Nóg openbare swembaddens vir Kaapstad

Foto: Luthando Tyhalibongo/Stad Kaapstad

Die Stad Kaapstad se departement van parke en ontspanning het nog swembaddens beskikbaar gemaak vir die publiek.

Altesaam 16 swembaddens is in September vir die publiek oopgemaak, terwyl ander nog instandhoudingswerk en herstel werk ondergaan het. Tans is 28 van die 35 swembaddens beskikbaar vir die publiek.

Die swembaddens wat beskikbaar is, is geleë in Athlone, Bellville-Suid, Blue Downs, Bonteheuwel, Brown’s Farm, Delft, Eastridge, Emthonjeni, Goodwood, Hanover Park, Kensington, Khayelitsha, Langa, Lentegeur, Langstraat, Manenberg, Mnandi, Muizenberg, Observatory, Parow-Noord, Retreat, Ruyterwacht, Seepunt, Strand, Vulindlela, Wesfleur, Wynberg en Westridge.

Konstruksiewerk duur voort by Morningstar en Trafalgar Park. Dié fasiliteite sal na verwagting later vandeesmaand ook hul deure oopmaak.

Die swembaddens in Bellville, Elsiesrivier, Newlands, Parow Valley en Ravensmead sal nie dié seisoen nog beskikbaar wees nie, weens omvattende herstelwerk wat gedoen word.

“Ons het baie hard gewerk om nog van ons swembaddens oop te maak, veral gegewe die feit dat bedrywighede by talle fasiliteite opgeskort moes word tydens die droogte,” het Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsdienste en gesondheid, gesê. “Vanjaar het ons ʼn nuwe uitdaging beleef weens beurtkrag. Wanneer daar kragonderbrekings is, kan die swembadpompe nie werk nie en dit het ʼn impak op die watergehalte. As daar nog beurtkrag voorkom, beteken dit dat die swembaddens op korttermyn kennisgewing gesluit mag word of eers later mag oop maak sodat ons die beste watergehalte kan verseker. Ons versoek die publiek om geduldig te wees en met die personeellede saam te werk.”

Badroodien het gesê watergehalte is ononderhandelbaar en dié standaard word gebruik om te bepaal of ʼn swembad vir die publiek oopgemaak kan word of nie.

“Alhoewel dit tans beter gaan as twee jaar gelede, is dit ook ʼn feit dat ons steeds waterwys moet wees. Dit is die derde somer wat ons waterbesparingsmaatreëls ingestel het, en dit lyk of dit redelik goed gaan. Ons versoek steeds die publiek om water te bespaar en handreinigers saam te bring swembad toe en eerder tuis te stort ná hulle die strand of openbare swembad besoek het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anti Da ·

Dis vir die locals wat weet jy moet nie in die see tussen rou riool gaan swem nie. Slaapstad het al jare lank n probleem met miljoene liter rou riool wat daagliks in die see gepomp word. Viva DA

ANONIEM ·

Verstaan nie daar is ‘n water te kort orals maar daar kan nuwe swembaddens geopen word.

antie ·

elsiesrivier en ravensmead het baie jong kinders wat baie ver moet loop vir swem….daai is belangrike area’s …. maak n plan asb

JohanR ·

Ja waar kom al die water skielik vandaan? In Adderley Straat staan die mooi fonteine leeg. Onthou toe ek in die 70’s in Kaapstad aangekom het, hooi mooi dae fonteine gelyk het. Nou word dit vir skaats, en bomelaar slaaptyd gebruik. Sal seker nie lank wees voordat die taxi in die leeg fontein begin parkeer nie? Vandaar sal dit ‘n toilet word, en in vyf jaar af gebreek word, om nog meer taxi staanplek te maak.

Johanna Botha ·

Wil ook nie daar gaan swem nie …heetyd kyk of iemand jou handoek of selfoon vat …neewat !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.