Nóg ontsnappings uit Limpopo-polisieselle

Benny Mathaba het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap. Foto: SAPD

Benny Mathaba het uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap. Foto: SAPD

Die polisie in Limpopo is op soek na vyf verhoorafwagtende gevangenes wat Vrydagaand uit die selle van die Musina-polisiestasie ontsnap het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die gevangenes het glo stene uit ʼn muur gebreek om te ontsnap. Die verdagtes is Bruce Hungwane (26), wat vir verkragting in hegtenis geneem is, John Job Ndlovu (23), vasgetrek vir moord, Samuel Lucky Tawanda Masotsha (21), in hegtenis geneem vir roof en twee 18-jariges wat onderskeidelik vir diefstal en huisbraak in hegtenis geneem is.

Volgens Ngoepe is al vyf die ontsnaptes Zimbabwiërs.

Die Musina-ontsnapping kom net ʼn dag nadat drie verhoorafwagtende gevangenes wat op aanklag van verkragting tereg staan, Donderdagmiddag uit polisieselle in Phalaborwa ontsnap het. Papic Mashale (23), Thomas Mawashe (23) en Benny Mathaba (24) het ontsnap toe hulle polisiebeamptes wat vir hulle kos gebring het oorrompel en ontwapen het.

Ngoepe het gesê die drie Phalaborwa-verdagtes is steeds soek.

Enigiemand met meer inligting oor die verdagtes se doen en late word versoek om brig. James Espach by 082 576 0743 of Crime Stop op 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Buitestander ·

Word aangehoudenis nie meer deursoek voor hulle selle toe geneem word nie?
Nou waar kry hulle gereedskap om stene uit ‘n muur te breek?

Nita ·

Buitelanders en insypelaars, se lande van oorsprong, moet verantwoordelik gehou word vir die misdade wat hulle hier in ons land pleeg. Mugabe moet begin opdok aan die slagoffers van wandade wat gepleeg word in SA. Ons regering is ook onverantwoordelik. Hulle het hierdie ope uitnodiging na al wat Afrikaland is, om hul burgers toe te laat om hier te kom nesskrop, dan loop ons, die burgers van SA, deur, onder die golf van misdaad.

Gys ·

Ek stem saam Buitestander. Word gevangenisse nie meer deursoek nie. Word die selle ook nie meer besoek om te sien of als nog in orde is nie. Ons regering is te blameer. Maak die grense toe en stuur alle Zimbawers terug na hulle land toe. Dan sal misdaad afneem en meer werke vir ons eie mense beskikbaar wees. Sit die weermag terug op ons grense.

Johanna Botha ·

Polisie bly maar useless want dit gebeur tog SO gereeld !

Linda ·

Die tronke word deur ongeletterde BEE Kontrakte in stand gehou. N mede admin kollega van my en haar man ook in admin het die kontrak gekry vir herstel en instandjouding van tronke
Haar opinie was ad jy die tender het kry jy nog Bee mense om die arbeid te doen.

GES ·

Hierdie is ʼn sogenaamde “inside job”. Hoe ontsnap jy met jou kaal hande uit ʼn sel? Dit maak die storie net meer lagwekkend.

CHRISTA ·

Ek wil ook weet hoe verwyder jy bakstene uit ‘n muur sonder dat dit ‘n geraas maak. Wys jou hoe aan die slaap ons polisie is!! G’n wonder wet en orde in ons land is tot niet!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.