Drie tuisgemaakte petrolbomme is Woensdagoggend op die kampus van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) gevind.
Volgens ʼn student is ʼn rugsak met drie bierbottels met petrol daarin by die ingang in Raikes-weg op die Wes-kampus gevind. Polisiebeamptes was op die toneel met snuffelhonde. ʼn Polisiewoordvoerder kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Gerugte doen ook die ronde dat daar mislukte pogings was om geboue op die kampus aan die brand te steek en dat verskeie badkamers met opset oorstroom is. Dinsdag moes studente die kampus verlaat nadat bewerings aan die lig gekom het dat ʼn bom op die kampus gevind is. Daar is later bevestig dat die “bom” slegs ʼn klapper was.
Op 24 September is daar ook drie petrolbomme op die Wits-kampus gevind. Betogende studente probeer weke lank al om die universiteit te dwing om te sluit totdat daar gehoor gegee word aan hul eis vir gratis tersiêre onderrig. Lesings het egter voortgegaan te midde van ʼn swaar teenwoordigheid van polisiebeamptes en private veiligheidswagte.
Die universiteitbestuur het gesê akademiese bedrywighede sal Woensdag voortgesit word.
ISIS style
Ek dink agter die hele storie skuil heel ander motiewe as wat op die tafel geplaas word.
HOU OP WATER MORS!! DAAR HEERS ‘N DROOGTE !
Ek wonder wie se finger afdrukke die polise op die petrol bomme sal vind?
Tuisgemaakte petrolbomme? Wonder of mens ‘n ander soort kry. Fabrieksvervaardig of so iets.
Nou wat hieraan is ‘n VREEDSAME BETOGING deur studente oor gratis opleiding? Ek sê weer, julle is besig om ‘n opstandige student te verwar met ‘n terroris en bomplanter .. wakker word voordat dit te laat is.
Nog bomme van ‘n ander soort word tans in die land vervaardig. Koes solank…