Nog partye kap Ramaphosa oor uitlating

Pres. Cyril Ramaphosa lewer die David Rockefeller-gedenklesing by die Council on Foreign Relations in New York (24 September 2018). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa se uitlating tydens ʼn televisie-onderhoud met Bloomberg dat daar “geen moorde op boere” in Suid-Afrika is nie, het talle warm onder die kraag.

Agri SA het in ʼn verklaring gesê hy is ontevrede met Ramaphosa se stelling. “Plaasaanvalle en -moorde op alle boere, plaaswerkers en hul gesinne is ʼn reuseprobleem wat erken moet word,” het Dan Kriek, president van Agri SA, gesê.

Agri SA het ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om as president van Suid-Afrika die nodige nuanse en feite weer te gee. “Die mate waartoe voedselprodusente en hul werkers aan brutale aanvalle uitgelewer is en word, kan nie weggepraat word nie. Volgens die jongste verslag van Agri SA het boere ongeveer R7,7 miljard in 2017 weens misdaad op plase verloor,” sê Kriek.

Die VF Plus se verklaring oor die aangeleentheid was sterker bewoord. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Ramaphosa se uitlating as “oneerlik en ʼn blatante leuen” bestempel en gesê dis ʼn jammerlike poging om die buiteland hieroor ʼn rat voor die oë te draai.

“Die president is óf totaal waningelig óf hy is besig met ʼn blatante poging om die Verenigde Nasies (VN) én die wêreld onder ʼn vals indruk te bring, veral oor plaasmoorde. Die feit dat die polisie self die statistieke oor plaasmoord en -aanvalle bekend stel, asook vorige polisieverslae oor plaasaanvalle, erken die werklikheid van plaasmoord en -aanvalle en dit maak dit onverstaanbaar dat die president van die land in ʼn staat van ontkenning daaroor is en die boere sodoende in die steek laat. Aan die een kant vertel hy hoe belangrik boere is, maar in die buiteland verraai hy hulle.”

Groenewald het gesê ʼn polisieverslag van 2003 oor plaasmoorde het bevind dat die redes vir plaasmoorde polities van aard is, dat dit oor die grondkwessie gaan, dat rassisme ʼn rol speel en dat gewone misdaad ook ʼn oorsaak is.

“Indien die president werklik eerlik wil wees teenoor die wêreld, moes hy eerder gevra het dat internasionale hulp verleen word om te kyk hoe ʼn bydrae gemaak kan word om misdaad in Suid-Afrika te bekamp, en in besonder plaasmoorde wat deels die oorsaak is van die gebrekkige landelike beveiligingstelsel en -strategie in Suid-Afrika.”

Groenewald het onderneem om die saak in die parlement te opper en sal aandring op ʼn verduideliking van die president oor hierdie onware stellings.

Louis Meintjes, president van TLU SA. Foto: Reint Dykema

Louis Meintjies, president van TLU SA, het gesê die waarheid word doelbewus verdoesel. “Waar die land se president aan hierdie blatante valshede kom, sal net die man in die maan weet. Duidelik is die president se begrip van brutale Suid-Afrikaanse werklikhede die gevolg van erg verdraaide ideologiese tonnelvisie. Hy lieg deur sy tande.”

Jaco Schoeman, voorsitter van die Afrikanerbond, het gesê die organisasie het met werklike ontsteltenis kennis geneem van Ramaphosa se ontkenning van plaasmoorde.

“Dit bly verstommend dat Ramaphosa die erns van die situasie met plaasmoorde ontken. Vir die buiteland word daar nou vertel daar is geen plaasmoorde nie. Verskeie statistieke skets ʼn somber prentjie in 2018 van misdaad oor die algemeen en dan plaasaanvalle en -moorde in die besonder.”

Schoeman het gesê die vraag kan met reg gevra word oor wat die regering met so ʼn leuenagtige aanslag en wanvoorstelling wil bereik. “Hulle kan dan mos nie meer vertrou word nie. Dit help weinig om pres. Donald Trump te verseker dat ‘hy hom nie oor Suid-Afrika hoef te bekommer nie’ as ons nie eens eerlik is met die ware feite in ons eie land nie.”

Die burgerregte-organisasie AfriForum het Donderdag aangekondig dat hy slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is na die VSA gaan stuur in ’n volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het Ramaphosa se stelling as ’n infame leuen bestempel en gesê dat dit ’n klap in die gesig van die meer as 10 000 mense is wat al op Suid-Afrikaanse plase aangeval is, asook die families van die ongeveer 2 000 slagoffers wat in dié plaasaanvalle vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Johann cb ·

As wat klassifiseer hy dan boere? Verstaan hom nou nie! Die boere voorsien ons van voedsel!

Waarheid ·

Nou kom die ware paddapotkoker na vore.hoop die libs se oe gaan nou oop.

J F Maritz ·

Bly om te hoor Dan Kriek praat nie net saam nie maar kom op vir die boere !
Jy kan dit verwag van C R pro populisme !

Se wie ·

Man jy laat jou bluff soos meeste boere dan kriek is n liberale. Hy voel niks vir boere nie. Geld is al wat hier saakmaak.

Johann ·

In your face… LIAR! Ciryl Ramaposa… ANC LEGACY of arrogant blatant LIARS!!!! SHAME IN YOU!!!!!

joseph ·

Its all the anccan do lie and steal, he was with zuma all the time and never saw anything his hands are just as dirty.

H ·

Ek wens ek kan voor hom staan en in sy gesig se hy se hy is gelowig dan lieg hy so
Stuur asb dit na jul fam, vriende en vra om te share.

a van vuuren ·

Lieg vir die mensdom is ‘n voorvereiste om genooi te word na die VN en CFR

Johann Holtzhausen ·

Is hy gelowig? Nou hoe kan hy dan sulke leuens verkoop en onregverdige beleid van onteiening sonder vergoeding aankondig?

LM ·

Wil almal net bewus maak dat ons geagte staatspresident voor vader aanbidder is en dat dit ten stengste verbied word volgens die Woord. Die enigste manier geagte president om SA se probleme op te los is om te bid vir Goddelike wysheid en die Here te ken in in al jou wee dan sal Hy SA se paaie gelyk maak. Bid asb dat een en elke knie sal buig en elke mond sal bely dat Jesus die Here is.

r ·

Ne!!! Maar Trump is waningelig. Net so seker ook die mense wie geliefdes aan die dood moes afstaan agv plaasaanvalle. Of wat self deur die drama en trauma van ‘n aanval is. My tannie het ‘n plaasaanval oorleef, maar die spanning vand ie hofsaak en die trauma het haar na drank en selfmoord gedwing. Grap van die hele storie is, dat die grootkop agter hul plaasaanval, hul eie voorman was. ‘n Skamele 2 weke voor die aanval het hulle vir hom ‘n kar gegee om dankie te sê vir jare se diens. Noem dit nou stank vir dank ne.

Jan ·

Trump weet presies wat aangaan maar hy is aan cyril se kant nes hy aan mugabe se kant was.trump is nie wat hy voorgee om te wees nie hy bluf alaml lekker…hy is deel van die liberale agenda..

Sophia erasmus ·

Nou weet die buiteland met watse president sit Suid Afrika….wonder of hulle nie agteraf lag nie.

Johanna Botha ·

Dit moet reggestel word met Bloomberg ! Goeie jimmel !

Paul ·

Ek sien elders word berig Cyril Ramaphosa kabbel nou terug en beweer dit is nie wat hy gesê het nie. Maar kom laat ons dan nou na die vraag op Bloomberg luister en sy antwoord daarop!

Hier is twee gevalle. ·

My tannie en oom is ook op hul plaas aangeval. Twee weke voor hul die plaas aan hulle kinders sou nalaat en suid afrika gaan toer. My oom is vermoor, my tannie verkrag. Sy het drie weke gelede probeer selfmoord pleeg. My niggie se man is koelbloedig op hulle kleinhoewe doodgeskiet. Niemand is in verband met die tweede moord in hegtenis geneem nie.

Brutus ·

CR wil die wereld en VN mislei met sy leuens en ontkenning maar dit gaan hom en sy regering in n erg verleentheid sit want die waarheid vertel hy beslis nie. Wie kan hom vertrou.

marous ·

Mnr kriek kan mos nie so lelik wees met sy nuutgevonde kameraad nie .

Vic ·

En so probeer Ramaphosa ook die wêreld se mense mislei !!! Skandelik

Arie ·

Nou wys hy sy ware kleure, is hy werklik beter as zumpie? Ek dink nie so nie

VanAfrika ·

Waar is Christiana Amanpour wat gewoonlik haar neus in almal se sake steek. Come Christiana, you are welcome to come and interview the White Afrikaner so that you can also get a clearer picture of the brutal murders and poverty towards my people. You always hear one sided stories, come get the truth as it is right now.

Ekke ·

As ek ‘n geliefde in ‘n plaasmoord verloor het, het ek almal wat geliefdes verloor het in SA genader en gevra dat almal persoonlike eise teen die liegbek ramaphosa indien.

Welgedaan ·

Dit was die beste ding wat C R nog ooit gedoen het. Hy het homself sopas ontmasker. Die buiteland is nie stupid nie, hul weet presies wat hier aangaan. Nou sien hulle self waarmee sit ons in hierdie land. Dit was nie hoorsê nie, dit was “uit die perd se bek” . Niemand kan nou sê dis net n nonsens storie om die ANC te diskrediteer nie.

Paul ·

En nou blameer hy seker ander mense wat die etiket om sy nek sit, dat hy ‘n leunaar en onbevoeg is. En so sit elkeen van hulle hul eie etiket om die nek, ons gee dit net ‘n naam.

Bren ·

Na Agri SA die ANC se kant gekies het na die gelekte lys van plase wat sal onteien word…..Is ek bly dat hulle darm nou bietjie kan opstaan vir hierdie leuns!!!!

Piet ·

Bren Agri Sa se ‘n ding of twee wat hulle ledetal krimp. Hulle heul steeds met die regering tot hul eie lede se nadeel. Dis tyd dat alle boere hulle bedanking indien by Agri SA en aansluit by die TLU.

Natan ·

Die beste medisyne vir sy leuen is om ‘n teen intelligensieveldtog te loots met die ware feite, insluitend statistiek van Cyril se eie SAPD en uitsprake van sy Minister van Polisie in daardie verband. Dit gaan sy geloofwaardigheid inboet.

Moet net nie vergeet die VN is die ANC se kamerade, Mandela se borsbeeld staan nou in die VN en hulle was gaande oor oorlede Winnie. Die VN sal die moorde ook ontken.

Dit tref ‘n mens.

Lerato ·

Daar word daagliks sowat 55 mense vermoor waaronder mense van alle rasse. Het Roets en Kie die Trump administrasie daarvan vertel.

Zille het gevra dat die weermag in die Kaapse dwelms geweld moet ingryp. Mbalula het belowe, maar Cele trek kleinkoppie.

As die weermag in die Kaapse geweld kan ingryp, kan hulle ook gebruik word om plase te beskerm.

Vraag is wat doen die weermag, sienende dat ons nie in ‘n oorlog is nie?

Veronica ·

Maar kyk hoe lieg so man!! Wonder waaroor hy nog lieg!? As dit ek was sou ek al die grusame moord fotos laat vergroot het, hom en Trump om n tafel gekry het, (met die pers) en hom dan gevra het wat noem hy dit dan? Regstellende aksie? Swart bemagtiging of werk skepping!???

Stella Berning ·

Hy lieg!!! Hy moet bietjie vir hulle vertel goe moor sy eie mense mekaar. Hoeveel swart kinders word vermoor. Ek hoop afri forum se goed bereik vsa betyds. Terwyl die president not daar is.

Ben ·

Hoe is dit moonlik dat ‘n mense vir 5 jaar en meer saam met ‘n ander mense werk en jy weet niks van sy doen en lates nie? Hoe is dit moontlik dat CR saam met JZ gewerk het en nie geweet het van die State Capture en Guptas nie? CR soek die plase met minerale regte wat aan China gegee kan word, China soek hawens. As China bv Kaapstad of Simonstad het kan hulle Amerika beperk. Dit is die groot prentjie.. Amerika sal moet wakker skrik.

Sean ·

Wat beteken Ramaliar se leuns vir ons Dat die regering nie n plaas aanval of blanke moord erkien nie!!!! Dis al

Jack Klok ·

Miskien kan daar tog iets goeds uit al hierdie geliegery van ANC leiers kom. Die wereld het voor 94 alles wat die ANC kwytgeraalk het asook die leuns wat die linkses oor apartheid en beweerde onderdrukking van swartes versprei het, vir soetkoek opgeeet.

Almal het tans stemreg maar jy kan nie stemreg eet nie. Ten spyte van algemene stemreg is die deursnee Seffrikaner vandag baie slegter daar aan toe, ons ekonomie lê op sterwe en misdaar en werkloosheid is die hoogste ooit.

As Ramaleuenaar en sy voorgangers oor plaasmoorde kan lieg kon hulle mos oor baie ander dinge ook lieg?

Evert ·

Hy sê geen Boere word vermoor nie en Zuma sê daar is geen staatskaping nie. Dieselfde skool !!!

Domvraag ·

En die geskiedenis herhaal homself. Sekeres kan jy nooit vertrou nie en die no 1 persoon is n sprekende voorbeeld van dit.

Johan ·

So herhaal die geskiedenis van Dingaan’s kraal en die boere saam met Piet Retief hom weer.

Moenie die stilte van ‘n Boer verwar met swakheid nie,…..want die smeulende dier is aan die wakker word binne die boer!!!!

Uitgevang ·

Mnr die wereld-orde-man.Lekker uitgevang!
Leuenaar.- Nou weet ons almal waarmee ons te doen het – ek hoop die wat enige respek vir ramapaddapot-leuenaar gehad het – het dit nou verloor.
Hoop almal se oe is nou oop.

Carla van der Spuy ·

Skokkend. So teleurgesteld oor hierdie uitsprake.

GM ·

Ek hoop hulle vat foto’s saam. Sterkte aan elkeen van die familielede wat aan die veldtog deelneem.

adriana ·

Ramaparra is ‘nLeuenaar.

Sterkte met die families – maar so red julle baie ander lewens,

Poerrie ·

WHAAAAAAAAAAAAA EN DAAR RAAK AGRI SA OOK WAKKER .. julle het in hulle hand gespeel deur saam te stem dat daar GEEN plaasmoorde was nie en nou dat hy dit gaan verkondig oorsee NOU skielik verskil julle van hom??? SIEN moet NOOIT met die vyand heul nie .. jy SAL spyt wees.

Willie ·

Political language ..Is designed to make lies sound truthful and murder respectable, and to give an appearance of solidity to pure wind..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.