Nog nege aangekeer oor groot diefstal by Tshwane

(Argieffoto)

Nog nege mense is aangekeer in verband met ʼn bedrogondersoek van miljoene rande in die Tshwane-metroraad.

Die verdagtes, tussen 23 en 60 jaar oud, is Donderdag op verskillende plekke in Gauteng in hegtenis geneem. Hulle verskyn vanoggend in die Pretoriase landdroshof, sê kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke.

Die inhegtenisnemings hou verband met ʼn ondersoek na die diefstal van R53 miljoen wat vir die nasionale fonds vir munisipale werkers in die Tshwane-metroraad bedoel was. Die geld is glo op 30 Augustus 2019 uit die metro se bankrekening gesteel.

Die geld is volgens die Valke na verskillende rekeninge, ook dié van Ayakhula Trading, oorgeplaas nadat die stelsel na bewering gekraak is.

Die voormalige direkteur van dié maatskappy, Nkosinathi Sithole, is kort daarna in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig daar is tydens die voorlopige ondersoek vasgestel dat die gesteelde geld na bewering deur die maatskappy SASGold se onderskeie ondernemings, asook familielede van Ivo Gunter Wegrostek (62) se bankrekeninge, plaaslik en in die buiteland, gewas is.

Wegrostek is in Desember 2019 in hegtenis geneem en is later op borgtog van R100 000 vrygelaat.

Volgens die Valke word Ayakhula Trading betrek by ʼn soortgelyke bedrogspul waar ʼn beweerde R1 miljard-trusteerekening van die JSE deur die sindikaat geteiken is. ʼn Bankier van Absa was agterdogtig oor die transaksie en het dit onder die Valke se aandag gebring.

“Die kennisgewing het beteken die nasionale [skoon oudit]-taakspan het al nege individue met die aanval op die munisipaliteit verbind,” sê Mogale.

Hulle word van bedrog en korrupsie aangekla en sal saam met Sithole en Wegrostek tereg staan.

“Die stryd teen die plundery van die munisipale fonds wat dienslewering lamlê sal voortduur totdat die oortreders aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Keith ·

Hoekom laat die betrokke bank toe dat so klomp geld op een groot slag uit n’ staatse bank rekening oorgeplaas word ? Why is there no bank control or oversight ? Why are there NO SET TRANSFER LIMITS or red flags raised, or reporting procedures in place ? Why did the bank staff not contact the municipality to check before agreeing to the transfer ? A simple phone call to verify the authenticity could’ve prevented this. Wow this is simply mind boggling. The bank involved should also be investigated.

Elize ·

Hulle is eintlik veronderstel om dit te doen. Dalk kop in een mus. Hierdie sindikate het voelers oral.

Anel ·

Als goed en wel dat die skuldiges gevang word. Ek sou wou sien dat al die geld terug betaal word. Dan sal regverdigheid geskied.

Hennie J ·

Is die geld al teruggevind? MM die inhoud van die berig lewer meer vrae as antwoorde!

Genis ·

Ek so gaan in Tshwane, eers trotse Pretoria…. Is dit onder die ANC of DA se oog?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.