Nog paramedici beroof

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Minder as 24 uur nadat paramedici in Johannesburg met ʼn vuurwapen aangehou en beroof is, het ʼn soortgelyke voorval in die Wes-Kaap plaasgevind.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 22:30 Vrydagaand na Tamblestraat in Khayelitsha ontbied deur iemand wat olik gevoel het. “Met hul aankoms het die twee paramedici aan die huis se deur geklop. ʼn Vrou het oopgemaak en gesê sy het nie die nooddienste ontbied nie.”

Volgens Vermaak is die paramedici na ʼn nabygeleë metropolisiestasie waar hulle gewag het vir bevestiging van die adres. “Die persoon het dieselfde adres gegee en gesê hy woon agter in die erf. Paramedici is terug na die huis en het die vrou gevra om die man te gaan roep.”

Die man het kort hierna opgedaag en aan paramedici gesê hy moet sy huissleutels en identiteitsdokument gaan haal. Een van die paramedici het solank die bed agter in die ambulans gereed gemaak, toe die deur skielik oopgetrek is. ʼn Onbekende man het die paramedikus se besittings geëis. Die ander paramedikus, wat voor die ambulans gestaan het, het intussen om die ambulans gehardloop, maar is deur dieselfde verdagte voorgekeer.

Die verdagte het in die ambulans gespring, ʼn vuurwapen teen die paramedikus se voorkop gedruk en sy selfoon geëis. “Hy was baie kalm,” het die paramedikus gesê. Die verdagte het die paramedici se selfone gevat voor hy rustig na ʼn verlate huis in die straat gestap het.

Die paramedici het onmiddellik die toneel verlaat en die voorval by die polisie aangemeld. Volgens Vermaak is dit nie duidelik of die persoon wat die ambulans ontbied het, deel was van die voorval nie.

Drie paramedici van die Johannesburgse nooddienste is vroeg Vrydagoggend in Yeoville met ʼn vuurwapen aangehou en beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

GES ·

Hierdie euwel sal baie vinig uitgeroei moet word. Dit gaan veroorsaak dat paramedici gaan weier om na sekere gebiede uitgeroep te word. As hierdie tipe kriminele aktiwieteite begin kop uitsteek het die SA se vooruitsigte maar bleek geword.

Sus ·

Kriminele se findingreikheid ken geen perke. Daar is geen afskrikmiddel nie en die wetstoepassers is baie maal self betrokke. Ek kan nie sien dat dit gaan stop nie, tensy ons regering eers hulle eie huis skoonmaak.

Alete Muller ·

Hulle moet gevang word en die hof moet ‘n voorbeeld van hulle maak.
Roei hierdie euwel dadelik uit!

Oom Boer ·

jammer dat sulke tipe aktiwiteite nou ook kop uitsteek wat werklike lewens in gevaar begin stel. Identifiseer hierdie gevaar gebiede waar aanvalle plaasvind en laat ER24 met die plaaslike polisie, CPF ens saamwerk om eers die veiligheid van die gebied te besigtig en die werklike omstandighede van die pasient of familie wat oproep om hulp deurgegee het, asook laat hierdie mense begelei word na sodanige woning/s. Paramedici speel een van die belangrikste rolle in die gemeenskap, laat hul lewens en eiendom nie geskaad word nie.

GES ·

Oom Boer dit is ‘n goeie plan maar in die geval van nood is daar nie baie tyd beskikbaar nie. Die polisie reageer ook nie altyd baie vinnig nie en dit kan baie problematies word.

bekomerde ·

Tot in oorlog MAG NIE geskiet, deurgang verhoed of enige optrede teen Nood ROOIKRUIS plaasvind.’n Aanval die gevolg was voor vuurpelleton.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.