Nóg ontsnap uit polisieaanhouding in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Sewe mense het Dinsdagoggend uit aanhouding by die Tzaneen-polisiestasie in Limpopo ontsnap.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die polisiebeamptes is in die aanhoudingselle oorweldig toe hulle ’n roetinebesoek gaan aflê het, waarna die gevangenes ontsnap het.

Die ontsnaptes is Victor Makgopa, Mahlatsi Sellotape, Tshepo Charles Sebake, Goodwil Maranza Skhwela, Piet Solly Sekgobela, Houston Mabasa en Lucky Mashatola.

Hulle is tussen 22 en 36 jaar oud en staan tereg op aanklagte wat wissel van gewapende roof, huisbraak en besigheidsroof.

Dié ontsnapping volg skaars ʼn week nadat 13 verhoorafwagtendes uit die aanhoudingselle by die Modimolle (Nylstroom)-polisiestasie ontsnap het.

Die verhoorafwagtendes is tydelik in die oefengebied van die buiteselle aangehou en hulle het ontsnap deur ʼn opening te saag in die versterkte maasdraad wat die selle bedek. Twee van dié 13 verdagtes is intussen weer in hegtenis geneem. Hulle is Philip Lasha, wat in Vaalwater vasgetrek is, en Tshepo Lelang, wat in Pienaarsrivier opgespoor is. Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding.

Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

Die omstandighede rondom albei ontsnappings word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tiger ·

Die verantwoordelike polisiebeamptes in beide gevalle hoort onmiddelik agter tralies gesit te word!Dis verregaande dat die polisie so laks is maar dis mos die nuwe Suid Afrika so wat anders kan mens van hulle verwag?

Willie ·

Agenee regtig? Dit raak nou amper net so gereeld soos plaasmoorde… Nog n klad op die SAPD se naam… nogal gewapende roof, die nuwe winter en somer sport in RSA.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.