om daar te koop moet jy n veer voel vir wat by die til gebeur, jy swipe net..

bren ·

Ek koop al jare by woollies; maar deesdae is ek versigtig; het al n paar keer produkte gekoop wat nie op standaard was nie. n Sopmengsel wat my siek gemaak het etc. Verkies eintlik eerder Woolworths as ander plekke, naas hul Spar.

Jennifer ·

Miskien het dit tyd geword dat ons meer bewus raak van waar ons koop en wat ons koop en vanwaar die produk kom.

beste winkel in SA ·

Woolworths bly steeds die beste winkel in SA. Beste kwalitieit. Ons doen al ons aankope daar.

Pippa ·

Ons koop gereeld by Woolies en dink nogsteeds dat dit kwaliteit produkte is. Streng voorsorgmaatreels en dan juis ook die herroeping van sekere produkte, is n aanduiding dat hul nie bereid is om enige kanse te waag met wat hul produkte se kwaliteit aanbetref.

GM ·

Ai, watse ‘gelukkig koop ek nie by Woolworths nie’ nonsens is dit nou weer? Regtig mense? Dit kan met enige winkel gebeur. Enterprise viennas bv. is by PnP en Checkers verkoop. Koop waar jy gemaklik voel om te koop, moenie ‘judgemental’ wees oor waar ander mense hul produkte aankoop nie.
Die kere wat ek by WW produkte gekoop het, was die kwaliteit uitstekend. Die winkel was skoon, die personeel was vriendelik, en dit was glad nie so oorvol soos baie ander winkels nie. Ongelukkig is meeste produkte bietjie duurder as by PnP en Checkers, maar mens moet maar als opweeg vir jouself. Dit help nie mens moet ‘n produk weggooi wat gou sleg geword het, want jy wou R2 spaar nie. Spar is ook dikwels duurder in vergelyking met Checkers en PnP, maar hul ‘specials’ maak dit die moeite werd om daar in te loer. So elke winkel het sy voor-en nadele. Ek glo ons almal hardloop maar agter winskopies/winkelspesifieke produkte aan, al moet jy twee of drie verskillende winkels besoek om al jou ‘groceries’ vir die maand te koop.

mm ·

ek doen nie eers die moeite om woolies in te loer om pryse te vergelyk nie. ek wonder ook wat dan fout is met ons weie produkte? woolies se belofte is dan juis dat hulle na plase uitry en die produkte van naby beskou voordat hulle koop! maar tipies meerderheidsbeleid hoor. lekker uitgevanf, hoender.

Woolies bly bobaas en is 'n lekker plek ·

Stem saam met jou Pippa. Woolworths is en bly die innoverende voorlopers in Suid-Afrika by verre. Hulle produkte is briljant. Die Brooklyn tak laat mens voel asof ‘n mens in Kaapstad is. ‘n Eerste Wêreldse land ondervinding is dit verseker sodra mens by enige een van hulle winkels instap.

PLK ·

Woolworths se vienna wat bemark is as Woolworths viennas is Enterprise viennas. As jy goeie kwaliteid viennas wou koop dan het jy op ‘n Woensdag of Donderdag Polokwane Enterprise toe gegaan en die “rejects” daar gekoop wat vir Woolworths gemaak was. Ekt vir n maarskappy gewerk wat saad verkoop het aan die boere wat vir Mcains, Spar, EN Woolworths groente plant en suikermielie saad was op groot aanvraag gewees so nou sal ek graag wil weet hoekom word dit ingevoer as die boere vir hulle groete lewer?

@plk ·

Moontlik met die droogte het die boete net groete gelewer en nie groente gelewer nie. So van die kos moes ingevoer word.

White Rhino ·

Vandat ons wit Suid-Afrikaners as werknemers by W W uitgesluit is en ons taal nie goed genoeg is nie – is my geld ook nie goed genoeg nie – koop al vir LANK nie meer daar nie.
Soos wat genoem is – wat het van ‘plaaslik’ geword? lekker uitgevang!!!

Susan ·

Ek was onlangs in Gordonsbaai op vakansie en daar was ‘n blanke kassier?

Cherokee ·

Jy’t haar nie gevra hoe lank sy daar werk nie. Miskien van voordat hulle opgehou het om blanke personeel aan te stel.

Woolies!!!, Die Krugerwildtuin!!!! en Kaapstad!!! ·

Woolworths is en bly Wonderlik, met lekker Wollerige Wintersklere en Wafferse lekker en spoggerige kos. WW bly Waarlik bobaas in alle opsigte dit is Werklik so.

P.S Wanneer my familie en vriende van oorsee kom kuier kan hulle nie wag om WW te besoek nie. Woolies is ikonies soos die Krugerwildtuin en Kaapstad vir menige oud Suid Afrikaners wat hulle self gewip het, opgepak en getrek het. Vir die res van ons wat steeds hier woon: Dankie, dankie, baie baie dankie tog vir Woolies, die Krugerwildtuin en Kaapstad!!!

E.K. die eerste ·

Woolies!!! Die Krugerwildtuin ens – jip stem 10000% saam met jou. As hulle mielies invoer is dit vir ‘n goeie rede. Dit traak my in elk geval nie waar hul goed vandaan kom ek weet dis kwaliteit. Gister op spesiale aanbod 2 bottels skottelgoedwasmiddel vir slegs R39-iets gekoop m.a.w. R15-iets per bottel en dis kwaliteit. Terwyl die wat ek gewoonlik by ander supermarkte koop op spesiale aanbod gewoonlik R20 per bottel soms is. Hope ander aanbiedings en ek koop graag daar. Nee wat hiep-hiep hoera vir hulle. Hul probeer minstens nie skelm wees en alles onder die deurmat vee nie. Hulle is openlik en mens weet dat hulle kwaliteitsbeheer toepas. Laat elkeen maar koop waar hy wil ek verkies Woolies!

Cherokee ·

Ten spyte van hul diskriminasie teenoor blanke personeel?

Somme ·

E.K. Eeerste, R39 deel deur 2 is R19.50. Nie ‘R15 iets’ nie. R39 iets (waarskynlik 99c) is basies R40…

Cherokee ·

Ek ken Woolworths nie want ek koop nie daar nie en julle as kliënte sal weet of hulle ook wegneemkosse aanbied soos PnP en ander. Ek praat van die glastoonbank waar mense oor leun en wys na wat hulle wil hê, terwyl hulle praat dat die spoeg so spat. Ek het die bestuurder van PnP na daardie toonbank geneem en hom daarop gewys. Gesê hy sal sien of die glasblad breër gemaak kan word maar dit is nie gedoen nie. Ek koop nie by so ‘n toonbank nie.

Alida ·

WW se “made in China” maak mens siek wat die klere aanbetref. Ons in SA het wonderlike klere vervaardig maar toe is daar duisende mense werkloos gelaat by die fabrieke. Wat se dit van SA se werkskeppingsprojekte. Maak daardie fabrieke weer oop en vervaardig ons eie klere dan kan ons weereens se “proudly South Africa” Op die oomblik is daar NIKS om op trots te wees nie.

M ·

Dis meer volhoubaar om produkte in te voer, want SA werkers staak gedurig.

wilma ·

E.K. die eerste – 2 bottels skottelgoedwasmiddel vir R39-iets = amper R20/bottel.

E.K. die eerste ·

Regstelling (kyk gerus op hul webwerf!) die skottelgoedwasmiddel is R30 vir 2 en dus R15 per bottel. Ek koop avo’s ook NET by Woolies want ek het al halfsagtes by ander supermarkte gekoop en word die goed net nooit heeltemal ryp nie. Naderhand sny jy dit oop maar die hard. So ja, ek is en bly ‘n Woolies ondersteuner en betaal met liefde meer vir kwaliteit.

Lynette ·

Dankie tog daar is so vele mense wat nes ek voel dat WW die beste kwaliteit verskaf en dat hulle spesiale aanbiedings enige ander winkel s’n oortref. Ek geniet elke oomblik wat ek in hulle winkels spandeer. Niks is beknop nie, lekker atmosfeer, die reuk van vars koffie is hemels en hulle produkte vars en heerlik. Daar is geen beter plek vir my as WW winkels nie.

Woolies bly maar die beste ·

Stem saam Lynette dit is hemels om by Woolies te koop. Woolies maak Suid-Afrika nog die moeite werd om in te woon weens hulle 1ste wêreldse standaarde en cutting edge produk ontwerpers.

Hehehehe ·

EN dit is hoekom SA se mense nooit sal saamstaan nie. Die tannies WIL nie hulle woolworths gemak opgee nie, want hulle is te lui om kos te maak. Vooraf voorbereide produkte is ‘n baie beter opsie al swipe hulle pappie se kaart. Die diskriminasie teenoor blankes pla hulle ook glad nie solank hulle net daardie porsies wat maklik gaarmaak en van ‘goeie gehalte’ is kan aanskaf. Neewat .. dit is lagwekkend as ek al die dames hier sien wat by Woollies koop. Ons sal NOOIT soos die swartes saamstaan wat Afrikaans uit universiteite geboender het en mense gedwing het om ‘inclusive’ te wees nie .. neewat .. al is daar nie een blanke by Woolworths nie, die tannies met die Fortuners en Plastiek naels koop STEEDS by Woolworths en sal dit vir ewig doen al word hulle ook pak gegee daar hulle sal dit steeds goedpraat.

Doodgewoon ·

Lekker lag ek nou vir jou kommentaar oor die ryk tannies.

Moeg ·

Hoe ironies dat jy afgaan oor rasse diskriminasie, en dit dan steun met geslags diskriminasie. Dit is nie net vrouens wat die gemak van Woolies geniet nie, hoor. As jy enigsins geweet het hoe die toepassing van BEE wetgewing werk, of selfs die konsep van billike diskriminasie begryp het, sou jy twee keer gedink het oor die gebruik van “diskriminasie” in jou seksistiese tirade.

M ·

Dis die 21ste eeu. Vrouens hoef hulle nie meer heeldag af te sloof in die kombuis nie

Alida ·

Gaan besoek gerus die nuwe Checkers by Loftus Versfeld dit staan kop en skouer uit bo enige WW winkel. Dit is hiper modern en ‘n pragtige winkel. Hulle kos is fantasies en goedkoop.

Casper Labuschagne ·

‘n Koerantgedrewe histerie. Soos ek maande gelede voorspel het, het die insidensie van listeriose in SA afgeneem tot wat normaal verwag sou word met die aankoms van die winterseisoen. Die intense hitte en humiditeit van die afgelope somer het heelwat meer met listeriose te doen as wat mense besef want dit is die verskil tussen hierdie jaar waar listeriose voorgekom het, en vorige jare sonder listeriose. Daarby sal selfs die geringste gaarmaakproses die listerie bakterieë vernietig teen so min as 70 grade Celsius.

Verskeie mediese praktisyne in hierdie Vrystaatse dorpie het ook in hul loopbane al listeriose gediagnoseer, en dit is ‘n relatiewe seldsame siekte wat tipies moeders en hul pasgebore babas infekteer.

Miskien moet Woolworths maar eerder hier in die Vrystaat ‘n draai kom maak om mielies te koop as om dit van Hongarye af in te voer.

Mans kook ook baie lekker ·

Ek strem saam dit is 2018 en mans koop ook by Woolworths. Mans maak ook vir hulle gesinne of vir wie ookal kos en Woolworths verkoop die beste kwalitieit. Boonop is hulle vars blomme ook puik. Asook hulle wyn. Sommige van ons is lankal oor die “stereotypes” .

Nie net vrouens koop by Woollies nie. ·

Dit is net so argaïes en onwaar as om te se dat ou mense nie meer produktief is nie. Ek het ‘n geliefde en gerespekteerde en stylvolle 85 jarige in my familie wat nog steeds ‘n feesmaal vir ons familie voorberei (van kwaliteit woollies produkte so terloops) en heeltemal deelneem op gelyke en moderne voet saam met almal in die familie in alle aspekte. Sy is gelukkig nog gesond. Ek kan dieselfde ook sê van mense in hulle 70er jare wat ons ken wat nog baie relevant en energiek is in die 21ste eeu. Dus: Sommige van ons is beslis oor die konsep dat vrouens in die kombuis agter ‘n warm pot papgekookte kool hoort en dat mans met ghries orals oor hul lywe in die garage onder die opgehotte enjin van die kar hoort.

Terloops: Sommige mans gee ook spesiale aandag aan hulle voorkoms vandag. Selfs kreatiewe rugbyspelers is gemaklik is in die kombuis.

Connie ·

Julle sal my nou nie glo nie maar Pep Stores se klere is baie beter kwaliteit as Woolworths. Ook omtrent 4 keer goedkoper.

Speedguard ·

Op ‘n slag by my pel gaan kuier, ek wou toe iets in ‘n sakkie sit, ek vra toe vir die vrou of sy vir my ‘n Checkers sakkie of so het om te gebruik, verbaas kyk sy my aan en se, ” Ek het net Woolies sakkies” !! Was vir my baie snaaks !!

NEEE WAT ·

Ek is jammer, maar dit is nie die geval nie. PEP se klere is nie naastenby die kwaliteit van WW nie. Sweetpakke dun, maak na eerste dra wolle, nate trek los. Ek het daar gekoop, sal nie weer nie.
Wat die opmerking betref oor “Ryk tannies met plastiek naels…” Ek is nie een van hulle nie, draai my sente 10 keer om, maar ek koop eerder ‘n R16 se brood wat na ‘n week nog vars proe en nie muf nie, as wat ek die R10 se brood na 3 dae moet weggooi…
My siening is dat baie mense “Penny wise and Pound foolish” is…
Maar wat my verder amuseer is die feit dat dit soveel mense pla dat ander nog by Woolies koop? Dit is mos my keuse waar ek koop en waar nie?

Die "Ryk Tannies" Woollies Profiel ·

Neee wat jy klink na ‘n helderdenkende en positiewe mens. Bravo vir jou. Dit maak ‘n reuse verskil as mens net bietjie anders dink en kreatief is.

Dit is dus heeltemal onwaar dat almal wat by Woolworths koop “Ryk Tannies met plastic naels agter die stuur van ‘n Fortuner ” is “wat te lui is om kos te kook”.

Mans koop daar en baie beslis ook positiewe mense wat nie skroom om die lewe met min geld aan te pak nie.

Penny ·

Ek weet ek is net 1 mens, maar my enkele stem tel vir my wanneer ek weet ek was in 8 jaar nie in enige Woolworths winkel nie en ek sal hulle nooit ondersteun nie.

“In October 2010, Woolworths came under fire as they opted to remove Christian magazines from their shelves and discontinue their sale.”

“In September 2012 Woolworths was accused of racism by some groups[12] for allegedly discriminating against white job applicants and staff. The accusations followed after claims that the retailer’s advertising on their career site said its jobs are only open to “African, Coloured and Indian” candidates.”

C..... ·

P’Pay, Checkers and Spar het ook nie blanke werkers nie.

Die De Kat tydskrif ·

Tyskrifte wat nie verkoop het nie was nie meer aangehou nie maar hulle het mos gesê as ‘n klient ‘n spesifieke tydskrif benodig sal hulle sal dit bestel vir diegene wat wel die tydskrifte wil koop. In die groter takke verkoop hulle nog steeds alle tydskrifte wat wel verkoop of ‘n omset het. As voorbeeld in die kleiner tak naby my hou hulle nog steeds nie die De Kat tydskrif aan nie want hulle se daar is nie ‘n vraag daarna nie terwyl ons die tydskrif wel by groter takke kan koop. Dieselfde geld vir enige ander tydskrif. Dit was dus ‘n besigheids besluit wat te doen gehad het met die vraag na ‘n sekere produk in die geval tydskrifte. Sommiges het net hiperaktief geraak en die geleentheid aangegryp en gekapitiliseer deur op sekere tydskrifte te konsentreer om die een of ander punt te bewys.

GM ·

Ek stem ook glad nie saam dat Pep en WW se klere van dieselfde gehalte is nie. Ek het baie babakleertjies van verskillende winkels gekry tydens my babatee. Baie van die Ackermans en Pep goedjies was uitgerek na een of twee keer se was, terwyl die WW kleertjies nog netjies lyk selfs na my 2de kind dit ook gedra het. Hier en daar kry mens goedjies wat van goeie kwaliteit is by van die goedkoper winkels, maar mens moet maar mooi koop, of net nie te veel verwagtinge hê dat als baie lank gaan hou nie. Babas groei in elk geval so vinnig, die meeste kleertjies sal die werk gedoen kry, ongeag waar jy dit koop. Ek vermy babavessies by Ackermans maar hul denimpies is tops. Dus, mens leer waar jy wat kan koop. Netso met die verskillende winkels se kosprodukte.

penny ·

Mens betaal vir kwaliteit ,nou kry mens gemors en het kans om siek te word ,Woolworths sien my hele familie nie weer ,hul is ook te anti Blanke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.